Xander dán gevonnis

Xander Bylsma Maandag in die hof. (Foto: Tania Heyns/Maroela Media)

Xander Bylsma sal in Mei vanjaar gevonnis word.

Conrad Bester, Bylsma se prokureur, het aan Maroela Media gesê vonnisoplegging is Dinsdag in die hooggeregshof in Mmabatho in Noordwes vir 18 tot 20 Mei op die hofrol geplaas. Die saak is tot dán uitgestel.

Dit volg nadat Bylsma (20) Maandag skuldig bevind is aan die moord op sy voormalige vriendin Sharnelle Hough (17) en haar boesemvriendin Marna Engelbrecht (16).

Hough en Engelbrecht is gedurende die nag van 25 en 26 Mei 2018 in die hoërskoolkoshuis op Stella vermoor. Hough se liggaam is die oggend van 26 Mei aangetref waar sy met ’n tou om die nek aan ’n trapreling gehang het. Engelbrecht se liggaam is in ’n badkamer met ’n handsaklus om haar nek aangetref.

“Die bewyse vertel ’n verhaal van gemengde gevoelens, jaloesie, teleurstelling en wraak,” het regter Ronald Hendricks gedurende sy uitspraak gesê. Lt.genl. Sello Kwena, polisiehoof in Noordwes, het intussen die uitspraak verwelkom.

Lees alle berigte oor die saak op Maroela Media hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

MIA ·

Ek wonder of dit nie maar weereens ‘n bewys is van iemand wat SY sin moes kry nie. Daardie siekte van vandag se tieners dat alles hulle toekom! As hulle ‘n ding wil hê, MOET hulle dit kry. Dit is hulle reg, volgens hulle. Miskien het hy geredeneer dat as hy nie vir Sharnelle kan hê nie, dan sal niemand anders haar kan hê nie. En in die proses is Drie families se lewens onherstelbaar vernietig deur Hebsug. Ek hoop maarnet dat hy ‘n les sal leer uit die hele proses en dit is dat jy nie almal rondom jou kan beheer soos jy wil nie. BAIE hartseer. Daai meisies was nog so jonk.

Chantel ·

Ai Mia, nee hy is sommer net ‘n moordenaar. Niks te doen met die res van die tieners nie.

Agter die skerms..... ·

Moet saamstem Hannelie en Janine, hy lyk boos en net kwaad want hy het anderste verwag.
Ek het gisteraand weer op die nuus gekyk na die fotos van die twee vermoorde meisies. Dit is absoluut net hartseer. Hy gaan tronk toe gaan maar die res van die mense moet aangaan en daai een is die swaarste….

Miskruier ·

Ek voel so jammer vir sy ouers. Lewenslange verwyte. Die meisies se ouers, as hul hom vergewe,se lewe gaan voort, slegs met verlange.

Melanie ·

Sy pa klink net so agresief soos hy. Ek is bitter jammer vir die 2 pragtige kinders se ouers, dis hartverskerend dat hul so wreed geneem is.. en dit met die hand van n 18jarige.. Ek mag hom nie judge nie, maar die Vader weet… as dit my meisiekind moes wees… hoop hy kan eendag besef wat hy gedoen het.. dit sal vir hom n straf wees. Tronk is net n ander naam vir huis vir misdadigers soos hy. Sy jalosie gaan hom weer in die moeilikheid laat beland.

Belinda ·

Daar is ‘n foto iewers op die internet van hom, nadat hy gevonnis is, hy was woedend en vingerswaaiend in sy Ma se rigting, dit is regtig, tipiese gedrag van ‘n Narcis wat vir hulle sal wys. Iemand wat nie verantwoordelikheid vir sy dade vat nie, hy sal almal om hom verantwoordelik hou, soos sy Pa.

Jax ·

Sluit hom toe en gooi die sleutel weg. Hierdie kind het geen ontsag vir gesag, orde en reëls nie. Ek hoop dat sy pa vasgevat Sal word oor sy gedrag buite die hof gister. Totaal onaanvaarbaar!

Mariaan ·

Dis presies wat dit is…boos….sies man…om 2 meisies sommer net so te vermoor…en nie eers te lyk of dit jou laat wakker le nie….vat hom weg!

Hannelie ·

Ai hy het seker nie gedink sy dade gaan hom inhaal nie…om twee pragtige meisiekinders met jou kaal hande te vermoor…verdien hy eintlik om lewenslank agter tralies te sit. Ek stem saam met Hannelie en Janine hy het ‘n boosaardige uitdrukking.

Lisam ·

Hy het dieselfde kyk in sy oe as Henri van Breda! donker siel!

Maryna ·

Ek is die ma van Richard Wood wat deur sogenaamde vriende aangerand en vir dood gelos is. Die vonnis sou 6 Feb gewees het toe was daar weereens n dokument nie in plek nie. Nou hoop ons vir die 3de Maart vir vonnisoplegging. Ons is al soveel kere deur ons regstelsel teleurgestel dat ons maar net kan vertrou op ons Heer dat reg sal geskied. Hy is en bly ons enigste hoop.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.