Morné Boshof, wat aangekla word van die moord op Anthea Du Preez (64) van Rawsonville in die Wes-Kaap, was op parool toe hy in hegtenis geneem is.
Kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê Morné Boshof (41) is voorheen aan diefstal skuldig bevind en is tot vier jaar tronkstraf gevonnis. Boshof het agt maande van sy vonnis uitgedien voor hy vroeër vanjaar op parool vrygelaat is.
“Die ondersoek duur voort,” het Van Wyk gesê. Die polisie wil steeds nie navrae beantwoord oor hoeveel verdagtes moontlik met haar moord verbind word nie. Hulle het ook nog nie meer inligting oor die omstandighede rondom haar moord of die motief daarvan bekend gemaak nie.
Boshof het Vrydag vir die eerste keer in die Rawsonville-landdroshof verskyn op aanklag van moord. Hy het na sy hofverskyning in die aanhoudingselle probeer selfmoord pleeg. Boshof verskyn weer Vrydag in die hof.
Anthea, die vrou van Hennie du Preez, eienaar van die bekende Du Preez-wynlandgoed in Breedekloof, is op 1 Desember dood aangetref in haar huis op hul plaas, De Denne. Du Preez laat haar man, drie kinders Jean, Hennie jr., Janette, en nege kleinkinders agter.
Dis so so hartseer en so onnodig. Pappa wag vir jou, jou vark!
Toe hy self moord wou pleeg moes hulle hom gelos het . Nou moet ons vir die g@m@rs sorg met belasting geld
Al enige inligting oor wat in Vrydag se hofverrigtinge gebeur het?
Sal graag motief wil weet en of daar ander betrokke was.