Wynlandgoed-moord: Verhoordatum bekendgemaak

Jason en Susan Rohde. Foto: Facebook

Jason Rohde, die voormalige hoof van die eiendomsgroep Sotheby’s International Realty wat aangekla word van die moord op sy vrou, het Vrydag weer in die Stellenbosch-distrikshof verskyn.

Rohde het tydens Vrydag se verrigtinge voor senior landdros Greg Jacobs gehoor die verhoor sal in Oktober in die hooggeregshof in die Wes-Kaap begin. Hy is gewaarsku om op 25 Julie weer in die hof te verskyn wanneer die akte van beskuldiging vir die hooggeregshof formeel aan sy regspan oorhandig sal word.

Adv. Louis van Niekerk het Vrydag vir Carien Teunissen as staatsaanklaer vervang. Van Niekerk het aan die hof gesê die saak sal tydens Rohde se volgende verskyning na die hooggeregshof oorgedra word.

Maroela Media het vroeër berig Rohde staan tereg op ʼn skedule 5-aanklag van moord op sy vrou, Susan (47). Haar liggaam is die oggend van 24 Julie 2016 in die badkamer van ʼn hotel op die Spier-wynlandgoed gevind, waar sy met die koord van ʼn haartang opgehang is. Die egpaar, wat in Johannesburg gewoon het, het die landgoed besoek om ʼn Sotheby’s International Realty-konferensie by te woon.

Rohde beweer Susan het selfmoord gepleeg terwyl die staat aanvoer Susan is verwurg. ʼn Private patoloog en staatspatoloog wat verskillende nadoodse ondersoeke gedoen het, het dit nie eens oor hoe Susan gesterf het nie.

Rohde is op 30 Augustus op borgtog vrygelaat, maar kon aanvanklik volgens sy borgtogvoorwaardes nie die Wes-Kaap sonder toestemming verlaat nie. Landdros Greg Jacobs het hom egter in September toestemming gegee om terug te keer na sy huis en sy kinders in Bryanston.

Rohde se verhoor sal op 9 Oktober in die hooggeregshof begin.

Lees alle vorige berigte oor Jason Rohde op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Lenie ·

Volgens die inligting wat ek in ander berigte gelees het, was hierdie arme vrou vol ou en nuwe beserings. Haar ribbes was aan beide kante gebreek! Die beskuldigde se skelmpie gaan ook teen hom getuig. So baie vroue wat vermoor word deur hul kêrels en mans deesdae, dis dalk beter om alleen te loop.

jaco ·

Wanneer die privaat patoloog en die staatspatoloog se bevindings vergelyk word, moet die volgende oor die staatspatoloog net in ag geneem word:
1. Aangestel veral met regstellende aksie as einddoel. Opleiding en ondervinding tel BITTER min.
2. Is veronderstel om 8uur die oggend te begin werk, maar daag eers kwart oor 8 op en drink dan tee tot half9.
3. Twee 15 minute teetye 10uur soggens en 3uur namiddag word na n halfuur verleng.
4. Middagete is 45 min lank maar wore ook tot langer as n uur uitgerek.
5. Huis toe gaan tyd is 4.30 namiddag, maar van 4uur af word niks gedoen nie.
6. Vrydagmiddag is alles stil en onproduktief van 2uur af.
7. Vrydae en/of Maandae is uitbly dae met uiters flou verskonings oor “siekte”.
En VOORDAT ek oor my kommentaar gekruisig word: ek was lank in die staatsdiens. Dis hierdie ons is nie lus om te werk nie kultuur en my “verkeerde” ras wat my daar weggedryf het.

Richie Rich ·

#Lenie…nie alle mans is sleg nie..daars nog heelwat “gentlemans”daar buite..jy moet net op die regte plek soek…en wie wil nou alleen oud word…

CAROL ·

Richie Rich my verlore vriend – hoop jy het al jou vals tande in en jou bril op. Maar ek het jou gesoek maar jou nerens op die wereld atlas gevind nie??? hahaha. Nee daar stem ek saam nie alle mans is erg nie – nes van die vrouens wat ook nie erg is nie.

Skapie ·

Ek word eerder alleen oud en het vrede as met ‘n man en ekt altyd onmin

Bob ·

Nee, absolute onsin! 96% van selfmoorde wat plaasvind gebeur by so ‘n persoon se eie woning. En wie gaan vir ‘n lekker naweek na ‘n wynplasie en pleeg dan ‘n patetiese selfmoord met jou haardroeer nogal?????? Weet Mnr Rohde hoe pateties hierdie storie klink. En hoe hang jy jouself op maar jou knie staan op die vloer??? Ag asseblief man – kon hy nie ‘n beter Pinoccio storie uitdink nie?? Die beste van alles is daar is mense wat weet hoe hy haar aangerand het. Hulle gaan getuig in die hof. Lekker braai ou mater!!!!!!!!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.