Wynlandgoed-moord: Voorverhoor begin

Jason en Susan Rohde. Foto: Facebook

Die Wes-Kaapse hooggeregshof sal Vrydag na verwagting die voorverhoorverrigtinge aanhoor in die moordsaak teen die eiendomsbaas Jason Rohde.

Rohde, voormalige Suid-Afrikaanse hoof van die eiendomsgroep Lew Geffen Sotheby’s International Realty, staan tereg vir die moord op sy vrou, Susan, in ʼn hotelkamer in die luukse Spier-hotel buite Stellenbosch in Julie verlede jaar.

Hy ontken dat hy sy vrou vermoor het en beweer Susan, die ma van die egpaar se drie dogters, het selfmoord gepleeg deur haarself aan die badkamerdeur op te hang. Die staat voer aan Rohde het haar verwurg.

Die egpaar het by die hotel op die wynlandgoed gebly vir Sotheby’s International Realty SA se jaarlikse konferensie. Daar word beweer Rohde het ʼn buite-egtelike verhouding met ʼn voormalige kollega gehad wat glo ook die konferensie bygewoon het.

Die multi-miljoenêr is in Augustus verlede jaar by sy huis in hegtenis geneem. Hy het kort daarna op 25 Augustus vir die eerste keer in die hof op aanklag van moord verskyn.

Rohde het R100 000 borgtog betaal en R1 miljoen-borgwaarborg verskaf voordat hy op borgtog vrygelaat en toegelaat is om na sy huis in Johannesburg terug te keer.

Lees alle vorige berigte oor Jason Rohde op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Louise ·

JA NE, dis nou al met soveel sake gewys!
Money TALKS and BULL#$# Walks.
Jammer die vrou moes op so wrede manier sterf.

dirk L ·

hoop maar die polisie het hierdie slag hul werk gedoen. Twyfel egter as jy die slordige werk van die de Zalze geval asook die Pistorius-sake as maatstaf neem

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.