Die polisie is op die spoor van vier verdagtes nadat ’n Wes-Kaapse boer Sondag op ’n wynplaas buite Stellenbosch doodgeskiet is.
Lt. kol. André Traut, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê ʼn 62-jarige man is omstreeks 18:50 doodgeskiet nadat vier gewapende mans deur ʼn oop deur toegang tot die plaashuis verkry het.
Die man se vrou en ʼn familievriend was ten tyde van die aanval ook in die huis maar het die aanval oorleef, het Traut verduidelik.
Die verdagtes het met persoonlike besittings op die vlug geslaan en is steeds soek.
Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid, het gesê die moord het op die Louiesenhof-wynplaas plaasgevind.
Die polisie ondersoek ’n saak van moord en huisroof.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
38 Kommentare
Ai tog wanneer gaan dit ophou
Dis tyd dat daar weer n SWART maandag gereel word en diekeer moet hoofpaaie ook tot stilstand gedwing word want lyk my dis al taal wat die regering verstaan. Komaan Steve ons het jou nodig jy is die enigste een met guts want lyk my ons noodroep val op dowe ore, even die aan wie ons ons stem gegee het praat hopeloos te sag.
Stefan Smit :(
Hy was al vir ‘n geruime tyd betrokke met interdik bevele teen besetters ens
Dit is skokkend. Ek het Stefan persoonlik geken. Sagte vredeliewende mens. Dit is van sy grond waarop plakkers nog onlangs ingedring het. Sy plaas langsaan plaas waar CR hand op die blaas met die klomp wynboere van Stellenbosch gekuier het.
Die Boer is Stefan Smith. Bekende en geliefde Boer. Rus in vrede.