Wysigings aan Skolewet ‘staatsgreep’ teen ouers

Gr. 1’s is op pad klas toe. (Foto: Megan Swart/Maroela Media)

Die DA het beplande wysigings aan die Skolewet, wat bepaal dat ʼn skool se taal- en toelatingsbeleid deur die provinsiale onderwysdepartement goedgekeur moet word, as ʼn “staatsgreep teen ouers” bestempel.

Die wysigings is die afgelope week aan die parlementêre komitee vir basiese onderwys voorgelê. Dit bepaal onder meer dat die hoof van ʼn betrokke onderwysdepartement die mag het om ʼn skool se taal- en toelatingsbeleid ter syde te stel.

Baxolile Nodada, die DA se skaduminister vir onderwys, sê dié bepaling ontneem die beheerliggaam van bestaande magte en maak dit inderwaarheid makliker vir “ANC-kaders” soos Panyaza Lesufi om hul oorlog teen skolebeheerliggame en moedertaalonderwys voort te sit.

“Die wysigings gee Lesufi, LUR vir onderwys in Gauteng, die mag wat hy nog altyd wou gehad het, naamlik om enige skool in sy provinsie se taalbeleid te mag verander. Dit gee LUR’e ook die mag om enige twee skole te laat saamsmelt om hierdie nuwe skool se naam te bepaal,” sê Nodada. “Daar bestaan by my geen twyfel nie dat hy hierdie wysigings gaan misbruik om Afrikaanse skole, wat hy só haat, uit te roei.”

Hoewel die wysigings bepaal dat die beheerliggaam in die proses ingelig moet word en dat gemeenskappe teen ʼn bepaalde besluit kan appelleer, berus die finale besluit steeds by die onderwysdepartement.

Maroela Media het in Desember reeds berig dié bepalings skep nog ongemaklikheid en dat die beheerliggaam se magte só uitgedaag kan word. “Die beplande wysigings skep die moontlikheid vir konflik tussen twee staatsdepartemente, naamlik die beheerliggaam en die onderwysdepartement,” het ʼn advokaat van Pretoria, wat spesialiseer in onderwysreg, destyds aan Maroela Media gesê.

Nodada wys daarop dat skole wat jaarliks uitstekend presteer juis dié skole is waar skoolgemeenskappe ʼn aktiewe rol in die onderrig van leerders speel. “Beheerliggame moet bemagtig word om skole beter te bestuur, eerder as om dié wat presteer, te straf.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

10 Kommentare

jongste oudste gewildste
Pieter

Dit maak my so die dinges in. Ons vorseer nie swart skole om ons kinders in te neem, en in Afrikaans te onderrig nie. As julle nie julle skole afbrand en plunder nie, sal daar plek wees vir almal, en om nderrig in sy eie taal te ontvang, maar dis mos maklikker om net aan te beweeg na die vogende skool, en dit ook op te neek nie.

Jacobus

Weer die tipiese ANC gedrag, iets wat werk, moet afgebreek of vernietig word. Enigiets in die land want werk of nog funksioneel is, is ‘n doring in die ANC se vlees. Hulle kan niks bestuur wat werk, kan net chaos en vernietiginh skep, en daarop floreer.

minnie muis

dis omdat wit skole presteer en sy kleur skole dop en sy kleur dan nerens kom nie, as ek se hoe ek voel haal mm my af

Richard

Hulle sal nie ophou voor alles verwoes is, of alle standaarde verlaag is tot hulle uiters lae standaarde nie.

AmY

Ek wens daar was geld om elke liewe Afrikaanse skool te privatiseer.