Wynlandgoed-moord: ‘Ondersoek in bekwame hande’

Anthea du Preez. Foto: Verskaf

Anthea du Preez. Foto: Verskaf

Die aanval waartydens Anthea du Preez (64) vermoor is, is die eerste van sy soort in die Breedekloof-gemeenskap in die Wes-Kaap en die beste mannekrag ondersoek die voorval, het haar skoonseun Peter Basson gesê.

Anthea was die vrou van Hennie du Preez, eie­naar van die Du Preez-wynlandgoed in Rawsonville in die Wes-Kaap. Sy is Maandagoggend dood aangetref in haar huis op hul plaas, De Denne.

“Wat met my skoonma gebeur het, is ongehoord in die omgewing,” het Basson Dinsdag aan Maroela Media gesê. Basson en sy vrou Janette woon op die plaas langs haar ouers. “Haar moord word as ʼn hoëprofielsaak hanteer. Haar dood kom as ʼn groot skok vir ons en die gemeenskap, en ons sukkel nog om dit te verwerk.”

Basson het gesê die ondersoek is in ʼn sensitiewe stadium en te veel inligting oor die voorval kan die ondersoek belemmer. “Die polisie is besig met hul ondersoek en die saak is in bekwame hande.”

Basson het sy skoonma as ʼn wonderlike mens beskryf. “Sy het groen vingers gehad en in haar privaat hoedanigheid verskeie mense in die omgewing se tuine opgeknap. Sy was ʼn toonbeeld van ʼn goeie mens en ʼn wonderlike ouma. Sy het talle mense se hartsnare geraak.”

Kaptein FC van Wyk, polisiewoordvoerder van die Wes-Kaap, het Maandag aan Maroela Media bevestig die polisie ondersoek ʼn saak van moord. Dit is nog nie bekend gemaak hoe sy vermoor, of enigiets gesteel, of hoeveel verdagtes by die aanval betrokke was nie.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Du Preez laat haar man, drie kinders Jean, Hennie en Janette, en nege kleinkinders agter. Haar begrafnisreëlings is nog nie getref nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Sollie ·

Weiiirrd… so geen inligting oor hele saak is weird. Wat sou hier gebeur het?

CJ ·

Julle soek die duiwel agter die bos. Dit is ‘n wynplaas. Mense werk in die dag en sit nie en koekies bak by die huis nie. Sy was alleen in die huis en die man was elders besig op die plaas. En hoekom moet al die inligting uitgelap word aan julle, dit het niks met een van julle husse te doen nie.. Logies dit gaan die polisie ondersoek belemmer.

Janine ·

Elize, ek is ook aan CJ se kant – as jul nie die mense ken nie het die saak NIKS met jul te doen nie.
Die oom was saam met ander mense besig elders op die plaas.

Hannelie Spangenberg Horn ·

Dis so ‘n groot skok! Baie baie sterkte aan Jean, Hennie, Janette en oom Hennie. Ons glo die skuldige (-s) sal vasgetrek word. Ons dink aan julle in hierdie hartseertyd, die ongeloof en die baie vrae. Mag Jesus jul styf vashou.
Vader tog mense julle moet ophou spekuleer, veral nie as jul DINK jul weet wat daar gebeur het nie!! Bid vir die gesin en familie wat die trauma moet verwerk!

zahn ·

Dankie Hannelie, CJ, kom ons wees die groter mense hier, kom ons hou oom Hennie en die kinders in ons harte, en lees nie eers verder hierdie mense se kommentaar nie. Moord is iets baie persoonliks, en die pers is eintlik die oorsaak daarvan dat mense dit hul eie wil maak soos Elize hier bo.

Die ondesoek is nog aan die gang, en die mense begin al klaar spekuleer. Siek!

Nicolette ·

Dis baie vreemd dat geen inligting aan die publiek bekend gemaak word nie.

Elfie ·

Nicolette ja, as mens vat hoe inligting oor die Oscar en ander sake HEELTYD beskikbaar was dan wonder mens.

lorayne ·

Ek wonder net presies wat laat jou moord kwalifiseer as ‘n “hoëprofielsaak” . . .

Div De Ville ·

Ek sou graag wou sien dat die skuldige(s) aan die pen ry. Geen mens het die reg om enige mens se lewe te neem nie. Dit is skokkend.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.