Wynlandgoed-moord: ‘My lewe is vernietig’

Jason en Susan Rohde. Foto: Facebook

Jason en Susan Rohde. Foto: Facebook

Die inhegtenisneming van Jason Rohde, uitvoerende hoof van Sotheby’s International Realty South Africa, was onregmatig en het sy lewe vernietig, het die Stellenbosch-landdroshof Donderdag gehoor.

Rohde (47) se regspan het aan die hof gesê die inhegtenisneming was ook baie ontstellend vir Rohde se drie dogters, wat tuis was toe hy by sy huis in Bryanston, Johannesburg, in hegtenis geneem is. Rohde verskyn vandag in die hof op aanklag van moord en regsverydeling in verband met die dood van sy vrou, Susan Rohde (47).

Susan se liggaam is die oggend van 24 Julie in die badkamer van ʼn hotel op die Spier-wynlandgoed, buite Stellenbosch, gevind, waar sy met die koord van ʼn haartang opgehang is. Die polisie het aanvanklik ʼn geregtelike doodsondersoek geopen, maar dit is na ʼn saak van moord verander, nadat ʼn nadoodse ondersoek gedoen is.

Adv. Peter Mihalik, Rohde se regsverteenwoordiger, het ʼn omvattende verklaring, wat deur Rohde onderteken is, aan die hof voorgelê. Mihalik het daarna die inhoud van die verklaring in die hofrekord ingelees.

Volgens die verklaring het ʼn private nadoodse ondersoek getoon Susan is dood omdat sy gehang het en nie omdat sy verwurg is, soos beweer word nie. Mihalik het gesê Susan is voorheen gediagnoseer as ʼn selfmoordrisiko en die familie is gewaarsku sy het hulp nodig.

Hy het gesê dit is nie in belang van geregtigheid dat Rohde se borgtogaansoek verder uitgestel word soos die staat versoek nie. Volgens Mihalik het Rohde genoeg bewyse aan die owerhede gegee om sy onskuld te bewys.

Hy het ook gesê die speurder wat Rohde sonder ʼn lasbrief in hegtenis geneem het, het dit gedoen in opdrag van ʼn senior beampte verbonde aan die Wes-Kaapse direktoraat vir openbare vervolging.

Die saak sal Donderdagmiddag hervat word.

Lees alle vorige berigte oor Jason Rohde op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

45 Kommentare

Joann ·

Hoe lyk dit dan nou of die man onskuldig is? En die ondersoek beamptes en die wat die nadoodse ondersoek gedoen het,het weereens halwe werk gedoen???

Karma ·

@Joann, dit het vir my van die begin af so voorgekom. Man, ek sê jou, ek dink baie van die hofsake waarin blankes as die oortreders voorkom, word as rasse- en politieke speelvelde gebruik net om te bewys dat blankes ook misdadigers kan wees. Ek dink nou bv. aan die volgende sake: Die Griekwastad-moorde, die Van Breda-moorde, Oscar Pistorius en nou hierdie een. Daar is soveel ánder, selfs wreder, moorde wat gepleeg word wat net tjoef-tjaf afgehandel word. Ek ‘voel so aan my blaas’ dié man is onskuldig – hoop ek is reg!

Donovan ·

Dit wat in die duister is sal na die lig kom… wees verseker as die man onskuldig is dan sal sy onskuld bewys word…

E.K. ·

Nou-ja…waar is al die kommentators op die vorige berig wat die man sommer klaar veroordeel en gestraf het? Voor al die FEITE nie daar is moet mens maar versigtig wees met daai vingertjies

SNEL ·

Maar was daar nie in n vorige berig waar hy inhegtenis geneem was gesê hy wou hom gaan oorgee aan die polisie nie. Dit dui dan mos dat hy skuldig is. Al die kommentare was geskryf op dit wat die mense gelees het, dit het geklink en gelyk of hy skuldig is.

Mamparra ·

Jy sien. Iewers iets gesien van armes van gees ook. Hierdie laat mens onwillekeurig terug dink aan die Fred van der Vyfer saak. En mense, dis hoekom daar gepraat word van beweerde dit of dat, want hy is nie skuldig bevind nie.

Denise ·

Nou wonder ek net hoekom so n mooi vrou met drie pragtige kinders haar sommer self sal hang en al was sy n selfmoordrisiko hoekom het sy nie behandeling gekry nie is dit dan nie haar man wat haar moet ondersteun nie en wat het haar so onstel dat sy so geraak het as dit so is !!! Ek sluk swaar aan die storie n vrou is n vegter en gee nie sommer op nie al gaan dit hoe sleg!!!!!

Jaques ·

Denise,

depressie is ‘n baie baie lelike ding en laat die beste van mense na drank / mes / vuurwapen / tou / ens kryp.

Jy kan nie oordeel as jy nie self al in daai donker gat was nie. Ek was gelukkig, het betyds myself “omgedraai” gekry.

Laurika ·

Ek stem saam Jaques, depressie is ‘n lelike ding en dryf mense tot uiterstes, maar in hierdie opsig kan ek nie dink/glo dat die vrou wat so ‘n goeie verhouding met haar dogters gehad het, baie vriende gehad het, voldoende geld gehad het, en duidelik baie om voor te lewe gehad het, by ‘n prag plek soos Spier-Landgoed haarself sal hang sonder ‘n selfmoord brief en haar geliefde dogters agter sal laat sonder groet nie. Ek is geneig om te dink iets is nie reg hier nie.

Estelle ·

Ek stem saam! As so iets gebeur sal ‘n vrou veg vir haar kinders en haarself nie verwyder nie. Sy kon ‘n luukse bestaan voer sonder hom en boonop was sy beeldskoon!

Jakoba ·

Al is jy hoe mooi en al is jy hoe lief vir jou kinders en al kan jy welaf uitstap maar jy is erg depresief en jy is in daardie donkergat maak niks meer saak nie, nie jou kinders, geld of jou skoonheid nie….al wat jy wil doen is om net dood te gaan en nie meer pyn (mental pain) te he nie. So wees baie versigtig met daardie opmerking as jy nie depressie ken nie

Leilani ·

Ek voel dit so in my hart dat die man onskuldig is, hoop dinge kom gou tot n punt vir die mense.

DEE ·

Ek dink hy is onskuldig. Ja, hy het n buite egtelike verhouding gehad. Hy is nie n engeltjie nie, maar die hotel se sekuriteitspersoneel moes dan die badkamerdeur kom oopmaak omdat sy dit van binne gesluit het?

John ·

Hoekom het baie ryk mans in buite-egtelike verhoudings se vroue so dikwels selfmoordneigings of die een of ander erge sielkundige afwyking wat hulle in gestigte laat beland? Selfs die Britse koningshuis het al in die lang verlede hierdie soort ervarings aangedui. Ryk mans het dit maar moeilik… veral as hulle glo hulle is baie aantreklik en verdien soveel meer…

SNEL ·

Danie, jy het my dag gemaak. Lekker gelag vir jou skerp antwoord.

Rina Kotze ·

John,

Dit is ‘n vraag wat my nog altyd laat dink het, want dit gebeur baie minder in die middelklas en armer mense.

Mauritz ·

Dit is ongelooflik om die kommentare te lees van mense wat nie die vaagste benul het van die ware feite nie.

Cherokee ·

Jy is reg Mauritz. Daar is sommige berigte waar ek my weerhou van ‘n opinie want wat jy gesê het kan nie uitgevee word nie. Beter dus om dit nie te sê nie.

ekke.. ·

As ek al die berigte “reg lees” is dit beslis iets wat deeglik ondersoek moet word, juis omdat sy 1ste vrou(?) ook “selfmoord” gepleeg het. Sal maar my opinie hou en die saak volg en dan kan ek se ” ja” of “nee”…. Wat die SAPD betref, is ek persoonlik baie negatief en is hulle net so rasisties soos die regering…(persoonlike ervaring)

Lynda ·

Huh? Sy eerste vrou ook selfmoord gepleeg…? Sorry maar ek lees nie so iets in bg berig nie. My vrae is net, verwurg of nie, was dit nou verkeerde beriggewing of n fout vd polisie? Watse PRIVAAT nadoodse ondersoek…die een dokter skerper as die ander een? Sys op haar kniee gevind of syt agter die deur gehang toe sy gevind is?

Saartjie ·

“Ekke” jy verwar nou die moord van die afgelope week in Gordonsbaai waar die vermoorde vrou se vervreemde man aangekla was vir moord op sy eerste vrou – sy het “selfmoord” gepleeg. Hy het destyds op ‘n tegniese punt los gekom.?

ekke.. ·

Lynda, volg al die berigte oor die aangeleendheid, dan sal jy verstaan waarvan ek praat…

Louwrens ·

Stem saam met Saartjie. Ons praat nou net van mense wat nie die vaagste benul van die feite het nie en hier kom verwar Ekke twee afsonderlike gevalle. Klink soos my vrou…!

Gert Van Wyk ·

Hier kom n ding, kom ons wag vir sy forensiese mense.

jaco ·

Weens regstellende aksie waar NET op ras gefokus word en glad nie op opleiding en ondervinding nie, is die SAPD net te lui om die dood van hierdie vrou behoorlik te ondersoek. So dis maklik – blameer haar man want hy was mos in die kamer langs die badkamer.
Die Inge Lotz moord was dieselfde – blameer die ex-boyfriend
Die Griekwastad plaasmoord was nog erger: blameer die oorlewende seun. Hy sit nou onskuldig in die tronk

Cherokee ·

ttp://www.dailymaverick.co.za/article/2014-06-12-inge-lotz-murder-nine-years-later-two-amateur-forensic-sleuths-once-again-point-fingers-at-fred-van-der-vyver/#.V78UCjYkoy8

……………. iets interessant om te lees …………………. en wat laat jou dink of maak jou so seker die Griekwastadseun is onskuldig?

Columbiana ·

O verdriet dia alweer die klaagliedere van Jaco. Asb probeer tog net iets konstruktief by te dra en hou op sanik oor dieselfde ou sake oor en oor. Ten minste het jy die keer nie weer Oscae betrek nie. Nee magtig man

SNEL ·

Jaco, waar val jy uit met Griekwastad se dinge. Daai seun is so skuldig soos kan kom. As ek dit nie mis het nie het hy nog sy eie suster verkrag ook en dit het juis aanleiding gegee tot die moorde om sy dade toe te smeer. (Ek kan verkeerd wees maar dis so ver ek onthou van die saak.) Ek weet net alles het op hom as die skuldige gedui. Met díe saak sal ons nou maar moet wag en sien. As sy selfmoord gepleeg het, hoekom geen briefie en soos iemand gesê het, sy het so baie om voor te lewe, maar aan die ander kant, as mens in n put is vang jy vreemde goed aan, so ons sal maar moet wag en sien en hoop hulle doen n deeglike ondersoek van hierdie saak. Sal sleg wees as die gesin n ma verloor het en hul pa moet tronk toe gaan. Baie sterkte vir haar ouers en familie geraak deur haar dood.

Liewe heksie ·

Wally waar pas Oscar in die feeverhaal want of jy lewe in lala land of jy ly aan Oscar sindroom

Liewe heksie ·

Ek weet nie so mooi nie waar daar so baie rook is moet een helse vuur wees

Joann ·

Jaques ek praat van ondervinding,al 37jr.op behandeling vir depressie. Dit is net God,my familie en psigiaters wat my help dat ek redelik goed dit hanteer. Dit is n diep donker gat en mens moet hard baklei om uittekom. Laurika geld en mooi huis hou nie depressie weg nie.dit is n siekte.

Alida ·

Ja-nee hier kom dit nou! Shoe maar ons het baie advokate en regslui aan die woord.

JaNee ·

Mnr Rohde het geweet dat sy buite egtelike verhouding sy vrou en kinders sou traumatiseer. Almal weet sulke verhoudings veroorsaak spanning in huishoudings sou dit aan die lig kom. Het hy het met al hierdie kennis nog steeds ‘n verhouding met agent-lus -vir -jou-man aangeknoop en sy vrou gevat na n funksie waar hierdie vroue mekaar van aangesig tot aangesig moes ontmoet?
My hart gaan uit na hierdie kinders.
Maak nie saak hoe Mev. Rohde dood is nie, hierdie is ‘n onnodige tragedie wat moontlik vermy kon gewees het.
‘n Bestuurde kan van nalatige bestuur aangekla word, maar nalatige “bestuur” in hierdie geval, is nie van toepassing nie.

Malva ·

My stuiwer in armbeurs… hierdie is nie ‘n onskuldige man nie.

Annatjie Kruger ·

Hoe lyk dit dan nou asof hy hartseerder is omdat sy lewe “verwoes” is as dat hy hartseer is oor die dood van sy vrou.

Anoniem ·

Ek het na amper 30 jaar van getroudwees gevlug van ‘n buffel. Die oomblik toe ek begin praat oor sy ontsaglike humeur met gepaardgaande vuishoue in my gesig het hy probeer om my as geestelik versteurd te verklaar. Ek is tans in ‘n egskeiding gewikkel. My openlike verhaal het gemaak dat baie vrouens (baie nog getroud) hul verhale met my gedeel het. Dis verstommend hoeveel van die’ vrouens se mans se dat hulle ‘n geestesafwyking het . Sonder uitsondering is dit vrouens wat deur hul mans se wreedheid geknak is. Ek het te lank uitgehou ter wille van my kinders. Vandag weet ek dat dit net genade is dat ek nie ook een van ons land se “statistieke” geword het nie.

tinah ·

nee regtig, Griekwastad, daai monster seun is skuldig, verkragting en moord. jis moet tog nie rassisme aan elke ding hang nie, regtig!!! get over it!!

Inge Lotz, ek hoop hulle maak saak oop, regtig.

tinah ·

miskien kan iemand met regte KENNIS van die dinge mens inlig? ek verstaan nie, hang? en op kniee, ek gedink mens het hoogte nodig vir hang, soos n boom of n balk of iets? Nou 2 de X wat ek hoor van hang, en op kniee gekry en iemand anders in n hangkas, ? paar jaar terug in Pta, n vrou van amper 6 voet wat haarself in n hangkas opgehang het?
nee!!! verstaan nie?

E.K. ·

Miskien kan almal onthou die mense het kinders en ter wille van hulle moet mens liefs maar jou oordeel hou. Hoe moet hulle voel as hulle dalk die tipe kommentare lees?! Nee man, hou in vir julle!

Rina Kotze ·

Die waarheid sal wel uitkom, Ek het my bedenkinge, maar gaan wag en sien.

Maar hoekom lyk hy nie hartseer nie, hy praat nie oor sy vrou nie???

Charlene ·

Die verdediging sou nie hul werk behoorlik gedoen het as hulle nie alles in hul vermoë gedoen het om na hul kliënt om te sien nie. Hy noem ook dat hy oorgenoeg geld het vir borgtog. Verwag dus hy het oorgenoeg geld ook vir: stol tegnieke, betaalde patoloë/sielkundiges/psigiaters/vriendinne/familie, appèlaansoeke, hoër howe, siektestoestande. Tussendeur sal mens getuienis of fluisteringe aanhoor van ontrouheid/affairs, middel misbruik, mishandeling, geestes versteurings, ens. Eventueel sal dit gaan dit gaan oor polisse en lewensversekering. Ek is nie ‘n kundige nie, maar human behavior en patrone kan nie geïgnoreer word nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.