Xander Bylsma se verhoor begin

Xander Bylsma in die hof. Skuins agter hom sit Rianette Engelbrecht, Marna se ma. Foto: Mia Spies/eNuus

Die verhoor van Xander Bylsma (19), die jong man wat aangekla word van die moord op die vriendinne Sharnelle Hough (17) en Marna Engelbrecht (16) in hul koshuis op Stella in Noordwes, begin Maandag.

Die verhoor is van 4 tot 8 Maart en weer van 11 tot 15 Maart in die Mmabatgho-hooggeregshof geskeduleer. Bylsma sal intussen in aanhouding bly in die Rooigrond-gevangenis.

Bylsma het met sy hofverskyning verlede maand in sy blou T-hemp en pet aansienlik maerder gelyk as toe hy in Mei verlede jaar in hegtenis geneem is. Skuins agter hom het Rianette Engelbrecht, Marna se ma, in die hof gesit.

Maroela Media het vroeër berig Sharnelle en Marna, albei gr. 11-leerders aan Hoërskool Stella, is op 25 Mei verlede jaar dood in hul skoolkoshuis aangetref.

Sharnelle se liggaam is aangetref waar sy aan ʼn nylontou aan die trapreling gehang het. Marna se liggaam is kort daarna in die badkamer aangetref. Sy is moontlik verwurg en daar was ʼn handsakband om haar nek.

Die meisies, albei in gr. 11 aan dié hoërskool, was veronderstel om dié Saterdagoggend die skoolbus te haal om sport op Koster te gaan kyk en het daarom met die skool gereël om in die koshuis oor te slaap terwyl die ander koshuismeisies vir die naweek huis toe was.

Sharnelle Hough (17), links, en Marna Engelbrecht (16). Foto: Via Facebook

Die polisie het vroeër verduidelik die koshuis by die hoërskool is in twee vleuels verdeel, een vir seuns en een vir meisies.

Die seuns het in die koshuis oorgebly vir die volgende dag se sport, maar die twee meisies was alleen in hul gedeelte van die koshuis. Die koshuismoeder was wel daar, maar sy beweer die meisies het haar versoek om die veiligheidshek vir hulle oop te laat aangesien hulle glo gewag het vir iemand om vir hulle klere te bring.

Toe hulle nie die oggend die bus haal nie, het die koshuismoeder na hulle gaan soek en op Sharnelle se liggaam afgekom. Die polisie is ontbied en Marna se liggaam is in die badkamer aangetref.

Sharnelle en Marna is Saterdag vermoedelik tussen 02:00 en 03:00 vermoor.

Die polisie het aanvanklik ʼn geregtelike doodsondersoek van stapel gestuur om vas te stel of vuilspel betrokke was, maar dit is spoedig na moord verander. Die enigste verdagte tans in die ondersoek, Bylsma, is dieselfde dag by sy huis in Stella in hegtenis geneem. Bylsma en Sharnelle was voorheen in ʼn verhouding, maar het uitgemaak.

Lees alle vorige berigte oor die saak op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

26 Kommentare

jongste oudste gewildste
Veritas

Die seun sit daar in die hof met ‘n uitrukkinglose gesig en vir my is dit vreemd. Indien hy onskuldig was, sou hy seker woedend gewees het en dit behoort op sy gesig te wys. Eensgelyks sou hy bang voorgekom het indien hy skuldig was. Hierdie is nie normale optrede nie.

KL

Nie eens die basiese respek om jou hoed af te haal binneshuis nie.

GRIET

?Dis netsoo VERSKRIKLIK tragies, 3 jonglewens opgemors vir ewig…?
BAIE baie sterkte aan AL die families, hierdeur geraak…??

SjN

Tragies, was hy man alleen betrokke om dit te kon doen? Hoop waarheid seevier en sterkte aan almal betrokke.

Anoniem

Niemand weet wat het daardie dag gebeur nie, almal kan opinies lewer en dink wat het gebeur, gebasseer op inligting verskaf deur die media maar God alleen kan die waarheid laat ontsyfer, sodat geregtigheid kan geskied en die families kan rus vind in die feit dat die verantwoordelike persoon boet vir die onmenslike daad!! Want al die spekulasie en komentaar en gebeure verleng hul rou proses maak die emosie en onsekerheid nog meer dit vlek daai rou wond al hoe dieper!!! So mag hierdie saak gou opgelos word sodat die familie rustigheid kan kry en die hoofstuk sluit en kan… Lees meer »