Wynlandgoed-moord: Borgtogaansoek vandag aangehoor

Jason en Susan Rohde. Foto: Facebook

Jason en Susan Rohde. Foto: Facebook

Jason Rohde wat daarvan beskuldig word dat hy sy vrou in Julie op die Spier-wynlandgoed buite Stellenbosch vermoor het, sal vandag in die plaaslike landdroshof om borgtog aansoek doen.

Tydens Rohde (47), die uitvoerende hoof van Sotheby’s International Realty South Africa, se verskyning verlede week in die hof het die staat versoek dat die saak uitgestel word vir verdere ondersoek. Rohde se regspan het die aansoek ten sterkste teengestaan en die hof versoek om onmiddellik met die borgtogaansoek voort te gaan. Die hof het die staat uitstel tot Dinsdag gegee.

Rohde se vrou, Susan (47), se liggaam is die oggend van 24 Julie in die badkamer van ʼn hotel op die Spier-wynlandgoed gevind, waar sy met die koord van ʼn haartang opgehang is. Dit het verlede week tydens hofverrigtinge aan die lig gekom dat ʼn private patoloog wat ʼn nadoodse ondersoek gedoen het, bevind het Susan het selfmoord gepleeg, terwyl die staatspatoloog aanvoer sy is verwurg.

Die ondersoekbeampte, speursers. Marlon Appolis, se beëdigde verklaring is Vrydag in die hofrekord ingelees. Volgens Appolis het hy Rohde in hegtenis laat neem, aangesien hy meen daar is ʼn redelike vermoede dat hy sy vrou vermoor het en ʼn vlugrisiko is. Appolis het gesê hy het tot Dinsdag tyd nodig om inligting en Rohde se finansiële status by die Reserwebank te bevestig.

Lees alle vorige berigte oor Jason Rohde op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

m ·

Interessant dat 2 mense so verskillende bevindings kan gee. Net hierdie man weet wat die waarheid is………….

Denise ·

Dit is vir my baie tragies wat gebeur het en nou dit soos jy se M net die man weet presies wat die waarheid is en dit sal hy altyd saam met hom dra hoe onodig!!!!!

Sally ·

Baie verdagte geval die. Hoekom sal sy opgehang word deur haar man as daar baie makliker maniere is om te moor as hy wou??

Leana ·

Sy is dalk net per ongeluk doodgewurg. Dalk gedink dis n inbreker. Dink maar so.

Theresa B ·

Hoop nie hy kry borg nie, maar nou ja – hierdie is ‘n man met baie geld.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.