Wys genadedoodsaak van die hand, meen organisasie

Argieffoto

Die organisasie Euthanasia Exposed doen ʼn beroep op die Gautengse hooggeregshof om die Walter-Harck-aansoek om genadedood te wettig, van die hand te wys.

Maroela Media het vroeër berig Diethard Harck en sy dokter, Suzanne Walter, ʼn spesialis in palliatiewe gevalle, het die hof in 2017 gevra dat die wet verander word sodat mense wat terminaal siek is wel dié opsie het. Die aansoek word deur die Raad op Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika (RGBSA) teengestaan. Harck en Walter het ʼn gesamentlik aansoek in die Johannesburgse hooggeregshof ingedien om die wet teen genadedood ongrondwetlik te verklaar. Walter het ʼn tipe bloedkanker en Harck het motorneuronsiekte.

Philip Rosenthal, woordvoerder van Euthanasia Exposed, het Vrydag in ʼn verklaring gesê die Handves van Menseregte bevat nie enigiets wat wettig geïnterpreteer kan word om ʼn reg tot genadedood te motiveer nie. Volgens hom verbuig voorstanders van genadedood die betekenis van vae begrippe soos menswaardigheid, outonomie en gesondheidsorg.

Rosenthal sê die regmatige Grondwetlike owerheid om oor die saak te beslis is boonop die parlement, nie die hof nie. “Die genadedood-voorstanders het self erken hulle was onsuksesvol om enige politieke ondersteuning te kry vir hul saak in die parlement. Verskeie pogings sedert 1999 was onsuksesvol. Die een parlementariër wat simpatiek was tot die saak, Deirdre Carter, het in die vorige verkiesing haar setel verloor. Hulle weet hulle staan nie ʼn kans in die parlement nie, en nou misbruik hulle die hof. Die Nieu-Seelandse hooggeregshof het ook beslis dat genadedood ʼn kwessie vir die parlement en nie die hof is nie,” het Rosenthal bygevoeg.

Hy sê indien die hof genadedood vir Harck sou toestaan, sal dit die huidige duidelike wetlike definisie van moord verwoes. “Almal sal kwesbaar wees – veral swak en gestremde persone. Suid-Afrika se sterk gelykheidspresedente maak dit onmoontlik om genadedood vir een persoon toe te staan maar nie ʼn ander nie.”

Volgens hom is advokate vir genadedood se strategie om met ʼn “harde saak” te begin en dit dan toenemend uit te brei.

“Die saak gaan nie oor Harck se private belange in die reg om selfmoord te pleeg nie, omdat die saak ʼn trust opgestel het sodat die saak kan voortgaan indien hy sou sterf,” het hy gesê. “Om kwesbare persone teen moord en selfmoord te beskerm sal onmoontlik word en almal kan kwesbaar word. In die jongste genadedoodsaak het Stransham-Ford se mediese verslae, wat kragtens hofbevel bekendgemaak is, gewys dat hy aanvanklik vrese gehad het oor pyn voor hy geweet het watter pynverligting beskikbaar was. Tweedens wou hy weet of hy die reg het om van plan te verander. As ʼn prokureur moes hy geweet het dat hy mag, maar almal is kwesbaar onder sosiale druk. Waar genadedood gewettig is, word gestremde persone onder druk geplaas om selfmoord te pleeg. ʼn Nederlandse vrou met demensie is doodgemaak ondanks ʼn gebrek aan toestemming en fisiese weerstand. Die dokter is onskuldig bevind aan moord.”

Rosenthal sê die 1930’s genadedood-eksperiment in Duitsland het tot die moord op ʼn kwartmiljoen gestremde Duitsers gelei nog voor rasgebaseerde moord begin het. “Die Nazi-propagandafliek Ich Klage An gaan ook oor ʼn persoon met ʼn degenerasiesiekte wat pleit om die reg om te sterf en eindig waar haar man uiteindelik in die hof sê die wet is verkeerd. Die taktiek is dieselfde: ʼn emosionele versoek gebaseer op ʼn ‘harde saak’, maar dan daal die waarde van lewe en swakkes word geëlimineer.”

Rosenthal sê dit is ook nie die rol van ʼn regbank, wat nie verkies word nie, om die verkose wetgewer kragteloos te maak deur te besluit wat ʼn aanvaarbare sosiale beleid in die algemeen sou wees of ʼn beslissing te maak in die saak van Harck as ʼn individu nie. “Hulle het slegs outoriteit wat betref die bedoeling van die woorde in die Handves van Menseregte en om geringe besonderhede van die algemene reg te ontwikkel. Nie een is van toepassing in dié saak nie. Indien genadedood-voorstanders die wet wettig wil verander, moet hulle dit in die parlement motiveer. Die Walter-saak is dus baie eenvoudig en moet van die hand gewys word sonder ʼn uitgerekte hofsaak.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

10 Kommentare

jongste oudste gewildste
Tanniepetoors

Hierdie mense van Euthanasia Exposed het gee begrip van ondraaglike pyn en fisiese hulpeloosheid nie. En nee, al die pynstillers in die wêreld help nie vir sommige pyn nie. Sommige mense wat beroertes gehad het kan erge pyn voel, maar kan nie praat nie!

Termiet

Ek stem vir genade dood, almal wat dit teen staan het nog nie langs die bed gestaan van n kankerlyer wat soveel pyn verduur dat selfs morfien nie eers meer help nie. Die gekreun, gehuil van die pyn.

anko

Euthanasia Exposed, regtig, niemand van julle het seker al deur so ‘n hulpelose, moedelose ervaring gegaan nie. Ek stem vir genade dood. Ek moes my ma sien ly agv kanker. Dit was nie ‘n mooi gesig nie. Om aanmekaar morphine te ontvang was nie snaaks nie. Sy was verlam agv kanker wat die rugmurg weg gevreet het. Haar menslikheid was aangetas. Sy was afhanklik van almal omdat sy niks vir haarself kon doen nie. Indien ek niks meer vir die samelewing beteken nie en net ‘n las is, kan genade dood toegepas word. Dit bly ‘n keuse wie wil en… Lees meer »

katerinadiekat

In my opinie, is dit obseen en demonies om genadedood teen te staan. Wie de joos gee vir sekere mense die reg om te besluit of n ander persoon n einde aan hulle lyding mag maak of nie?!?

Boerkind

Ek is nie ‘n voorstaander van genadedood nie, MAAR dit vedien tog ‘n veel dieper besinning – as die mense wat so terminaal siek en vol onuitstaanbare pyn is, bly selfdood steeds oor… wat dan??