Wynlandgoed-moord: Saak hervat môre

Susan en Jason Rohde. Foto: Facebook

Susan en Jason Rohde. Foto: Facebook

Jason Rohde, die uitvoerende hoof van Sotheby’s International Realty South Africa, het Donderdag aan die hof gesê hy is ongeveer R30 miljoen werd en kan dus enige borgtogbedrag bekostig wat die hof vasstel.

Rohde (47) het in die hof verskyn op aanklag van moord en regsverydeling in verband met sy vrou, Susan (47), se dood. Susan se liggaam is die oggend van 24 Julie in die badkamer van ʼn hotel op die Spier-wynlandgoed, buite Stellenbosch, gevind, waar sy met die koord van ʼn haartang opgehang is.

Die saak sal Vrydag in die Stellenbosch-landdroshof hervat wanneer Rohde se regspan sal moet bewys dit is in belang van geregtigheid vir hom om op borgtog vrygelaat te word. Rohde se regspan het Donderdag aangevoer ʼn private nadoodse ondersoek het getoon Susan is dood omdat sy gehang het en nie omdat sy verwurg is, soos beweer word nie.

Die staat steun egter op die uitslae van ʼn nadoodse ondersoek wat deur die staat gedoen is, wat toon dat Susan verwurg is.

Die verdediging het aan die hof gesê selfs al is Susan vermoor, was dit nie met voorbedagte rade nie. Rohde hoef dus steeds net aan die hof te bewys dit is in die belang van geregtigheid om hom op borgtog vry te laat.

Die staat voer egter aan Susan is met voorbedagte rade vermoor en daarom moet Rohde dwingende omstandighede bewys wat sy vrylating op borgtog regverdig.

Lees alle vorige berigte oor Jason Rohde op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Joann ·

O my word dan is die man nog windmakerig. Wonder of daar al gedink is aan huurmoord en inside job

Adeline ·

Dis baie hartseer! Wat ookal gebeur het, hierdie vrou het dit nie verdien nie. Sy was pragtig. Hoop die polisie mors nie die saak ook op nie.

Cherokee ·

Nou word daar dinge gesê deur sy verdediging , in die voorlaaste paragraaf, wat vrae laat wyk en hom skuldig laat klink.

Wally Walters ·

Met so n rondloper vir n man sou ek ook selfmoord neigings he verdedig jou dade tot die dood of miskien kom ek weg daarmee wie weet ontkenning ontkenning net ek weet wat gebeur het

Karma ·

@Wally Walters – o? En jy was daar om eerstehandse getuienis te kan lewer oor die man se velerlei affairs? Miskien moet die staat jou dan nader om getuienis te lewer aangesien jy so baie van die mense se privaat lewens weet. Of is jy ‘n “insider”?

Columbiana ·

Hoe hang jy jouself op met die koord van ‘n haartang? Meeste haartange se koord is so kort dit ruk jou arms af as jy net omdraai om jou borsel te gryp. There os something a rotten in Stellenbosch but what will the facts reveal?

Estelle ·

Hierdie regsverteenwoordigers ly aan “verbal diarree” en dikteer die heel tyd hoe die saak moet verloop. Doen meer kwaad as goed. Lekker om ryk te wees – doen jou die ondersoek, patalogies, en vlieg sommer na jou bestemming. Die “trip” deur die karoo met ‘n kar deur die karoo moes ‘n nagmerrie wees……..

Columbiana ·

Sweempie van jaloesie Estelle?
Dis ongelukkig so dat “he who has the highest paid legal representative wins”. Behalwe natuurlik as jy SA se president is dan verloor jy die meeste van die tyd ongeag hoeveel jy spandeer aan regskostes.

JOHAN ·

Beth, Hulle is ingelig deur ‘n sielkundige wat sy gaan spreek het.

neelsie ·

Dit is darem n wrede veralgemening on te beweer dat alle mans ontrou is.

Elizabeth ·

Sit asb. ‘n wag voor jul mond. ‘n Familielid het my molester, ‘n familievriend my verkrag. Geld wat stom is maak reg wat krom is. Oortreders word dikwels nie suksesvol vervolg nie, weens ‘n tegniese punt as skuiwergat binne wetgewing. Families beskerm ook finansies en reputasies. Weens geld,mag,drankmisbruik en erge geweld, moes skei op die basis dat ek EN ons kinders ‘n nuwe lewe begin met net klere en dokumentasie. Ek het as blanke plaasarbeider gaan werk by ‘n buitelander in son en reën met rugbreekwerk. Die gemeenskap het my 2de man verwerp omdat hy as plaasbestuurder met my getrou het. Vandag het ons professionele beroepe in ‘n groot dorp buite die landbousektor met ‘n vriende en familiekring van alle rasse en inkomstegroepe. Ons het vergifnis, vrede en harde werk vir sukses gekies bo bitterheid en eise soos oral rondom ons aan die orde is, MAAR!!! Dit beteken NIE as ek in daardie stadium voor, tydens of na my egskeiding en selfs vandag sou sterf aan eie hand of vermoor word, dat dit noodwending my gewese man was wie skuldig is nie. Die omstandighede laat dit voor die hand liggend lyk, en sou hy natuurlik as ‘n moontlike 1ste verdagte ondersoek word. LET WEL: Moontlike verdagte! Nie noodwendig en beslis met konkrete bewyse die skuldige nog voordat die saak deeglik ontleed en ondersoek is nie. Ek was ‘n erg mishandelde vrou, maar sommige persone se kommentaar en eng beskouiings op hierdie nuusblad verstom my.

Cari ·

Elizabeth ek stem 100% saam. Die kuber boelies, want dis wat dit is, neem by die dag toe. Ek sien dit hier, op twitter, op facebook. Dis ‘n skreiende skande.

T ·

Hoe arrogant ….. ek het R30mil so se maar wat ek moet betaal WTF

E.K. ·

Soms dink ek mense wat op Maroela kommentaar lewer is eintlik BLY as iets leliks gebeur, want dan kan hulle mos malgaan met snedige en lelike en onvanpaste kommentare. Laat die gereg sy beloop neem.

Gerrie ·

Hierdie man is onskuldig,dis selfmoord of moord wat hy nie gepleeg het nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.