Wynlandgoed-moord: Rohde vandag in hof

Jason en Susan Rohde. Foto: Facebook

Jason en Susan Rohde. Foto: Facebook

Jason Rohde, uitvoerende hoof van Sotheby’s International Realty South Africa wat Dinsdag in verband met die moord op sy vrou in hegtenis geneem is, sal vandag in die Stellenbosch-landdroshof verskyn.

Rohde (47) se vrou, Susan (47), se liggaam is die oggend van 24 Julie in die badkamer van ʼn hotel op die Spier-wynlandgoed buite Stellenbosch gevind waar sy met die koord van ʼn haartang opgehang was. Die polisie het aanvanklik ʼn geregtelike doodsondersoek geopen, maar dit is na ʼn saak van moord verander nadat ʼn nadoodse ondersoek gedoen is.

Rohde is Dinsdag deur die polisie per motor van Johannesburg af Kaap toe gebring. Daniel Witz, Rohde se regsverteenwoordiger, het vroeër aan Maroela Media gesê Rohde se regspan het aangebied dat hy en ʼn ondersoekbeampte op eie onkoste na Kaapstad vlieg om die las vir die staat te verlig, maar die ondersoekbeamptes het egter daarop aangedring dat hy afgery moet word.

Rohde sal verskyn op aanklagte van moord en regsverydeling.

Witz wou vroeër nie kommentaar lewer oor bewerings dat Jason en Susan die aand voor haar dood ʼn hewige woordewisseling gehad het, glo nadat sy hom van ontrouheid beskuldig het nie.

Lees alle vorige berigte oor Jason Rohde op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

johann ·

Leer die mense dan nooit nie?
Jy kan nie iemand vermoor en net weg kom met dit nie.
Genade tog.
Nou sit die 3 dogters sonder ‘n ma en pa!

m ·

Kan mense nie meer hulle verskille soos opgevoede mense uitsorteer nie. Moet moord altyd as die oplossing gesien word. Hierdie kinders is die “suffering party”…..

KarooKlong ·

Geregtigheid sal geskied. Die Ondersoekbeamptes hierin is bekwame beamptes.

JUDITH ·

Wel ,Wel wel , hy en Oscar kan dalk kamer maats word…….

Denise ·

Dit is wreed wat hy gedoen het en M ek wil ook weet hoekom kon hulle nie soos opgevoede mense die probleem uitpraat nie . Rhode is tog n gesiene man!!!!! Sterkte aan die drie dogters die ma was n pragtige vrou en het nie verdien om so te sterf nie!!!!!

Riana ·

Dit gaan baie keer oor geld en ‘n derde party wat betrokke is. Man wil nie sy fortuin deel met vrou wanneer hy haar los vir ander vrou. Nie te se dit is in die geval en nie te se hy is skuldig.

CHRISTA ·

Lyk my ons moet maar vrede maak met die feit dat MOORD een van ons land se nasionale sporte is. VERKRAGTING en ROOF (gewapen en alle ander) is die ander twee!!!

sies ·

Almal wat hier regter speel – lees gerus die nuutste berig heiroor.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.