Wynland-tolprojek: Sanral se appèl geweier

Argieffoto Foto: www.capetown.travel

Argieffoto Foto: www.capetown.travel

Die appèlhof het die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) se aansoek om verlof tot appèl rakende die Wynland-tolprojek van die hand gewys.

Sanral wou appelleer teen die Wes-Kaapse hooggeregshof se uitspraak wat hom verhoed om tolhekke op te rig op die N1- en N2-snelweg.

Regters Ashley Binns-Ward en Nolwazi Boqwana het op 30 September 2015 die goedkeuring van die Wynland-tolprojek, wat ʼn las van R62 miljard in tolgeld vir Wes-Kaapse padgebruikers sou beteken, hersien en tersyde gestel.

Brett Herron, burgemeesterskomiteelid van vervoer, het destyds gesê Sanral se openbaredeelnameproses het nie aan die vereistes van die Wet op die Bevordering van Administratiewe Geregtigheid voldoen nie. “Die enigste inligting wat aan die publiek verskaf is, was waar die tolpaaie sou begin en eindig en waar die tolplazas opgerig sou word. Die publiek se kommentaar en besware teen die tolproses is ook nie aan die raad voorgehou nie. Sanral se verslag aan die minister van vervoer het ook die feit verbloem dat 99% van die kommentaar besware was teen die tolprojek. Dit sluit besware in van elke munisipaliteit wat hierdeur geraak word, asook die Wes-Kaapse provinsiale regering, inwoners en padgebruikers.”

Herron het gesê die Stad bly gekant teen tol as ʼn finansieringsmeganisme vir die opgradering van bestaande paaie en sal dié stryd by die hoogste hof voortsit indien nodig. “Ons is egter bereid en gewillig om saam met Sanral te werk om ʼn oplossing te vind vir die infrastruktuur-opgraderings wat vir die N1 en N2 benodig word.”

Lees alle vorige berigte oor die Wynland-tolprojek op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Chantell ·

Die vraag wat ek het is hkm was dit in gauteng so maklik ons was nie eens n keuse gegee nie ……ons wil ons gaan en julle gaan betaal wanneer skraap hulle gauteng sn?

M ·

Want ANC was in beheer van die Gauteng Metro. Dis hoekom Herman (DA) onlangs die besluit kon neem in Johannesburg dat tolgelde ouer as 3 maande nie ogevolg gaan word nie. Hulle moet eers deur die DA kom om dieselfde in die Wes Kaap te doen.

JoeV ·

Klaar geskraap, net so paar mense wat nog betaal, baie groot maatskapye ook opgehou betaal.

William ·

Chantell wil ek ook weet. Net gebou nou moet ons betaal. Ek weier

Irene ·

Net a manier om ryk te word aan die ander kant wie tol gelde kry ons kry al klaar so swaar in S A

Hasie ·

Chantelle en William, kan julle onthou hoe was ons almal bekruip met die bou van Nkandla? Nou dieselfde Jacob en sy Sanral het Gauteng ook bekruip. Toe julle sien toe is die tolhekke gebou.

pieterdp ·

Dis hoe dit werk. Jy raadpleeg jou lands burgers en saam word daar aan n oplosing ge werk. ? DA. So wys julle die ANC wat reg is.

Zelda ·

Hoekom moet ons tol hekke betaal en ook nog E Tol. As hulle die paaie nog in standhou is dut n ander saak. Maar hulle doen nie. So hoekom aan hou betaal. In gauteng werk daai E Tol in elk geval nie. Want baie min mense betaal dit. So hulle mors onnodige gelde

Kobus ·

Ek dink dat Sanral oop kaarte met ons moet speel oor die werklike stand van Kaapstad en omgewing se paaie. Die verkeer op die paaie is ‘n nagmerrie en dit gaan net erger word. Êrens sal daar beplan moet word vir die volgende 30-50jaar en daarvoor gaan baie geld nodig wees en iemand sal op een of ander manier moet pa staan

alex ·

tolgeld by die hugenotetonnel vir n gewone motor is nou so duur dat die extra 12km bo-oor dutoitskloofpas steeds goedkoper is

snoefie ·

op hoeveel maniere betaal ons reeds vir instandhouding van en nuwe paaie? met die petrol prys, inkomstelasting, voertuiglisensies, BTW? hoekom vind die anc tol en etol is nog nodig? raak ontslae van al die dooiehout met die groot goue handdrukke en alle toelaes van ministers en prossie se vroue en kinders plus al die teertoue op staatstoelaes en daar sal genoeg geld wees vir die land se behoeftes. dan sal daar nie meer kinders gemaak word vir n plek en n wen nie. daar sal ook nie soveel babalykies opgetel word nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.