Wynlandgoed-moord: ‘Sy was porseleinwit en koud’

Jason en Susan Rohde. Foto: Facebook

Jason Rohde se vrou, Susan, was porseleinwit en haar naakte liggaam was koud en haar lippe blou toe sy dood gevind is in ’n hotelkamer by die Spier-wynlandgoed.

Mark Thompson, wat Rohde al sowat sewe jaar ken, het Dinsdag in die Wes-Kaapse hooggeregshof getuig oor wat hy gesien het toe hy die oggend van 24 Julie 2016 by die Rohdes se hotelkamer aangekom het.

Volgens Thompson het hy gehoor van ’n selfmoord in een van sy kollegas se kamers. “Ek het Susan se liggaam daar sien lê op die vloer en Jason wat daar gesit het.”

Thompson het getuig dat Rohde by Susan in die badkamer was. “Mark, help my, Mark, help my, Mark, help my,” het Rohde glo gesê. Volgens Thompson het hy onmiddellik noodhulp op Susan begin toepas, maar was dit na verskeie pogings duidelik dat sy reeds dood was aangesien sy “porseleinwit was, haar ligaam koud was en haar lippe blou was”.

Volgens Thompson het hy egter voortgegaan om noodhulp toe te pas. “Terwyl ek druk op haar bors toegepas het, het haar neus begin bloei en ek het gedink daar is dalk hoop aangesien ek gedink het haar hart het dalk weer begin pomp.”

Thompson het toe glo vir Rohde gesê: “Ek dink ons het haar teruggekry,” voor hy opgestaan het om ’n sneesdoekie te kry om haar neus af te vee. Haar neus het glo twee keer gebloei.

Volgens Thompson het hy in ’n stadium ongemaklik gevoel aangesien Susan kaal was en niemand haar liggaam bedek het nie. “Ek het dit vreemd gevind dat Jason nooit gesê het ‘Susan hoekom het jy dit gedoen?’ of ‘Susan ek is jammer,’ of Susan wat van ons dogters?’ nie.”

Thompson het getuig dat paramedici kort na hom op die toneel aangekom het en dat hy toe vir Rohde probeer troos het. Hy en Rohde het die badkamer verlaat en die polisie en familielede het ook kort hierna op die toneel aangekom.

Rohde vroeër in die hof. Foto: Maroela Media

Susan se pa het glo vir Rohde gevra wat gebeur het en volgens Thompson het hy duidelik gehoor hoe Rohde sê: “Sy het gestruikel, nee, dis meer asof sy gegly het.” Die hof het gehoor Rohde is na ’n ambulans geneem vir suurstof en dat ’n polisiebeampte vir hom gevra het wat gebeur het. “Ons het baklei en Susan is omstreeks 19:00 in ’n vlaag van woede in die badkamer in waarna sy die deur toegeslaan het,” het Rohde glo geantwoord. Volgens Thompson het Rohde hierna aan die slaap geraak.

Die staat voer aan Rohde het sy vrou vermoor en die haartang gebruik om dit na selfmoord te laat lyk. Die staat voer ook aan Rohde het met die misdaadtoneel gepeuter deur die badkamerdeur self te sluit en die haartangkoord in verskillende posisies om die haak te bind.

Volgens die staat het ʼn nadoodse ondersoek getoon dat Susan gesterf het weens ʼn tekort aan suurstof wat deur verwurging veroorsaak is.

Rohde het skuld op die aanklagte teen hom ontken en beweer Susan het haar eie lewe geneem deur haarself aan die badkamerdeur op te hang.

Rohde is in Augustus verlede jaar by sy huis in hegtenis geneem. Hy het kort daarna op 25 Augustus vir die eerste keer in die hof op aanklag van moord verskyn. Hy het R100 000 borgtog betaal en ʼn R1 miljoen-borgwaarborg verskaf voordat hy op borgtog vrygelaat en toegelaat is om na sy huis in Johannesburg terug te keer.

Die saak duur voort.

Lees alle vorige berigte oor Jason Rohde op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Staan sterk ·

Mark Thompson, staan sterk, moenie toelaat dat regsgeleerdes (goed met woord skommeling& deurmekaar) maak jou van stryk bring nie. Die waarheid moet uit, terwille van hierdie mense se ouers en dogters.

Liza ·

My tiener het homself met ‘n elektriese koort aan ‘n deur probeer ophang, hy het bewusteloos geraak,maar omdat ‘n elektriese koort nie soos ‘n gewone tou ‘n knoop maak nie kom die lus maklik los,pleks van die gewig die knoop stywer trek,trek dit met die elektriese koort dit maklik los,as die knoop nie baie stewig vas gemaak is nie. Hy het bygekom. Was ‘n impuls besluit. Dis net snaaks, as jy jouself ophang is dit natuurlik om paniekerig te raak wanneer jy asem nood ervar,uit reflekse begin jy mos te skop en slaan om dit te fight,so as jy jouself teen ‘n deur ophang,gaan jy mos ‘n lawaai hoor van skop en stamp teen die deur.

Susan ·

Sjoe wat ‘n verskriklike gebeurtenis vir julle gesin. My hart gaan uit na julle.

Asjas ·

Ek twyfel of ‘n vrou naak gaan selfmoord pleeg en selfs al was hy geskok sou hy haar toegooi met handoek of iets om haar verleentheid te spaar want as jy lief is vir iemand glo jy hulle gaan dit oorleef.

Mariaan ·

Beslis ja….hier is n slang in die gras en sy naam is mnr Rhode….sies man…wat van hierdie mooi vrou se dogters…en jy as Pa…neem nie eers jou kinders in ag voordat jy so gemene daad doen nie…skaamteloos!!!

DS ·

Hierdie man het geen gevoel meer vir sy vrou gehad nie. Hoekom haar nie net geskei nie. Hy het buite egtelike verhouding. Stamp haar weg toe sy hom wou keer om uit kamer te gaan (duidelik het sy gedink hy gaan na sy skelmpie toe). Gaan slaap na sy ontsteld is na rusie sonder om seker te maak sy is okay. En gooi nie haar naakte liggaam toe na hulle haar gekry het nie. Skuldig of nie een ding is ‘n feit hy is HARTELOOS.

Annatjie ·

‘n Psigopaat gee nie ‘n duit om vir ‘n volgende nie, al is dit die mens wat veronderstel is om die naaste aan jou te wees. Mnr Rhode was in ‘n buite egtelike verhouding, die kans gestaan om sy aansien in die sakewereld en natuurlik ook ‘n hengse lot geld te verloor! Perfekte motief vir ‘n moord! Mense julle het nie ‘n clue waartoe so iemand instaat is, todat mens nie self met so iemand getroud was nie! Vir jare word jy emosioneel afgebreek, jou ondersteuningsnetwerk word van jou verwyder op slinkse maniere, familie vervreem omdat hulle nie kan verstaan dat jy so blind is nie en jy glo die leuen dat jy NERENS het om heen te gaan nie en dat jy maar die mishandeling en huweliksontrou moet aanvaar aangesien jy nooit nerens meer welkom is nie!!

Anti-Rohde ·

Rohde vat mense maar vlak as hy dink ons moet hom glo; maar nouja, God sal vergeld. Geregtigheid sal geskied. Ongelukkig was sy pragtige vrou in die pad van sy buite-egtelike verhouding.

Gesiggie ·

Hierdie klink soos n Oscar verhaal?? Wie hoe en wat het gebeur” waarheid moet uit.

karen ·

Daar word na haar verwys as irrassioneel ….. ja sy het als in die stryd gewerp om haar huwelik die liefde van haar lewe die pappa van haar kinders te behou. die gees van lust het die ander 2 party gedryf om haar ‘n “selfmoord risiko” te maak. Dit was seker so lekker om haar so paniekerig te sien. Wat se die 3de party die een wat besluit het sy vat wat sy wil he. Skei vir die ontroue is baie makliker as die een wat bedrieg word. persoonlik verag ek 3de party met my hart en ek hoop die oorsaak is baie gelukkig vir die kinders en ouers se onthalwe Well Done vir die vernietiging van onskuldige lewens……

marianna ·

Almal hierbo wat so oordeel, ek glo julle is almal christene.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.