Wynmaker skiet glo homself en vrou

Hein Hesebeck (Foto: Facebook)

ʼn Welbekende wynmaker van die Paarl het Dinsdag vermoedelik sy vrou en toe homself op hul plaas buite dié dorp in die Wes-Kaap geskiet.

Hein Hesebeck (61) en sy vrou, Anneline (57), se liggame is die aand in hul plaashuis op die Paardeberg-pad digby die Paarl gevind.

Volgens sers. Noloyiso Rwexana, woordvoerder van die polisie, is die polisie die aand om 19:50 na die plaas ontbied. Hein is in die slaapkamer aangetref terwyl Anneline se liggaam in een van die ander leefvertrekke van die huis gevind is. Die egpaar het albei volgens die polisie kopwonde gehad.

Kapt Louise du Plessis, woordvoerder van die Paarl-polisie, het gesê skote is vroeër die dag deur een van die bure gehoor.

Volgens ʼn Facebook-inskrywing op die gemeenskapsgroep, Strand Patrol, het Hein vermoedelik eers sy vrou geskiet en toe die vuurwapen op homself gerig.

Anneline Hesebeck (Foto: Facebook)

Rwexana sê ’n volledige nadoodse ondersoek word gedoen om vas te stel wat presies gebeur het.

Hein en Anneline is in 2014 getroud. Hulle word oorleef deur hul twee kinders Hein jr. en Nina.

Hein het in 1978 aan Paarl Boys’ High gematrikuleer. Die Paarl Boys’ High Old Boys Union vir oud-leerders het op hul Facebook-blad medelye met Hein se familie en vriende betuig.

Volgens die inskrywing het Hein rugby vir die eerste span gespeel.

Oudklasmaats het op die inskrywing op dié blad Hein se heengaan betreur. “Ons klasmaat. Ons hele klasgroep is in skok,” lui die een inskrywing.

Een van sy klasmaats het ook geskryf dat Hein Woensdag, ʼn dag na sy dood, sou verjaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Chantz ·

Dis verskriklik. Baie sterkte aan al die geliefdes wat hul agter laat

Misky ·

Dis hartverskeurend en hierdie ongekende tye waarin ons is en mense hanteer depressie anders. Mens kan maar net wonder wat die dryfkrag hieragter was en wynmaker en sy bekommernis was te groot vir die toekoms. Baie sterkte aan die familie en kinders wat agterbly

Raakvatter ·

En dit is maar net waaroor berig word. Hoeveel ander mense ook nog waarvan ons nie weet nie. Jammer dat dit moes gebeur, en nog meer jammer dat hy sy vrou ook moes neem.

Trotse Boervrou ·

Pragtige mense. Dit is verskriklik hartseer. Ek stem saam dat die wynbedryf op sy knieë is wat so onnodig was. Ek wil baie meer sê maar dit sal onvanpas wees. Sterkte aan die familie in hierdie hartseer tyd.

Carina ·

Dis hartverskeurend. My man het in die laat 80s saam met Hein by Drakenstein Wynkelder gewerk. Hein was ook in ‘n ernstige motor ongeluk op die Simondium pad in daardie tyd en het erge hoof beserings opgedoen. Niemand het gedink hy sou dit oorleef nie. Hy moes al baie deurmaak en het altyd anderkant uitgekom. Maar die inperking het baie mense in die wynbedryf heeltemal geknak, as dit die rede was. Sterkte aan sy kinders en familie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.