Xander Bylsma vandag verder kruisondervra

Xander Bylsma in die hof. Foto: Mia Spies/eNuus

Die moordbeskuldigde Xander Bylsma (20) sal vandag in die hooggeregshof in Mmabatho verder kruisondervra word oor sy bekentenis wanneer die verhoor hervat.

Die verhoor is in Mei uitgestel nadat Bylsma se regspan aan die saak onttrek het. Dit was die tweede regspan wat aan die saak onttrek het. Bylsma se eerste prokureur het ook vroeër vanjaar weens ʼn vertrouensbreuk onttrek.

Bylsma word van die moord op sy eksmeisie, Sharnelle Hough (17), en haar boesemvriendin, Marna Engelbrecht (16), aangekla.

Bylsma het begin getuig toe die verhoor in Mei hervat het. ʼn Binneverhoor is tans aan die gang om te bepaal of ʼn bekentenis wat Bylsma in die bakkie op pad na die polisiestasie gemaak het, wat ook op band vasgevang is, as bewysstuk toegelaat mag word.

Sharnelle Hough (17), links, en Marna Engelbrecht (16). Foto: Via Facebook

Maroela Media het vroeër berig Bylsma se stem kan op die bandopname gehoor word waar hy aan die private speurder Chris Saunders sê Marna het die betrokke aand eerste gesterf, maar dat hy daarna nog wou probeer het om dinge tussen hom en Sharnelle uit te praat. In die bandopname verduidelik Bylsma hoe hy die nylontou om Sharnelle se nek gebind en haar by die trapreling laat afsak het.

“Ek het ʼn knoop gemaak om die trappe se ding. Toe ryg ek die tou deur en toe sit ek die tou om haar nek. Toe stamp ek haar af,” sê Bylsma in die bandopname. Later beweer hy egter Sharnelle wou nie meer lewe nie.

Sharnelle en Marna se liggame is op 26 Mei verlede jaar in hul koshuis by Hoërskool Stella in die Noordwes-dorpie aangetref. Sharnelle se liggaam het aan ʼn nylontou aan ʼn trapreling gehang, terwyl Marna se liggaam met ʼn handsakband om haar nek in die badkamer aangetref is. Albei is verwurg.

Bylsma is ure daarna in hegtenis geneem nadat Saunders hom na die polisiestasie op Vryburg geneem het.

Die saak word deur regter Ronald Hendricks aangehoor. Adv. Johan Smit SC kla aan.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Kobus ·

Hoekom sloer hierdie saak so. Families soek seker klaarheid .

WIEBO ·

Alles sloer so. Die howe stel net uit. Soos met die Dros verkragter saak, hoor niks meer daarvan nie, asook die rugbyspeler wat n ou aangerand het by Presley”s. Alles kom nie tot op n punt nie……………..

Martie ·

Geen versagting vir hom nie….daai twee meisiekinders se hele lewe het nog voorgele en hier kom die mannetjie en speel God. Laat hy maar sit. Sterkte aan die dogters se familie en ook aan syne. Ek is seker niemand maak hulle kind so groot nie

HPV ·

Hy is tans toegesluit en sal vir ‘n baie lang tyd toegesluit bly.

Peter ·

@HPV , daar is nie iets soos n “baie lang tyd toegesluit” in SA nie. Die knapie gaan 10 teen een, mmm wat 10-14 jaar kry, +- 7 jaar effektief. Hy’s uit voor hy 30 is.

Francois le Cochon ·

@Peter. Dan nog minus die tyd wat hy tans in aanhouding is voordat hy gevonnis word.

SjN ·

Hoekom sloer die saak so lank? mag die waarheid seevier sodat die betrokke families wat deur n moelike tyd gaan berustingkan kry.

Mooedeloos ·

Hy gaan seker ook loskom nes daai kind van Bethal wat sy oupa vermoor het.

O Wee ·

Wat op dees aarde het in ‘n skoolkind se kop verkeerd gegaan om so wreedaardig te wees???

Rooikop ·

Hierdie mannetjie is n tipiese narcis …………………. Hulle moet klaar maak met die saak
sodat die ouers tot ruste kan kom. Baie erg vir al die ouers ………..

Bernard ·

Aangesien hy botswana toe wou vlug is hy alreeds skuldig aan dubbele moord hoekom neem die hof so lank hy het dit beplan so lewenslank tronk toe met hom pappa wag vir hom

Iemand ·

Waar kom jy daaraan? Is dit een of ander goue reel in die hof dat iemand wat vlug ALTYD outomaties skuldig is?

regtig ·

Gaan seke nou se die poliesie het hom gedwing om te se wat hy gese het en dan gaan hy weer sy prokereurs afbetaal Hy speel vir tyd
Ek wonder wie betaal sy regkostes Sterkte aan die ouers van hierdie twee mooi jong meisiekinders Dis terible God se seen en genade vir julle

jaco ·

charnelle het vir Xander gelos n maand voor die moord. sy het glo gekla oor hy besitlik was. Maar tog moes hy vir hulle klere koshuis toe bring. dit maak nie sin dat die ou wat jy afsê later nog n guns vir jou moet doen nie.
So ek twyfel of dit hy was. hierdie saak is maar net die soveelste een waar wit mense vermoor word en dan gerieflik n wit naasbestaande vir die moord blameer word. dis in hierdie geval nie polities korrek om die regte moordenaar te van nie
Die SAPD weet in elk geval nie behoorlik hoe om n moord te ondersoek nie. baie van hulle kan nie eens behoorlik lees en skryf nie (dit het ek self ervaar toe ek n inbraak by my besigheid aangemeld het).

Iemand ·

Ag Jaco, jou denke is so eenvoudig. Ek sal maar eerder nie praat oor die goed wat ek en my eks al gedoen het nie. Ons is steeds vriende. Ek sal vir hom enige gunsie doen en ek glo hy vir my ook. Maar ons hou dit maar platonies. Wie weet, dalk wou die twee gesels. Dalk is hul vroende gewees. Dalk het sy gevra dat hy dinge wat sy by sy huis gelos het boor hul uit is vir haar bring…

Mariaan ·

Die mannetjie is beslis skuldig! Arme meisies..nog so jonk en mooi…mag geregtigheid geskied!

Anoniem ·

Net die regsverteenwoordigers put voordeel hieruit. Hulle maak lekker geld.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.