Xander Bylsma se verhoor begin

Xander Bylsma in die hof. Skuins agter hom sit Rianette Engelbrecht, Marna se ma. Foto: Mia Spies/eNuus

Die verhoor van Xander Bylsma (19), die jong man wat aangekla word van die moord op die vriendinne Sharnelle Hough (17) en Marna Engelbrecht (16) in hul koshuis op Stella in Noordwes, begin Maandag.

Die verhoor is van 4 tot 8 Maart en weer van 11 tot 15 Maart in die Mmabatgho-hooggeregshof geskeduleer. Bylsma sal intussen in aanhouding bly in die Rooigrond-gevangenis.

Bylsma het met sy hofverskyning verlede maand in sy blou T-hemp en pet aansienlik maerder gelyk as toe hy in Mei verlede jaar in hegtenis geneem is. Skuins agter hom het Rianette Engelbrecht, Marna se ma, in die hof gesit.

Maroela Media het vroeër berig Sharnelle en Marna, albei gr. 11-leerders aan Hoërskool Stella, is op 25 Mei verlede jaar dood in hul skoolkoshuis aangetref.

Sharnelle se liggaam is aangetref waar sy aan ʼn nylontou aan die trapreling gehang het. Marna se liggaam is kort daarna in die badkamer aangetref. Sy is moontlik verwurg en daar was ʼn handsakband om haar nek.

Die meisies, albei in gr. 11 aan dié hoërskool, was veronderstel om dié Saterdagoggend die skoolbus te haal om sport op Koster te gaan kyk en het daarom met die skool gereël om in die koshuis oor te slaap terwyl die ander koshuismeisies vir die naweek huis toe was.

Sharnelle Hough (17), links, en Marna Engelbrecht (16). Foto: Via Facebook

Die polisie het vroeër verduidelik die koshuis by die hoërskool is in twee vleuels verdeel, een vir seuns en een vir meisies.

Die seuns het in die koshuis oorgebly vir die volgende dag se sport, maar die twee meisies was alleen in hul gedeelte van die koshuis. Die koshuismoeder was wel daar, maar sy beweer die meisies het haar versoek om die veiligheidshek vir hulle oop te laat aangesien hulle glo gewag het vir iemand om vir hulle klere te bring.

Toe hulle nie die oggend die bus haal nie, het die koshuismoeder na hulle gaan soek en op Sharnelle se liggaam afgekom. Die polisie is ontbied en Marna se liggaam is in die badkamer aangetref.

Sharnelle en Marna is Saterdag vermoedelik tussen 02:00 en 03:00 vermoor.

Die polisie het aanvanklik ʼn geregtelike doodsondersoek van stapel gestuur om vas te stel of vuilspel betrokke was, maar dit is spoedig na moord verander. Die enigste verdagte tans in die ondersoek, Bylsma, is dieselfde dag by sy huis in Stella in hegtenis geneem. Bylsma en Sharnelle was voorheen in ʼn verhouding, maar het uitgemaak.

Lees alle vorige berigte oor die saak op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Veritas ·

Die seun sit daar in die hof met ‘n uitrukkinglose gesig en vir my is dit vreemd. Indien hy onskuldig was, sou hy seker woedend gewees het en dit behoort op sy gesig te wys. Eensgelyks sou hy bang voorgekom het indien hy skuldig was. Hierdie is nie normale optrede nie.

Abe ·

Veritas,
Hy verkry toegang tot n meisieskoshuis onder valse voorwendsels om +/- 2:00 die nag, hy skep vir homself die geleentheid om 2 meisies te verwurg sonder dat hulle van mekaar se lot bewus is, hy skep omstandighede om dit na selfmoord te laat lyk, hy gaan huis toe asof niks gebeur het nie. Is daar iets wat ons van die man weet wat redelik normaal is?

bees ·

Veritas,sit vir n paar maande in Rooigrond gevangenis dan kyk ons wat se uitdrukking het jy op jou gesig.

KL ·

Nie eens die basiese respek om jou hoed af te haal binneshuis nie.

GRIET ·

?Dis netsoo VERSKRIKLIK tragies, 3 jonglewens opgemors vir ewig…?
BAIE baie sterkte aan AL die families, hierdeur geraak…??

GRIET ·

Haai,toe nou ou cherokee’tjie!! ?
Jys klink happerig,wat is fout met JOU?
NATUURLIK is 2 mense reeds dood en jy voorsien ñ WONDERLIKE POSSITIEWE TOEKOMS vir Bylsma??????
Om nie eers vani familie se smart alkante te praat nie…DINK JÝ MOET EERDER BESIN OOR JOU HAPPERIGHEID

Eunice ·

Cherokee,natuurlik is die betrokke 3 mense waarvan 2 reeds dood is, blatant opgemors vir ewig GRIET is reg

SjN ·

Tragies, was hy man alleen betrokke om dit te kon doen? Hoop waarheid seevier en sterkte aan almal betrokke.

Anoniem ·

Niemand weet wat het daardie dag gebeur nie, almal kan opinies lewer en dink wat het gebeur, gebasseer op inligting verskaf deur die media maar God alleen kan die waarheid laat ontsyfer, sodat geregtigheid kan geskied en die families kan rus vind in die feit dat die verantwoordelike persoon boet vir die onmenslike daad!! Want al die spekulasie en komentaar en gebeure verleng hul rou proses maak die emosie en onsekerheid nog meer dit vlek daai rou wond al hoe dieper!!! So mag hierdie saak gou opgelos word sodat die familie rustigheid kan kry en die hoofstuk sluit en kan treur en die wonderlike mooi oomblikke saam hul dogters kan onthou

ano ·

Hoe eensaam lyk Marna se mamma daar in die agtergrond :( Ek hoop hy word nooit ooit weer vrygelaat nie. Hy kan maar nog maerder word – GEEN simpatie met hom nie

jaco ·

iemand moes vir hulle klere bring. WAAR is daardie iemand dan nou? As sy uitgemaak het met Xander en as al die stories oor hoe abusive/dominerend hy oor haar was, regtig waar is, is dit onmoontlik dat hy daardie iemand sou wees. waarom sou sy hom dan weer wou sien as sy die een is wat hom gelos het?

Vra maar net ·

Is ek blond? How oud is die seun? Wonder of hy regtig Allen was want om 2 meisies te hang/wurg?Help my reg asb

Abe ·

Vra maar net,
Hy was 19 toe die moorde gepleeg is. Ja so ver ons nou weet het hy alleen opgetree. Onder valse voorwendsel om +/- 200 toegang verkry tot die koshuis, 2 meisies met sy kaal hande verwurg sonder dat hulle van mekaar se lot geweet het, toestande geskep het dat dit na selfmoord lyk en huis toe gegaan asof nils gebeur het nie.

GM ·

Die outjie lyk so tingerig, dit laat mens wonder of hy alleen kon handel.
En watse tipe koshuismoeder laat toe dat die plek nog 2 uur, 3 uur oopstaan? Sy kon mos maar 9 uur se kant gaan kyk het dat als toe is. Wie sal klere ná dit bring?

Nel ·

Ek het ook al gewonder hoe een persoon dit kon regkry om twee meisies te verwurg sonder dat die koshuismoeder of wie ookal dit kon hoor?
Volgens ‘n artikel in 28 Februarie se Huisgenoot het haar nuwe vriend ene Brandon Victor, ook ‘n koshuisganger, glo vertel dat Zander vir Sharnelle daardie aand voor die moorde sou klere bring…
Sal maar die hofverrigtinge volg om agter die kap van die ‘byl’ te kom.

jaco ·

amper almal vra hoe kon net 1 ou hierdie 2 moorde so kort na mekaar pleeg en almal wonder of nog iemand betrokke was. MAAR my kommentaar dat dit n vinnige “veroordeling” van n wit naasbestaande van die slagoffers is, sonder om die ware moordernaar(s) te soek (weens politieke korrektheid) word afgeskiet.

JJ ·

My hart gaan uit na al die ouers en families wat deur hierdie tragiese gebeurtenis geraak is.

LÍEWE GENADE,TOG! ·

Ek verstaan gladnie,waarom baie MM se leserskorps, mekaar alewig sal wil invlieg, sal wil aanvat,sal wil stry of sal wil redeneer oor nietighede nie?
Swak van jou cherokee om te wil redeneer oor EWIG as iemand simpatie aanbied en ons oor ñ ERGE TRAGEDIE praat en gedagtes wissel,oor die betrokke voorval.
Jys een dapper sleutelbord vegter wat dalk varslug moet gaan skep,instede van om oorlog te wil maak,oor niks…sies v jou!

Wonder net ·

Ek wonder net hoekom niemand wonder hoe n skool toelaat dat 2 meisies ALLEEN in n koshuis agterbly nie? En hoe n koshuis moeder n deur oop los?? In vandag se tye? En kom ek vertel julle iets, die sleutel van Stella se koshuis deur was in sy besit. Al van sy matriek jaar af.Die deur sou nie nodig gewees het om oop te wees nie, hy kon dit sommer self soen. Daardie skool het die meisies nie beskerm soos hul moes nie. En daaroor word niks gese nie. Snaaks vir my….

Abe ·

Wonder net,
Natuurlik het daardie skool die dogters nie naasteby so beskerm soos hulle moet nie, trouens, n groot deel van die skuld van die hele tragedie moet gele word voor daardie oop deur.

ANNA ·

Hopenlik,gaan die volle waarheid nou uitkom en raaisels opgelos word… nog heeltemal te veel vrae, te veel onsekerhede
Mag die waarheid seëvier.

Bietjie baie ·

Die ma van n vermoorde jong man het eendag vir my gese: “Ek dank net die Here dat my seun nie die moordenaar was nie”
Dit is tragies verby, want almal verloor n kind. Geen ouer sou wou he sy kind moet iemand vermoor nie.
Ek kan net vir die AL die ouers, ook Xander se ouers, se, “Baie sterkte, ek het ook nog groen gras op die lande, Mag die Here julle deur hierdie saak dra. Ek weet daar is baie mense wat vir julle almal bid.”

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.