Wysiging aan wetgewing oor dagga goedgekeur

(Foto: Sakchai Lalit/AP)

Terwyl die stryd voortduur om die verbod op die verkoop van tabakprodukte tydens die afsonderingstydperk te laat ophef, het die kabinet die Wetsontwerp op Kannabis vir Private Doeleindes goedgekeur. Dié wetgewing dekriminaliseer die private gebruik van dagga (marijuana) en stel die hoeveelheid vas wat mense wettig mag besit.

Die wetsontwerp gee uitwerking aan ʼn uitspraak van die Konstitusionele Hof wat dele van die Wet op Dwelms en Dwelmsmokkelary en die Wet op Medisyne en Verwante Middels nietig verklaar het. Die uitspraak is twee jaar lank opgeskort om LP’s kans te gee om die gedeeltes wat die hof ongrondwetlik verklaar het, te vervang en bepalings oor die persoonlike kweek en groei van dagga op te stel.

In terme van die konsepwetgewing bly die rook van kannabis in die openbaar onwettig, maar die private gebruik daarvan word toegelaat. Volwassenes mag tot 600 g kannabis besit en ʼn maksimum van 1,2 kg per huishouding word toegelaat. Die beperking van openbare besit is 60 g.

Die koop en verkoop van sogenaamde smokkelbare hoeveelhede dagga bly ʼn strafregtelike oortreding en tronkstraf kan daarvoor opgelê word.

Die wettiging van wat reeds baie lank ʼn algemene dwelm in Suid-Afrikaanse kultuur is, geniet onder meer die openbare steun van die minister van finansies, Tito Mboweni, wat sê hy is gretig om die ekonomiese moontlikhede van die kweek daarvan te ontsluit. Hy meen dit kan tot R4 miljard tot die ekonomie bydra.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Persheks Adri ·

Die redenasie vermoë gaan my verstand te bowe! Ons mag nie rook nie, maar dagga mag ons hê! Oe ee ee aikona ne ons wil sigarette rook nie dagga nie. Kopdoek se vingers mos diep in daai sakke ook

Mariana ·

Ja nee dis moeilik om te verstaan, daar gaan nou zolbegoldes oral wees en moenie van die kriminele elemente vergeet nie, nou gaan dit lekker gaan. Die regering het nog nooit in die laaste 25jr goeie besluite geneem nie. Die land is regtig nou in die moddersloot.

JohanR ·

Dis nou lekker! Jy kan heel dag en heel nag aan ‘n dagga stompie trek, maar nie aan ‘n sigaret nie. Dink die NCCC trek al van 26de Maart aan dagga stompies. Hulle voorraad is onder die Kopdoek weg gesteek! “Hy meen dit kan tot R4 miljard tot die ekonomie bydra”. Ou Tito dit is maar ‘n drippel in ‘n emmer met verluiking wat verlore gegaan het met sigarette verkope. Maar daai het blykbaar nie vir jou saak gemaak nie!

Johann ·

Sjoe Mev Zuma Waar is jou stem nou Jy is so antie rook, maar met jou stil swae keur jy die gebruik van dagga goed Jy kan tronk toe gaan as jy ‘n pakkie smokkel sigarette in jou sak het, maar as jy ‘n dagga zol het is jy ok

Prikkie ·

Nou ja Tito, as jy daai 4 miljard kan inkry en die wat uit tabakprodukte verdien kan word, dan rook ons ou volkie die land sommer uit ‘n depressie uit!

Gert ·

As mens dit nie mag koop of verkoop nie, WAAR GAAN JY DIT KRY???????????

Niel ·

mens kan saadjies bestel op die internet.. of dalk iemand wat iemand ken wat ‘n saad het

marius ·

Net by sekere kaders wat volgende week aangewys gaan word . Hou maar dop .

Niel ·

interresant… dagga word ook beskou as medisyne wat help teen kanker en al daai goed. Natuurlik sal ek eerder dit so wil gebruik sonder om “high” te raak. Soos bv blare in tee gooi en dan wag dat dit trek. Daarna dit drink. Daar is egter sekere stappe wat mens moet volg. Dan kom daar ook die ander voordele van biodiesel wat mens uit dagga kan kry (deels hoekom dagga in die vroee jare verban is agv hierdie voordele.) Klere kan van dagga gemaak word ens ens. So op hierdie trant is ek opgewonde. Daar’s self ‘n huis gebou met dagga wat verwerk is tot bakstene.

Gemaskerde Sopbeen ·

Ag mens dit gaan nvan nou af hemels wees.
Ek gaan nou maar ‘n paar saadjies in die hande kry en ‘n ou lappie grond hier agter regkry en versôrre.
Dink net, ek sal oor al die korrupsie, misdaad, gestelery en slegte nuus net lag en daarvan vergeet.
HeeHa

Scalla ·

Sopbeen, my tuin engineer het by my geplant en lekker bemes, staan al knie hoogte, praat met my indien nodig

Adeline ·

Wel as ‘n mens nie mag rook nie (ook nie drank drink nie) dagga is nou ‘n lekker ding – jy rook en raak sommer dronk en van jou kop af want dit is ‘n verdowingsmiddel.
Daar is wetenskaplik bewys (doen navorsing) dat as jy op 5 jaar of watter ouderdom begin dagga rook jou emosionele area in jou menswees stop om te ontwikkel – daarom kry jy grootmense wat soos ‘n kind optree wat dagga rook – kan geen druk of verantwoordelikheid hanteer nie. Die voos vrot korrupte anc regering wil graag hê die hele land se bevolking van alle rasse moet soos zombies wees om te doen wat hulle sê -pionne op ‘n skaakbord. Nou kom die rook verbod se rede sterk na vore

Leeuwyfie ·

Hoe word dit gereguleer? Jy kan vinnig alkohol toets, is daar so vinnige toets vir dagga ook? Wat is die limiet? Dagga, soos alkohol verander jou denkvermoë en bui, hoe kan dit meer wettig wees as sigarette? Alles is vinnig agterstevoor en onderstebo.

Nozi ·

Ai mensies, ons moet nie kla nie. Die daggazol is nou ‘n 2 in 1. Ons mag nie sigarette rook nie en ons mag ook nie alkhol gebruik nie. Net 1 zol dan is jy mos nou op ‘n lekk high en gerook. En daarna gee niemand meer a duit om oor die sigaret of alkhol ban nie. LOL!!!!
Ons ou land vol sepies, kan ook maar net lag.

marius ·

Jy kan dit rook maar nie tabak nie ? Jy mag dit nie verkoop nie maar R4 miljard aan inkomste ? Is hierdie mense totaal brein gestremd ?

AndrewL ·

Weereens een van daardie tipe wetgewing wat onmoontlik is om toe te pas.

Tabakprodukte maag nie aan persone onder 18 verkoop word nie, maar hul mag dagga rook dat die wolkoppe skeef staan.

Mense gaan onder die invloed bestuur en werk en swaar masjienerie hanteer – maar neewat dis mos OK!!!

Kom ek maak hier ‘n voorspelling wat voortspruit uit ervaring. Skole en universiteite gaan onregeerbaar word. Aanrandings daar en in die huis gaan kwaai toeneem. Verkragtings gaan verder toeneem. Mediese hulp aan persone wat die twakkies gebruik gaan kwaai toeneem en net so diefstalle en ander geweld

AndrewL ·

Ek verstaan dagg baie beter as wat jy dink. Meer as 40 jaar se ervaring van mense wat die goed rook

PH ·

Nou verstaan ek nog minder. Een van die redes hoekom gordynkop tabak verbied het , was omdat hulle zolle deel. Nou is dagga (zolle?) wettig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.