Xander Bylsma dán weer in die hof

Xander Bylsma gedurende ‘n vorige hofverskyning. (Foto: Tania Heyns/Maroela Media)

Die veroordeelde moordenaar Xander Bylsma (21) het wel vanoggend in die hooggeregshof in Mmabatho in Noordwes verskyn waar sy vonnisoplegging tot Augustus vanjaar uitgestel is te midde van die Covid-19-pandemie.

Sy ouers, Monté en Mercia Bylsma, was ook in die hof om hom by te staan, het Conrad Bester, Bylsma se prokureur, aan Maroela Media bevestig.

Volgens Bester is die saak vanoggend vir 5 tot 7 Augustus op die hofrol geplaas vir vonnisverrigtinge. Hy bly tot dan in aanhouding by die Rooigrond-gevangenis.

Maroela Media het vroeër berig Bylsma is in Februarie vanjaar skuldig bevind aan die moord op sy voormalige vriendin Sharnelle Hough (17) en haar boesemvriendin Marna Engelbrecht (16).

Xander Bylsma en sy ouers gedurende ‘n vorige hofverskyning. (Foto: Tania Heyns/Maroela Media)

Hough en Engelbrecht is gedurende die nag van 25 en 26 Mei 2018 in die hoërskoolkoshuis op Stella vermoor. Hough se liggaam is die oggend van 26 Mei aangetref waar sy met ’n tou om die nek aan ’n trapreling gehang het. Engelbrecht se liggaam is in ’n badkamer met ’n handsaklus om haar nek aangetref.

“Die bewyse vertel ’n verhaal van gemengde gevoelens, jaloesie, teleurstelling en wraak,” het regter Ronald Hendricks vroeër vanjaar gedurende sy uitspraak gesê.

Volgens Hendricks is dit duidelik uit die bewyse in die binne- sowel as die hoofverhoor dat dit Bylsma is wat die meisies vermoor het en nié Brandon Victor, Sharnelle se kêrel ten tyde van die moorde nie. Bylsma het tydens die verhoor beweer Victor is die skuldige.

Lees alle berigte oor die saak op Maroela Media hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Plaaskind ·

Ek sal bly wees as die saak ook nou tot einde kan kom en Xander kan begin om sy straf (Hopenlik 3x Lewenslank) te begin uitdien.

Jean ·

Ek het die saak nie regtig gevolg nie, maar as ek reg onthou was daar iemand anders se DNS onder haar naels. Kon hulle bevestig wie se DNS dit wel was?

LD ·

@Jean – die DNS wat onder haar naels gevind was is die van haar kerêl Brandon Victor. Daar is gesê dat sy puisies op rug uit gedruk het die aand van die moorde maar hy is reeds weg by die koshuis toe die moorde plaas gevind het.

Johan ·

Hoe het hy dit alleen gedoen…ons sal seker nooit weet nie.

lollapot ·

My hart gaan uit na AL 3 hierdie ouerpare . . . mag God julle sterk maak!

Sarel ·

My hart en simpatie gazn uit na elke ouerpaar hier y betrokke. Mens bid nie jou kind enige van die toe nie

Nico ·

Wat Xander gedoen het was verkeerd in die oë van die Here en moet gestraf word. Ons moet realisties wees, hoe weet ons wat het hom daartoe gedryf om die moorde te pleeg, ons mag nie veroordelend wees nie, Xander kan nog gered word, Jesus het hom nog steeds lief. Wat het in Lukas 23:41-43 ,et die rower wat saam met Jesus aan die kruis vas geslaan was, “sy woorde was gewees, Here, dink aan my wanneer U in U koninkryk kom, Jesus antwoord hom en sê vandag sal jy saam met My in die Paradys wees. Weet ons regtig hoe die ouers voel, nee ons weet nie, al wat ek kan doen is om my innige meegevoel te betuig aan die ouers en aan hulle alle sterkte en sëen toe wens in hierdie moeilike tyd. Dan wil ek net sê kyk hoeveel tyd het die howe besteë terwyl die ouers in rou was. Wat het geword van al die plaasmoorde niks.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.