Lt.kol. André Traut, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media bevestig dat Morné Boshof (41) Vrydag vlugtig in die Rawsonville-landdroshof verskyn het op aanklag van moord. “Ons kan ook bevestig dat die verdagte probeer selfmoord pleeg het.”
Volgens Traut het Boshof na sy hofverskyning in die aanhoudingselle probeer selfmoord pleeg. “Hy is deur ‘n geneesheer behandel. Hy bly in aanhouding.” Volgens Traut is die hofsaak intussen tot volgende week Vrydag uitgestel.
‘n Gedenkdiens vir Anthea du Preez het intussen Vrydagmiddag in die NG-kerk te Rawsonville plaasgevind.
Anthea, die vrou van Hennie du Preez, eienaar van die bekende Du Preez-wynlandgoed in Breedekloof, is Maandagoggend dood aangetref in haar huis op hul plaas, De Denne.
Die polisie wil steeds nie navrae beantwoord oor hoeveel verdagtes moontlik met haar moord verbind word nie. Hulle het ook nog nie meer inligting oor die omstandighede rondom haar moord of die motief daarvan bekend gemaak nie.
Du Preez laat haar man, drie kinders Jean, Hennie jr., Janette, en nege kleinkinders agter.
Ek sal dit nooit ooit verstaan hoe jy n ander lewende persoon kan doodmaak nie en soveel hartseer kan veroorsaak nie! Ek kan nie eers n wurm doodmaak nie! Ek glo in God en beskou myself as n Christen, maar hoe , hoe maak jy so n pragtige mens dood!
Hier gaan nou weer ‘n kinkel in die kabel wees met die moord. Sterkte vir die du Preez familie. Hoekom sou die aangeklaagde wou selfmoord pleeg? Woede,? Jaloesie? Liefde? Haat?
Ek ruik n rot!