Wynlandgoed-moord: Verdagte sou homself oorgee

Jason en Susan Rohde. Foto: Facebook

Jason en Susan Rohde Foto: Facebook

Jason Rohde (47) wat Dinsdag in verband met sy vrou, Susan (47), se moord in hegtenis geneem is, sou homself glo aan die polisie oorgegee het indien dit nodig was, maar 10 polisiebeamptes het op sy huis toegeslaan.

Daniel Witz, Rohde se prokureur, het aan Maroela Media gesê sy kliënt is omstreeks 06:30 by sy huis in Johannesburg in hegtenis geneem deur agt gewapende polisiebeamptes en twee polisiebeamptes van Stellenbosch. “Geen lasbrief vir sy inhegtenisneming is aan my kliënt gewys nie,” het hy bygevoeg.

Volgens Witz was Rohde se drie minderjarige dogters by die huis ten tyde van sy inhegtenisneming. “Op versoek van mnr. Rohde het hulle gelukkig nie die inhegtenisneming gesien nie.”

Rohde, uitvoerende hoof van Sotheby’s International Realty South Africa, se regspan het verlede week in Stellenbosch met ondersoekbeamptes vergader in verband met die saak, waar daar glo ooreengekom is dat die regspan in kennis gestel sou word indien hulle van plan was om hom in hegtenis te neem. “In hierdie geval, net soos sy posisie van die begin van die ondersoek af was, het mnr. Rhode ingestem om ten volle met die polisie saam te werk wat die ondersoek betref, en het hy ingestem om homself aan die polisie oor te gee, indien nodig.”

Die regspan het die ondersoekbeamptes ook in kennis gestel dat hulle besig is met hul eie spesialis- nadoodse ondersoek en om ander bewyse in te samel.

“Mnr. Rohde het van die begin van die ondersoek vrywillig by die Stellenbosch-polisiestasie aangemeld sodat sy vingerafdrukke en foto’s geneem kon word. Hy het ook sy paspoort oorhandig voor die ondersoekbeamptes dit versoek het,” het Witz bygevoeg.

Rohde is vroeër vandag by die Randburg-polisiestasie aangehou en hy word tans na die Stellenbosch-polisiestasie geneem. Sy regspan het aangebied dat Rohde en ʼn ondersoekbeampte op eie onkoste na Kaapstad vlieg om die las vir die staat te verlig, maar die ondersoekbeamptes het egter daarop aangedring dat hy afgery moet word van Johannesburg na Kaapstad.

Rohde moet Donderdag in die hof verskyn.

“Mnr. Rohde is bo alles besorg oor die welstand van sy drie dogters en hy is dankbaar vir die deurlopende ondersteuning van sy dogters se grootouers wat die gesin deur dié beproewing bystaan,” het Witz gesê.

Maroela Media het vroeër berig Susan se liggaam is die oggend van 24 Julie in ʼn hotel op die Spier-wynlandgoed buite Stellenbosch gevind. Jason het na bewering op sy vrou se liggaam afgekom waar sy in die badkamer met die koord van ʼn haartang opgehang was.  ʼn Geregtelike doodsondersoek is geopen, maar nadat ʼn nadoodse ondersoek gedoen is, is ʼn saak van moord aanhangig gemaak.

Witz wou vroeër nie kommentaar lewer oor bewerings dat Jason en Susan die aand voor haar dood ʼn hewige argument gehad het nie. “In die lig van die voortgesette ondersoek en die feit dat die saaksub judice is, kan ons nie nou hierop kommentaar lewer nie,” het hy gesê.

Lees alle vorige berigte oor Jason Rohde op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Sarel Strydom ·

Stellenbosch o xstellenbosch. klink vir my hier is alweer iets aan die kom.

MCS ·

Rhode is bekommerd oor die welstand van sy kinders! Daaraan moes hy gedink het voor hy hul ma vermoor het! Nou moet die arme kinders sonder n ma en dan as die pa skuldig is sonder hom ook groot word!

Nommer asseblief ·

Iewers is daar ‘n onsigbare skim wat in die nag rondsluip en kwaad doen sodat mans sommer die toiletdeur stukkend skiet en hul vrouens opgehang kry aan die hotbrush koord. Kan ‘n taakspan nie hierdie skim vir ons ondersoek nie asseblief, want hier is alweer ‘n onskuldige man wat sy volle samewerking gee aan die onregverdige polisie wat hom viktimiseer omdat hy ryk en wit is.

Rupert Ashford ·

Soos liewe Jesus gese het van dat ons die armes altyd met ons sal he, sien ek diie armes van gees lyk of hulle ook nog sterk staan. Arme ons…hier gaat ons alweer.

Ben Prinsloo ·

Rupert ek wil jou net daarop wys dat jy kan dalk n gevaarlike stelling maak in die sin dat Die Almagtige kon dalk bedoel het dat net 1 gees in ons teenwoordig moet wees naamlik Sy Gees. Ek grond my stelling op die vrou wat so arm was en die minste geld ingegooi het maar hulle is tereggewys want dit was haar laaste. Ek neem aan jy sal weet waarvan ek praat.

Mamparra ·

En daar word die Bybel weer bygesleep. Maar mens moet Rupert gelyk gee. Daar is armes van gees. Alles in die wêreld word veroordeel gemeet aan hulle opinies van wat reg of verkeerd is. Met byna geen inligting nie.

Luister ·

Die badkamervenster gaan hier ook belangrik wees. Is daar ‘n kans dat iemend daar kon inkom, en weer ontsnap? Hoop die Polisie doen ordentlike werk.

Wouter ·

MCS jy gaan nog jou woorde sluk met daardie stelling van jou. Hoekom gaan help jy nie sommer die polisie met die ondersoek nie dan is dit gou verby.

Sum ·

@Wouter- ek dink MCS is betrokke…want hy weet skielike alles. (ne’ MCS, hoe voel dit om stupid te wees)

Joann ·

Ai wat nog? Skei liewers en bly uit die tronk. Wat gaan in Stellenbosch aan? En wat van die bylmoorde mens hoor niks?

parra ·

ONTHOU JULLE WEET NIE WAT IN HULLE HUIS AGTER TOE DEURE AANGEGAAN HET NIE .
LOS DIE BESLUIT VIR DIE REGTE MENSE .

KAN NET SE WATTER MOOI MAN EN VROU MOOI PAARTJIE

fred ·

WOUTER, EK STEM 100% SAAM MET JOU – WEEREENS EEN VAN DIE STRAAT REGTERS WAT KOMMENTAAR WIL LEWER SONDER BEWYSE – NET SIEK GEDAGTES – DIESELFDE AS MET OSCAR. DIE MENSDOM DAREM.

Theresa B ·

Waar daar ‘n rokie is nê??!! En ja – hy sou homself oorgee, maar hy het nie. Ek weet nie hoekom word die 2de persoon altyd vermoor nie. Los mekaar as dit moet en gaan aan met julle lewens. Maar geld is mos die hoofrede vir alles. Niemand wil ‘n sent afstaan aan die ander. Dit is altyd die arme kinders wat daaronder ly. Julle ruk hulle lewens uitmekaar. Ek bid dat hulle ok sal wees.

Columbiana ·

Nog ‘n ellelange stryd wat voorlê.
SA werk duidelik baie hard daaraan om die reputasie van moord hoofstad van die wêreld uit te brei

Liz ·

Iewers is daar seker weer ‘n lekker vet polis waarvan hy dalk die begunstigde is. Jammer vir die familie en kinders. Bid julle alle sterkte toe

Lezette ·

Geweet hier is ‘n slang in die gras!! Wat gaan deesdae aan????

Annie ·

Ek staam met MCS – hy het nie aan hulle gedink toe hy dit gedoen het nie – omdat Oscar weggekom het dink ander hulle gaan ook daarmee wegkom. Hy het niemand toestemming gevra om haar te vermoor hoekom moet die polisie toestemming kry om hom te arresteer, ek kry die kinders baie jammer maar hom niks.

Bekommerd oor dogters ·

Hy is net bekommerd oor sy dogters, moes hy nou nie maar eerste daaraan gedink het voor die noodlottige aand in Spier landgoed nie? Werklik moet julle met sulke planne eers mooi dink voor jul so iets doen – wat gaan die implikasie wees van my dade en skrik wakker, jy gaan uitgevang word!!! My hart pyn vir hierdie 3 dogters wat beide ouers verloor het en ek kon net wens dat dit eerder n motor ongeluk kon wees, want hierdie 3 meisies is tussen 2 groot helle, Ma is skielik dood en op die anderkant is ons Pa vir wie ons lief is in n tronk,is dit hy of nie, hoop regtig hul kry sielkundige hulp om veral die vlg 3 jaar te oorleef.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.