Wynlandgoed-moord: Verdagte in hof

Morné Boshof. Foto: Met vergunning van Joline van der Merwe/Worcester Standard.

Morné Boshof. Foto: Met vergunning van Joline van der Merwe/Worcester Standard.

Morné Boshof, wat aangekla word van die moord op Anthea Du Preez (64), het Vrydag in die Rawsonville-landdroshof in die Wes-Kaap verskyn.

Kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die saak is tot 24 Februarie uitgestel.

Anthea, die vrou van Hennie du Preez, eienaar van die bekende Du Preez-wynlandgoed in Breedekloof, is op 1 Desember dood aangetref in haar huis op hul plaas, De Denne. Sy is doodgeskiet.

Boshof was op parool toe hy in hegtenis geneem is in verband met die moord. Hy is voorheen aan diefstal skuldig bevind en is tot vier jaar tronkstraf gevonnis. Boshof het agt maande van sy vonnis uitgedien voor hy vroeër vanjaar op parool vrygelaat is.

Boshof het tydens sy eerste hofverskyning in die aanhoudingselle probeer selfmoord pleeg.

Klik hier vir vorige berigte oor die saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

SNEL ·

Kan hierdie Du Preez familie nie die staat dagvaar omdat n ou wat vier jaar moes uitdien net na agt maande vrygelaat is nie? Nou is hulle geliefde vermoor omdat iemand nie hulle werk gedoen het nie. Iemand moet verantwoording vat hiervoor, hoekom moet onskuldige mense lei?

Drieks ·

Mens voel dom in die land deesdae Snel.
Alles wat verkeerd is, is reg en beskermbaar.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.