Kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die saak is tot 24 Februarie uitgestel.
Anthea, die vrou van Hennie du Preez, eienaar van die bekende Du Preez-wynlandgoed in Breedekloof, is op 1 Desember dood aangetref in haar huis op hul plaas, De Denne. Sy is doodgeskiet.
Boshof was op parool toe hy in hegtenis geneem is in verband met die moord. Hy is voorheen aan diefstal skuldig bevind en is tot vier jaar tronkstraf gevonnis. Boshof het agt maande van sy vonnis uitgedien voor hy vroeër vanjaar op parool vrygelaat is.
Boshof het tydens sy eerste hofverskyning in die aanhoudingselle probeer selfmoord pleeg.
Kan hierdie Du Preez familie nie die staat dagvaar omdat n ou wat vier jaar moes uitdien net na agt maande vrygelaat is nie? Nou is hulle geliefde vermoor omdat iemand nie hulle werk gedoen het nie. Iemand moet verantwoording vat hiervoor, hoekom moet onskuldige mense lei?
Mens voel dom in die land deesdae Snel.
Alles wat verkeerd is, is reg en beskermbaar.
waar is die doodstraf?