Wysiging aan vuurwapenwet: E-pos-dilemma maak openbare stem stil

Argieffoto ter illustrasie

Die e-posadres waarna lede van die publiek hul kommentaar oor die Wysigingswetsontwerp oor Vuurwapenbeheer moet stuur, ondervind afleweringsfoute.

Maroela Media het verlede week berig lede van die publiek word versoek om kommentaar te lewer oor die Wysigingswetsontwerp oor Vuurwapenbeheer waarvolgens lisensies vir vuurwapens onder meer nie vir selfverdediging uitgereik mag word nie.

Vrystaat Landbou (VL) sê egter nou verskeie mislukkings om klagtes te lewer het intussen onder sy aandag gekom. Die organisasie het reeds ʼn brief aan die sekretaris van die polisie gestuur waarin hy sy kommer oor die kwessie uitspreek.

Die prokureursgroep MJ Hood & Associates het ook ʼn brief aan die sekretaris van die polisie gestuur rakende die elektroniese afleweringsfoute.

Francois Wilken, president van VL, sê elektroniese insette bied tans die belangrikste openbare kommunikasiekanaal aangesien die land hom nog in die greep van die nasionale ramptoestand bevind.

“Die huidige situasie ondermyn die hele proses,” verduidelik hy.

VL hou vol die wetsontwerp laat die landelike en landbougemeenskap ernstig blootgestel.

Die organisasie sê hy sal dus, indien nodig, persoonlik kommentaar lewer op die Wysigingswetsontwerp oor Vuurwapenbeheer indien sy lede weens tegnologie-struikelblokke verhoed word om dit te doen.

VL het intussen ʼn skakel vir dié doel op sy webwerf beskikbaar gestel. Lede van die publiek kan dit voltooi om te verseker dat diegene wat teen die wetsontwerp gekant is se stem wel gehoor word. Die voorleggings sal deur VL by die sekretariaat van die polisie ingedien word.

“Ons moet toesien dat die openbare stem hieroor geensins geïgnoreer word nie,” sê Wilken.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Persheks Adri ·

Hoe gerieflik en kon dit verwag het! Dankie VL ons almal waardeer dit opreg en is besig met die wysiging op die wet punt vir punt met feite natuurlik sodat ons teen elke 1 kan kommentaar lewer en bietjie breinselle skud! Ons stemme moet beslis gehoor word!

Gert ·

Die vl se skakel werk nie this site could not be reached ip adress not found

KB ·

Nou HOE het hulle hul brief gestuur? Per e-Pos, of per poskantoor (wat toegemaak het)? Dalk per mikstok?

Alleen Wolf ·

Dis net nog ‘n poging om hulle absurde wetsontwerp te laat slaag deur ons te probeer stil hou.

Jannie ·

Maroela media, die “skakel” in die artikel werk nie. Of die VL se webwerf is foutief. Kyk asb daarna.

Jannie ·

ALMAL, ongeag of jy op hierdie stadium a wapen besit of nie, moet hierteen skop op alle maniere wat hulle kan. Skryf briewe, e-posse en neem deel aan petisies waar okal moontlik. Al besit jy nie nou ‘n wapen nie, jy gaan dalk een moet besit in die toekoms, of selfs jou kinders gaan dalk moet, of hulle kinders. So dis in ons almal se hande om nou iets te doen sodat ons kan sorg dat ons in die toekoms maniere beskikbaar het om onself te beskerm. Dis al klaar noodsaaklik want die SAPS is niks werd nie, hulle raak net slegter by die dag.

Anoniem ·

Gemanipuleerde “afleweringsfoute” sodat die wetgewing sonder teenstand deurgevoer kan word.

twaalfboor ·

Wie is die “aflewerings netwerk”…… Die Poskantoor?

Menan ·

Soos Gert hieronder gesê het, as mens op SKAKEL kliek, werk die site nie. Wie ookal betrokke is, maak seker dat ons nie kan stem nie. So eenvoudig.

marius ·

Diegene wat hul sin kry in die hool maak nie gebruik van rekenaars en slimfone nie . Hulle ruk op by die duisende en begin brand . Dis al wat werk .

Josua ·

Kry n onafhanklike epos adres waarheen die eposse en briewe gestuur kan word kry Afriforum of Solidatiteit om hulp aan te bied heirmee, hulle staan altyd op vir mense regte so waarom ook nie hier bystand lewer nie.

Pieter ·

Ons as opposisie kan DIE mos as grondige rede gebruik om die hele proses as ongrondwetlik te verkklaar siende mense nie kommentaar kon lewer nie. Gelukkig verwag ek nooit iets goeds van anc nie, en hulle stel my nooit teleur nie.

Willem ·

Dit sou lagwekkend gewees het as dit nie so ernstig was nie…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.