Wynlandgoed-moord: Verdagte dood gevind

Morne Boshof. Foto: Met vergunning van Joline van der Merwe/Worcester Standard.

Morne Boshof. Foto: Met vergunning van Joline van der Merwe/Worcester Standard.

Morné Boshof, die man wat aangekla word van die moord op Anthea du Preez (64), is dood in sy tronksel aangetref.

Maroela Media verneem Boshof is Maandagaand dood aangetref in sy sel in die Brandvlei-gevangenis in Worcester. Hy is glo aan ʼn hartaanval dood.

Anthea, die vrou van Hennie du Preez, eienaar van die bekende Du Preez-wynlandgoed in die Breedekloof, is op 1 Desember 2014 dood aangetref in haar huis op hul plaas, De Denne. Sy is doodgeskiet.

Eric Ntabazalila, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), het aan Maroela Media bevestig dat Boshof Maandag in die hooggeregshof in Kaapstad sou verskyn, maar dat die saak van die rol verwyder sal word.

Maroela Media het navraag by Simphiwe Xako, woordvoerder van die departement van korrektiewe dienste, gedoen en wag vir terugvoer.

Anthea du Preez. Foto: Verskaf

Anthea du Preez. Foto: Verskaf

Boshof is op 3 Desember 2014 by ʼn huis in Brackenfell in verband met die moord op Du Preez in hegtenis geneem. Hy het op 5 Desember 2014 vlugtig in die Rawsonville-landdroshof verskyn. Hy het hierna in die aanhoudingselle probeer selfmoord pleeg.

Dit het later aan die lig gekom dat Boshof op parool was toe hy in hegtenis geneem is. Hy is voorheen aan diefstal skuldig bevind en is tot vier jaar tronkstraf gevonnis. Boshof het agt maande van sy vonnis uitgedien voordat hy op parool vrygelaat is.

Boshof se destydse regsverteenwoordiger, Robert Krautkramer, het verlede jaar tydens een van sy kliënt se hofverskynings gesê hulle het beeldmateriaal van kringtelevisiekameras wat die regte moordenaar glo uitwys. Krautkamer het later as Boshof se regsverteenwoordiger bedank nadat daar glo ander bewyse aan die lig gekom het. Boshof het voorheen vir die Du Preez’s gewerk.

ʼn Lid van die Rawsonville-gemeenskap het aan Maroela Media gesê die gemeenskap is steeds verslae en bly wonder oor die moontlike uitkoms van die moordverhoor. “Bossie was uitgesproke daaroor dat hy onskuldig is. Gaan sy afsterwe dit nou finaal onmoontlik maak om die (werklike) moordenaar aan die pen te laat ry – as dit nie Bossie was nie?”

Lees alle vorige berigte oor die Anthea du Preez-saak op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Hannelie ·

Dis nou jammer. Nou is hy dood en ons sal seker nooit die waarheid weet nie. Ek glo en vertrou dat tannie Anthea se moordenaar, indien hy nog op vrye voet is, aan die pen gery word.

Magda ·

Dis baie jammer, want ek dink hier is meer as een person by betrokke gewees.

karin ·

. Gelukkig is daar iets soos gewete. Die regte persoon sal nooit rus he nie!!

Cherokee ·

Karin, ek wonder dikwels wanneer iemand gewete in verband bring met ‘n vooraf beplande moord. As die skuldige later gewetens kwessies sou hê, waarom het dit nie gepla voor die tyd nie? Die soort mens wat koelbloedig kan moor kan nie een met ‘n gewete wees nie.

Kal ·

Party mense, veral die tipe wat moordenaars word, het geen gewete nie.

Liewe heksie ·

As dit nie bossie was nie gaan ons nou nooit die waarheid weet nie want dit gaan nou onder n hopie grond lê hier is meer agter die moord en meeste van ons sapd lede te sleg en lui hul kan gerus meer crime kanaal op TV kyk dit is hoe moordenaars gevang word maar sekerlik gaan dit hul ok verveel en aan die slaap maak

Van Tonder ·

Hehehe crime channels se jy? Dankie tog daar is darem mense wat verstaan daar is verskil tussen tv en realiteit.
Kom ek stel dit vir jou so. As jou tv speurder nie elke week wonderbaarlik gou iewers n leidraad kry nie, dan kan die episode nie klaar maak nie. So lank voor jou episode verfilm word, is daar skrywers wat dink aan interresante maniere hoe die episode se leidrade gevind gaan word. Die regte lewe werk bietjie anders as jou tv akteur/speurders

Koos van W ·

Aan van Tonder: Die meeste crime channel episodes is op ware sake gebaseer.

Peet J ·

Die persoon wat in die selle aangehou was, was mos nie skuldig bevind aan die moord nie.Dus kan die saak nie afgesluit word nie. ‘n Moordsaak kan vir jare oopgehou word.

poot ·

Peet J
Die dosier is nie gesluit nie. Die saak teen Boshof is net van die hofrol geskraap.

Peet J ·

Die persoon wat in die selle aangehou was en nou oorlede is kan mos nie vir die moord aanspreeklik gehou word nie.Die NVG sal maar verder ondersoek moet instel.

Anoniem ·

Ek hoop by harte die saak sterf nie nou n dood nie daar is baie slange in die gras ons

Gabbi ·

Ja jong…dis hartseer! Want nou kom iemand weg met moord….of sal ek se moorde….! Wonder nou net of n “hartaanval” ook gekoop kan word as mens baie geld het?

C op C ·

Ek lees nie speurverhale nie en kyk nie misdaadprogramme nie. Wonder net of ‘n nadoodse ondersoek sinvol in hierdie geval sal wees.

Antonio Sonelli ·

Dis darem baie toevallig dat Bossie wat n gesonde man was skielik aan n hartaanval sterf so kort voor die hofsaak sou begin.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.