Wynlandgoed moet opdok oor blinde swemmer se hond

Hendri Herbst en sy gidshond Stan.

Die wynlandgoed Durbanville Hills gaan ʼn openbare verskoning uitreik en R100 000 in vergoeding betaal nadat ʼn skikking met die Paralimpiese atleet, Hendri Herbst, bereik is.

Dr. Theo Broodryk, hoof van die Regskliniek by Universiteit Stellenbosch wat namens Herbst ʼn regsgeding in die Gelykheidshof gebring het, het gesê dit is ʼn oorwinning vir siggestremde persone.

Herbst, wat heeltemal blind is, is in Desember 2014 na bewering toegang geweier tot die restaurant van die bekende Kaapse wynmakery Durbanville Hills omdat sy gidshond, Stan, by hom was.

Volgens Herbst het ’n werknemer van Durbanville Hills geweier om hom en sy familielede ’n tafel in die restaurant te gee, glo omdat die wynmakery se beleid geen honde binne-in die restaurant toelaat nie.

Daarbenewens beweer Herbst dat hy ook gebruik van die restaurant se toiletgeriewe geweier is, tensy ’n manslid van sy geselskap – en nie sy gidshond nie – hom vergesel. Dít, reken die Paralimpiese medaljewenner, was onbillike diskriminasie op grond van sy gestremdheid. Durbanville Hills het op hulle beurt beweer dat die eis verstryk het.

In terme van die skikkingsooreenkoms, wat in bevel van die Gelykheidshof gemaak is, sal Durbanville Hills ʼn openbare verskoning uitreik waarin hulle diskriminasie teen Herbst erken en onderneem om stappe in te stel wat verseker dat alle werknemers van Durbanville Hills sensitiwiteitsopleiding sal ontvang, aangebied deur die Suid-Afrikaanse Gidshondvereniging.

Hendri saam met sy nuwe hond Julian.

Verder sal Durbanville Hills R50 000 aan die Suid-Afrikaanse Gidshondvereniging bydra vir die doeleindes van ʼn mediaveldtog sodat bewustheid rakende gidshonde verhoog kan word. Daarmee saam sal Durbanville Hills R50 000 aan Herbst as vergoeding betaal.

Volgens Broodryk sal die skikking ook in hoë mate bydra tot die bewusmaking van die reg van persone met gestremdhede om nie teen gediskrimineer te word nie.

“Die stappe ingestel deur Durbanville Hills word verwelkom en dra by tot die bewustheid oor die reg van persone met gestremdhede om nie teen gediskrimineer word nie. Die uitkoms van hierdie saak moet ook as ernstige waarskuwing dien, naamlik dat diskriminerende optrede teen kwesbare individue, soos Herbst, nie geduld sal word nie.”

Stan, ʼn goue apporteerhond (retriever), is begin verlede jaar met kanker gediagnoseer en kort voor Kersfees oorlede. Herbst het in April sy nuwe gidshond, Julian, gekry.

Herbst het in 2012 ʼn bronsmedalje gewen in die 100 m-vryslag S11 by die Paralimpiese Spele in Londen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Geen Respek Betoon ·

Mooi Hendri !
Baie gluk met jou eis wat derugekom het!
Jammer om te hoor van Stan. Ek hoop hierdie Durbanville Hills personeel het ‘n dure en waardevolle les geleer!
Indien ek ooit my voet daar sal sou sit – sal ek ook sommer opvolg om te kyk of hulle by gestermdheidsreel hou.

Juffrou ·

Goed so. Onsensitiwiteit teenoor gestremdheid is sooooo oudmodies.

Cherokee ·

Hule het dus die eis probeer systap deur te beweer dit het verval. Siende dat dit ‘n sakebesigheid is en nie indivudi nie, stap hulle lig daarvan af. Sal hulle leer om mense met begrip en diskresie aan te stel.

Johan ·

Natuurlik bly vir Hendri se onthalwe. Maar die groter les te leer vir ons almal – wees dankbaar vir dit wat jy het itv gesondheid en leef met baie, baie meer empatie teenoor enige gestremde persoon. Ons moet gedurig onsself in daardi persoon se skoene indink en afvra – hoe sal ek wil he moet daar teenoor my opgetree word?

Willie ·

Durbanville Hills….ken julle die basiese voedselperseelregulasies??? Laat mens wonder oor jul produkte…

Duncan Potgieter ·

Blinde persone het die volste reg ook om hulle gidshonde in kamers van hotelle asook B&B in te bring en te slaap.

Wee jy ·

Ag nee wie is nog so terug op die brug om ‘n gestremde so neerhalend te behandel – regtig? Goed dat hulle opdok en nou wys geword het.

lagwekend ·

nee is dit nie hulle perseel reg oor daar met kos gewerk word ….nou ja as iemand n honed haar in die kos gekry het was dit ook hulle skuld …did verlore saak geen reels meer in suid Afrika did hoekom dit gaan soos dit gaan almal dink hulle is beter as wette en regulasies!!
maak nie saak of jy nou blind is of wat reels is reels..

Theresa ·

Dis nie so maklik nie. Natuurlik sou mens nie wou diskrimineer teen ‘n gestremde nie. Maar so mag daar ook nie dan ten koste van ander voorrang gegee word nie.
Om bv. ‘n kat- of hondehaar in kos te kry of wat ookal van ‘n dier wat in ‘n eetplek beweeg – is nie die soort ding wat goedsmoeds aanvaar moet word nie.
Natuurlik is daar duisende mense wat hul diere soen en glad nie omgee vir hare enige plek en enige tyd nie. Maar daar is duisende wat dit nie geniet nie. Veral nie in kos nie.

Dalk moet daar ‘n middeweg gevind word vir sulke situasies soos bv. hierdie. “‘n paar lieflike tafels met dieselfde tipe atmosfeer as binne – waar mense met bv. ‘n gidshond of wat die geval ookal mag wees, die restaurant mag geniet.

Ek staan altyd verstom as diereliefhebbers hul harige diertjies in ‘n restaurant inbring.

Geldmaak ·

Nou ja, seker die swemmer se manier om te voorsien vir sy oudag. Sorry as die ou weggewys is agv sy hond, maar is dit nodig om so baie te eis vir iemand se onkunde?

Jacques du Toit ·

As R50,000 jou idee is van baie geld, dan weet ek nie so mooi nie.

Muis ·

……….Anonieme Lafaard, by my kry jy klaar ‘n A+ omdat jy die kloutjie by die oor kon kry! Ek het geen idee wat die strekking van die kommentaar is nie!!

Ellis ·

Voordat nog ‘n paar onkundiges hul naam vergat, gaan lees maar gou die volgende regulasie van die Voedselwet….REGULATIONS GOVERNING GENERAL HYGIENE REQUIREMENTS FOR FOOD PREMISES, THE TRANSPORT OF FOOD AND RELATED MATTERS

(a) a guide or service dog accompanying a person with a disability may be permitted in the sales or serving area of the food premises;

Wat-weet-ek-tog ·

Die regulasie lees “may”, nie “must” nie… So daar word ‘n diskresie aan die eienaar gelaat om gidshond toe te laat. Die regulasie plaas nie ‘n verpligting op eienaar om gidshond toe te laat nie.
Kom ek by ‘n eetplek met my labrador aan en ek word daarom toegang geweier, kan ek suksesvol sê daar word teen my diskrimineer omdat ek nie sig-gestremd is nie?

waarheid ·

Die hond sou verseker nie in die kombuis gewees het om ‘n haar te verloor nie?

waarheid ·

Theresa moenie diskrimineer nie- wat as dit ‘n familielid van jou was?
Sou jy by ‘gestermde’ gedeelte wou gesit het?
Ek hoop jy onthou hierdie vraag wanneer jy so-iets beleef.

Theresa ·

Liewe Waarheid, ek is so jammer as ek ‘n baie sensitiewe toon raak getrap het.
Elkeen is geregtig op sy mening oor dierehare waar kos bedien of geniet word. Geniet jou mening wat ook net soveel werd is soos iemand wat nie soos jy voel nie.

Anoniem ·

Moenie dat emosies gesonde denke beiinvloed nie. Ek verstaan beide partye se standpunte ten volle en het empatie en respek vir gestremde persone, maar reëls is reëls en nie almal waardeer diere se teenwoordigheid in restaurante nie.

Blommie ·

Wow – Well Done Henri…
Manie ek stem nie saam jou nie. Aan gestremtheid kan jy absoluut NIKS doen nie.
Mense wat bietjie sensatief is oor diere wat mense help of n rol stoel of watookal, kan opstaan en loop. Dis onmenslik om n wolk oor iemand se kop te sit asgevolg van sulke omstandighede. Dis nie n rebel wat met sy hond by die restuarant wou gaan sit het nie. Enige persoon behoort dit te kan verstaan, maar daar is teveel eie ek mense.
Ek is sooooooo dankbaar vir hierdie oorwinning en ek hoop die ander plekke leer nou voordat hulle n duur les mag leer! Ou spreekwoord “Live and LET Live”

Anoniem ·

Solank ons logies hieroor kan redeneer. Vergeet daarvan dat dit Durbanville Hills is, dit is nie ter sake nie. Kom ons praat feite. 1. Die voorval het in ‘n restaurant gebeur. 2 Die restaurant se reëls is- geen diere. 3. Daar is geen wet wat sê dat restaurante honde wat gestremdes begelei moet toelaat nie. 4. Hendri was nie alleen nie, maar is deur familie vergesel, dus was hy nie afhanklik van die hond IN die restaurant nie. Die aangeleentheid het absoluut niks te doen met “eie ek” nie en indien jy so dink, is dit eerder ‘n geval van Hendri wat aan sy “eie ek” geding het en nie die restaurant reëls en ander se siening daaroor kan respekteer nie. Respek word verdien, jy kan jouself dit nie toeeien nie.

GM ·

Ek het al vele etes saam met ‘n vriendin, wat ook ‘n gidshond het, geniet. In al die jare, het ek nooit enige hondehare in my kos gekry nie. Sulke goed kan seker gebeur, maar netso kan die kelner/kelnerin, of enige ander persoon wat die kos hanteer, of selfs verbyloop, se hare ook in jou kos val.
Blinde/gestremde persone het meer as genoeg ‘obstacles’ om te probeer oorkom sonder dat mense omstandighede vir hul doelbewus moeiliker probeer maak.
Ek kan die restaurant se punt insien, en so ook die mense wat nie van honde in restaurante hou nie, maar gidshonde word opgelei om hul eienaar by te staan. As ‘n blindepersoon nie sy/haar gidshond byderhand het nie, is hul op mense se hulp aangewese. Wie van ons gaan by ‘n wildvreemdeling inhaak (as ‘n familielid of vriend/vriendin nie byderhand is nie)?

Magda ·

Lagwekkend (met 2 k’s, net so terloops)

Ek sien jy steur jou ook nie aan reëls nie…. spelreëls in die geval……

Willie Pretorius ·

My ouma is in oue te huis daar is ook geen diere nie.
Sy het haar lewe lank honde gehaad so dit was baie moeilik ver haar.
Toe reel ons met te huis sodat daar n hond deur die dag kom.
En sie daar die hele te huis geniet die hond!!!

CZ ·

En as jy nou n menshaar of kroesie in jou kos kry? Of dalk n stukkie snot. Nou gaan jul so tekere oor n hond wat dalk n haartjie kan verloor…Ai Ai Ai…

barend ·

as dit ek was wat blind is sal ek my beplanning beter doen ,was hy alleen daar of saam met iemand ,hoe het hy by die plek opgedaag ,het die hond sy motor bestuur?of het hy soontoe geloop ,ek dink dat die persoon n kans gesien het en dit uitbyt ,sekerlik was hy saam met iemand daar .ek ruik lont

AH ·

Barend, na my mening is jou kommetaar baie onsensitief! Dit wat jy ruik is die bollie wat uit jou mond uitkom! Ek is bly daar is ‘n voorbeeld van Durbanville Hills gemaak! Dit was verseker diskriminasie! Jy is duidelik nie blind nie, maar dwaas! Hoekom moet die persoon met ‘n gebrek beplan en reëlings tref omdat hy “anders” is? Hy is net so ‘n mens soos jy met dieselfde regte! Sies man! Vir Theresa wil ek net sê: die hond gaan nie kombuis toe waar die kos voorberei en opgedis word nie. Glo my, baie erger dinge as hondehare word in kos gesit of val daarin as wat jy wil weet! Ek besoek ook veel eerder ‘n troeteldier vriendelike restaurant as ‘n sogenaamde gesinsrestaurant want my hondekinders gedra hulle baie beter as meeste kinders in so ‘n plek.

Poppie ·

Ongelukkig is dit nie sy hond nie, maar sy oë. Mag dit n les wees vir alle restaurante.

CZ ·

Barend…..Ek hoop jy ruik jou die lont.. hopenlik dan te laat ….!

Anita ·

Hierdie is ‘n oorwinning vir veel gestremdes, en dit is hoog tyd dat Sake /Besighede hulle personeel opleiding gee wanneer die rëels oortree mag word. Mag ander restaurante ‘n les neem uit hierdie insident.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.