Jason Rohde, die uitvoerende hoof van Sotheby’s International Realty South Africa, sal die naweek in polisieaanhouding bly.
Rohde (47) het Vrydag weer in die Stellenbosch-landdroshof verskyn op aanklag van moord en regsverydeling in verband met sy vrou, Susan (47), se dood. Susan se liggaam is die oggend van 24 Julie in die badkamer van ʼn hotel op die Spier-wynlandgoed, buite Stellenbosch, gevind, waar sy met die koord van ʼn haartang opgehang is.
Die staat het versoek dat die saak uitgestel word tot volgende week vir Rohde se borgtogaansoek. Adv. Peter Mihalik, Rohde se regsverteenwoordiger, het aangevoer die staat probeer net tyd wen om hul saak te finaliseer. Hy het versoek dat Rohde dadelik op borgtog vrygelaat word en het beklemtoon hy het deurentyd sy samewerking aan die polisie gegee en is bereid om enige borgtogbedrag te betaal wat die hof vasstel.
Die saak is tot Dinsdag uitgestel en Rohde sal tot dan in aanhouding bly.
Lees alle vorige berigte oor Jason Rohde op Maroela Media.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
4 Kommentare
nou hkm mag hy nie borgtog dadelik kry nie,wat is die verskil tussen hom en di bylmoord mannetjie.mens sou sweer die man is klaar skuldig bevind.
Omdat hy kan bekostig om weg te raak na ‘n land met wie SA nie ‘n uitleweringsooreenkoms het – so eenvoudig soos dit.
Nee ek glo hul het sy paspoort en ander dokumente ingeneem. Byl moord oudjie het ook geld. Ek praat nie sy dinge goed nie glo my hy moet sit waar hy is maar dit gee my net die indruk daar sit meer agter die besluit.