Wysiging van visumregulasies verwelkom  

Malusi Gigaba, minister van binnelandse sake. Foto: GCIS

Die Wes-Kaapse handelsbevorderingsagentskap Wesgro het Dinsdag Malusi Gigaba, minister van binnelandse sake, se aangekondig dat bestaande visumregulasies aangepas sal word om toerisme ʼn hupstoot te gee, verwelkom as “ʼn stap in die regte rigting”.

Gigaba het aangekondig wysigings sal insluit ʼn opdatering van visumregulasies vir sakelui van twee Brics-lande wat tans visums vereis – Indië en China – en dat dit voortaan makliker sal wees vir sakelui van dié lande om visums te bekom. Hierdie mense sal binnekort in aanmerking kom vir tienjaar-visums met meervoudige toegangsgeleenthede tot die land en sal slegs vyf dae nodig hê om aansoek te doen.

Die nuwe reëlings sal ook voorsiening maak vir binnelandse sake om die biometriese besonderhede vir dié wat daarvoor in aanmerking te verreken by hul aankoms in Suid-Afrika. Gigaba het gesê die nuwe reëling is daarom gemik om sakelui en beleggings na Suid-Afrika te lok in die lig van die “stimuluspakket” wat pres. Cyril Ramaphosa Vrydag aangekondig het.

Onderhandeling word tans gefinaliseer rakende visum-kwytskeldingsooreenkomste vir lande insluitend Kuba, Palestina, die VAE, Ghana, Koeweit en Marokko.

Wesgro het gesê baie van die veranderinge wat in 2014 geïmplementeer is, het ʼn negatiewe impak op die getal buitelandse besoekers in Suid-Afrika gehad, wat nie net toerisme geaffekteer het nie, maar ook sakereise en die vermoë van maatskappye om kritieke vaardighede te lok om te groei en op ʼn globale skaal kompeterend te wees.

Tim Harris, Wesgro se uitvoerende hoof, het gesê gemaklik reis en beweging oor landsgrense is ʼn fundamentele boublok van die wêreldekonomie. “Ons lewe in ʼn geïntegreerde wêreld waar goedere, dienste, verkrygingskettings, sakevernuf, navorsing, vermaak en onderwys oor nasionale grense strek,” het hy gesê.

“Indien Suid-Afrika relevant en kompeterend in die geïntegreerde globale ekonomie wil bly, kan ons nie versperrings vir besoekers stel nie. Ons moet dit makliker maak vir mense om na Suid-Afrika te kom, terwyl daar steeds streng sekuriteit by die grense gehandhaaf word.”

Wesgro het gesê hy is van plan om ʼn vergadering vir visum-belanghebbendes te belê sodat daar meer inligting oor die wysigings met Wes-Kaapse ondernemings gedeel kan word en sodat ondersteuning aangemoedig kan word om hierdie veranderinge te implementeer.

Patricia de Lille, burgemeester van Kaapstad, het ook die verslapping van visumregulasies verwelkom en gesê dit sal besoekers aanmoedig om die stad en Suid-Afrika te besoek.

“Dit sal lei tot sterker handelsbande met lande en stede reg oor die wêreld. Ons weet die wêreld skuld ons niks nie en ons moet dit makliker maak vir toeriste en beleggers om ons land te besoek, terwyl ons bou aan ʼn globaal-kompeterende en vooruitstrewende Kaapstad,” het sy gesê.

Alan Winde, provinsiale LUR vir ekonomiese geleenthede, het gesê toerisme is ʼn noodsaaklike deel van die Wes-Kaapse ekonomie en vorige visumregulasies het ʼn skadelike effek op dié sektor gehad. “Die veranderinge wat aangekondig is, indien dit behoorlik geïmplementeer word, sal help om die sektor te stabiliseer en verseker dat ons daarop kan fokus om die ekonomie te laat groei en meer werksgeleenthede te skep,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Leeutjie ·

Streng sekuriteit by die grense??? Ek wil lag maar dis nie n grap nie!!

Se maar net ·

Haha kry my visum binne 5dae en gaan bele $5miljoen in suid afrika en met die anc se swak regering val my geld se waarde of word daarop beslag gelee deur die regering omdat ek nie voorheen benadeel was nie. Prioriteite mense!!!!!

ES ·

Hulle maak dit net makliker vir nog Chinese om die land binne te kom…

Apie ·

Dus die gedagte is dat hierdie reeling “toerisme en sakebelange gaan bevorder uit lande soos Kuba, Palestina, Ghana en Marokko”. Die ou wat dit uitgedink het moet beslis sy kop laat lees.

Elred Ferreira ·

Die stimulus pakket is n grap,jy kan nie die ekonomie aan die gang kry vanuit n Sosialistiese raamwerk en wetgewing nie,maar daar sal n paar dommes wees wat sal glo dinge sal verbeter.

Blondie ·

Daar word gesê die land behoort aan almal wat hier woon! Met ander woorde dit sluit onwettige immigrante ook in! Die stimulus pakket is seker om hulle te verwelkom! BELAGLIK VERBY!

AgAsseblief ·

Wat gaan die ander burgers hier kom doen van die ander lande? Kom belê? Nee ek dink hulle gaan nog winkeltjies oral oopmaak, kyk elke tweede straat blok in die stede het seker 3 of 4 ” Barber Shops “. Die mense gaan heerlik hulleself kom inwurm en hier vestig, en saam hulle nog familie saamsleep, en hulle gaan nie padgee nie. Die sogenaamde ” vreemdeling haat ” gaan in die ” townships ” net meer vererger.

WW ·

Ek slaan my hande saam!! Is ek die enigste een wat moeilikheid sien met die lande vanwaar hierdie sogenaamde sakelui die land makliker moet kan binnekom….??

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.