Xander Bylsma: Bekentenis, uitwysings voorlopig toegelaat

Xander Bylsma voorheen in die hof. (Foto: Tania Heyns/Maroela Media)

Xander Bylsma (20) se bekentenis en uitwysings wat hy destyds ná die moord op Sharnelle Hough (17) en haar boesemvriendin Marna Engelbrecht (16) gemaak het, is vandeesweek voorlopig toegelaat.

Bylsma het Donderdag weer in die hooggeregshof in Mmabatho verskyn waar regter Ronald Hendricks sy uitspraak in die binneverhoor gelewer het.

Conrad Bester, Bylsma se prokureur, het aan Maroela Media gesê Hendricks het beslis dat die twee verklarings wat Bylsma verlede jaar kort ná die moorde aan die polisie gemaak het asook die uitwysings wat hy op die moordtoneel gedoen het, voorlopig toegelaat sal word.

Bester het beklemtoon dat dit slegs voorlopig is en dus nie finaal nie.

Die saak sal vanaf 25 November tot 6 Desember weer voortgesit word wanneer die staat sal voortgaan om sy getuienis in die hoofverhoor te hervat. Die binneverhoor is nou afgehandel.

Maroela Media het vroeër berig Bylsma hou vol hy is destyds gedreig en aangesê om die bekentenis te maak en dat hy onskuldig is. Bylsma bly in aanhouding.

Sharnelle Hough (17), links, en Marna Engelbrecht (16). Foto: Via Facebook

Sharnelle en Marna, albei gr. 11-leerders aan Hoërskool Stella, is op 25 Mei verlede jaar dood in hul skoolkoshuis aangetref.

Sharnelle se liggaam is aangetref waar sy aan ʼn nylontou aan die trapreling gehang het. Marna se liggaam is kort daarna in die badkamer aangetref. Sy is moontlik verwurg en daar was ʼn handsakband om haar nek.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Christine ·

Hy skuldig wys geen emosie sluit toe en gooi sleutel weg.Sterkte aan meisies se ouers hoop dit kom gou tot n end hy boet en hul kan aangaan met hul lewe en nie die seer elke keer van vooraf te hoor.

Nick ·

Ag hy is skuldig, jammer mens moet soveel geld betaal sodat n moordenaar lekker in die tronk kan sit, dieselfde as met die Steenkamp moorde, plaas hy sy punch soos n man vat!!!!

Christo Erasmus ·

Doodstraf niks anders gaan gewelds misdade stop nie!!!!

Koos Roos ·

Christo, ek het gister iets gelees op Twitter:
People calling for the death penalty, I’m confused. You keep telling me how dysfunctional, corrupt and cynically neglectful this government is. So your solution is to give it the power to kill you.
Dink bietjie daaroor…

CabyTheron ·

Ja, prokureurs moet geld maak, maar dit is mos maar die ouers wat opdok. Ek het gelees dat sy pa sy plaas in die mark gesit het. Dit laat mens wonder of hy die geld gaan aanwend vir regskoste. Die arme ouers betaal dubbel en dwars met pyn, bekommernis en baie geld!

blouapie ·

Siestog! ONSKULDIG se jy??? Hoop die tronksleutel raak weg….

Ja raait ·

As ek nie skuldig is nie gaan niemand my dwing om te sê ek is nie… wat is nou die ergste wat hulle aan hom kon doen om ‘n bekentenis onder dwang te maak. Ooglopend net ‘n taktiek om nie te boet vir sy dade nie.

Chris ·

Hy het genoeg tyd ol hand om daai ander twee onskuldige veroordeelde se sake te bestudeer . Ek wonder net hoekom het al die vorige regsverteenwoordigers die skip verlaat gewete miskien ?

Gatiep ·

Koos Roets,
Ek dink jy het die kat aan die stert beet.Wie is die hoogste porporsie van die samelewing wat die doodstraf gaan kry? Dink n bietjie.

Santjie ·

Klink of die outjie op ‘n smartie boks sit soos hy elke keer sy “mind change”

Die Reg ·

Hoekom moet dit so lank vat?
HOPELIK is die regter nie omkoopbaar nie want as dit by WIT MANS kom, vou die regters MOS MAKLIK as daar geld is.
Dink nie die outjie het geld nie, maar dit word nogsteeds so uitgerek!
Ons land se regsisteem is ‘n joke…

Ekke ·

Hy smelt klaar weg soos sy gewete hom pla. Die helfte van wat hy was!

Willem ·

Hy toon omtrent dieselfde insig as wat ‘n mens sien in eff kommentaar

Hanlie ·

Pleks die mannetjie net erken wat hy gedoen het en sy straf vat soos ‘n man. Hy spring nou rond soos ‘n kat op ‘n warm sinkplaat. Sit gaan hy sit. Pleks spaar hy sy ouers nog verdere hartseer en vernedering.

Alida ·

Koos Roets as jy nie iemand doodmaak of verkrag nie kan niemand jou hang nie. Moordenaars watter kleur ookal moet gehang word.

Niklaas ·

Hierdie knaap het wrede dade gepleeg en nou ontken hy als. Kastig onskuldig. Daar was duidelik geen ander moontlike aanvaller nie. Lang tronkstraf wag op hom. Geen simpatie met hom ,maar sy arme ouers gaan sekerlik deur bitter moeilike tyd.

Anoniem ·

Doen die crime en dan wanneer hulle tronk toe gaan en dit ervaar is hulle altyd onskuldig net soos oscar !!!!!!!

BYTJIE ·

Ek glo hy is skuldig en wat hy gedoen het is verkeerd……maar ek wonder wat het hom gedryf tot sy dade. Ek glo nie vir een oomblik die twee meisie kinders was so onskuldig soos almal hulle uitmaak om te wees nie…..iets is “fishy” oor die hele storie dat hulle by die koshuis was, ek kry die idee die twee het ander planne gehad vir die naweek ….my hart gaan uit aan al drie kinders se ouers

Gwen ·

Bytjie, miskien moet jy liewers heuning maak want jy praat snert. Hoe de duiwel kan jy sulke onsin praat. Twee onskuldige pragtige jong meisies is wreed vermoor en jy weet glad nie wat gebeur het nie want jy was nie daar nie. Wie dit ookal gedoen het is nie menslik nie, en om sleg te praat van mense wat jy nie eers ken of geken het nie, spreek boekdele. Hier is niks “fishy” nie. Wat hier wel is, is ‘n skurk in die verhaal.

Veerpyltjie ·

@Bytjie, wat hy gedoen het is meer as verkeerd! Hy behoort nie ooit in sy lewe die buitekant van die tronk te sien nie. As jy ander berigte oor hierdie moord gelees het, sou jy sien dat die “fishy” ding was dat sy meisie hom afgesê het en hy kon die verwerping nie aanvaar nie. Al was die meisies nie so onskuldig nie, het hulle nie verdien om met hul lewens daarvoor te boet nie! Hy verdien om ook sy lewe te verloor, maar vir eers moet hy maar twee keer lewenslank sonder parool sit (ek hoop!!)

SjN ·

Was hy fisies en liggaamlik in staat om man alleen die 2 in een gebou te vermoor? Hoop waarheid seëvier.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.