Wynlandgoed-moordsaak: Rohde weer terug in hof

Jason en Susan Rohde. Foto: Facebook

Jason Rohde, voormalige Suid-Afrikaanse hoof van die eiendomsgroep Lew Geffen Sotheby’s International Realty, sal na verwagting Vrydag weer in die Wes-Kaapse hooggeregshof verskyn vir ʼn voorverhoorkonferensie.

Rhode, wat vrygelaat is op borgtog van R100 000, word daarvan beskuldig dat hy in Julie verlede jaar sy vrou Susan in hul kamer by die luukse Spier-hotel buite Stellenbosch vermoor het.

Hy ontken alle aanklagte en beweer die ma van hul drie dogters het haar eie lewe geneem deur haarself aan die badkamerdeur op te hang.

Die staat voer aan hy het haar verwurg.

Die egpaar, van Johannesburg, het op die wynlandgoed gebly vir Sotheby’s International se jaarlikse konferensie.

Rohde het na bewering ʼn buite-egtelike verhouding gehad met ʼn voormalige kollega wat glo ook by die konferensie was.

Die multi-miljoenêr is in Augustus 2016 by sy huis in hegtenis geneem. Hy het op 25 Augustus 2016 in die Stellenbosch-landdroshof verskyn en staan tereg op aanklag van moord.

Hy moes R100 000 borgtog betaal met ʼn R1 miljoen waarborg, en is toegelaat om weer aan die einde van Augustus verlede jaar terug te keer huis toe.

Lees alle vorige berigte oor Jason Rohde op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Realisties ·

Ek kan nie verstaan hoekom hierdie artikel so opgeblaas word en as dit gelees word is dit presies dieselfde berig as die vorige een. Indien daar geen verwikkeling in die saak is nie, hoekom tyd mors om dit te plaas.

Tina du Toit ·

Stem saam. Gaan kyk maar die meeste berigte het niks nuuts opgelewer nie. Ons kou elke keer dieselfde chappie.

Poppie ·

Ek verstaan die media wil ons lesers meedeel dat die hofsaak weer aangaan. Daar is dus nog geen nuus nie. Die nuus kom nog (hahaha). Dit sê net nie of dit vandag of volgende Vrydag is nie. ….. sal na verwagting Vrydag weer in die …….. Net vir interessantheid om die nuus dop te hou.

vytjie ·

Dankie MM vir dit wat U telkemale doen om ons “nuuskierige lesers” op hoogte te hou van dit wat U dink ook moontlik vir die res van belang is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.