Wynlandgoed-moordsaak jaar later na hooggeregshof

Jason en Susan Rohde. Foto: Facebook

Jason Rohde, die voormalige hoof van die eiendomsgroep Sotheby’s International Realty wat aangekla word van die moord op sy vrou, sal na verwagting Dinsdag in die Stellenbosch-landdroshof verskyn.

Die saak sal Dinsdag na die Wes-Kaapse hooggeregshof verwys word. Dit was Maandag presies ʼn jaar sedert Rohde se vrou, Susan (47), se liggaam in die badkamer van ʼn hotel op die Spier-wynlandgoed gevind is.

Tydens Rohde se hofverskyning in Junie het adv. Louis van Niekerk vir Carien Teunissen as staatsaanklaer vervang.

Maroela Media het vroeër berig Rohde staan tereg op ʼn skedule 5-aanklag vir die moord op Susan (47) nadat haar liggaam die oggend van 24 Julie 2016 in die badkamer van die hotel gevind is waar sy met die koord van ʼn haartang opgehang is. Die egpaar, wat in Johannesburg gewoon het, het die landgoed besoek om ʼn Sotheby’s International Realty-konferensie by te woon.

Rohde, wat tans op borgtog uit is, ontken skuld op die aanklagte teen hom. Hy voer aan Susan het selfmoord gepleeg terwyl die staat aanvoer Susan is verwurg. ʼn Private patoloog en staatspatoloog wat verskillende nadoodse ondersoeke gedoen het, was dit nie eens oor hoe Susan gesterf het nie.

Lees alle vorige berigte oor Jason Rohde op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.