Xander en regspan ‘op goeie voet uitmekaar’

Xander Bylsma in die beskuldigdebank (15 Maart 2019). Foto: Mariné Lourens

Die moordbeskuldigde Xander Bylsma (20) en sy regspan is “op ʼn goeie voet uitmekaar”.

Bylsma se verhoor het Maandag hervat en sy regsverteenwoordigers het Woensdag aan die saak onttrek.

Bylsma word van die moord op sy eksmeisie, Sharnelle Hough (17,) en haar boesemvriendin, Marna Engelbrecht (16), aangekla.

Adriaan Janse van Rensburg, Bylsma se prokureur, het aan Maroela Media bevestig dat hy en sy kollega, adv. Niven Rai, hulle aan die saak onttrek het, maar sê daar is geen kwade gevoelens tussen hulle en Bylsma nie.

“Aangesien die saak teen mnr. Bylsma steeds hangend is, kan ek ongelukkig nie uitbrei oor die rede hoekom ons onttrek het nie. Daar was ʼn vertrouensbreuk en ons kon dus nie voortgaan nie,” het Janse van Rensburg gesê.

Bylsma het vandeesweek in die hooggeregshof in Mmabatho getuig.

Dit is die tweede regspan van Bylsma wat aan die saak onttrek. Bylsma se eerste prokureur het ook vroeër vanjaar onttrek weens ʼn vertrouensbreuk en sy eerste advokaat, Ferdie van Heerden, het hom al verlede jaar aan die saak onttrek.

Volgens Janse van Rensburg sal die saak teen Bylsma op 29 Julie hervat wanneer hy kans gehad het om ʼn nuwe regspan aan te stel. “Hy is steeds onder eed maar die regter het beveel dat hy met sy nuwe regspan mag konsulteer. Die saak sal net voortgaan [met die] binneverhoor – dit hoef darem nie van voor af te begin nie,” het hy gesê.

Adv. Niven Rai, Xander Bylsma se regsverteenwoordiger, het van die saak onttrek (15 Maart 2019). Foto: Mariné Lourens

Sharnelle en Marna se liggame is op 26 Mei verlede jaar in hul koshuis by Hoërskool Stella in die Noordwes-dorpie aangetref. Sharnelle se liggaam het aan ʼn nylontou aan ʼn trapreling gehang, terwyl Marna se liggaam met ʼn handsakband om haar nek in die badkamer aangetref is. Albei is verwurg.

Bylsma is ure daarna in hegtenis geneem nadat Chris Saunders, ʼn private speurder, hom na die polisiestasie op Vryburg geneem het.

ʼn Binneverhoor is tans aan die gang om te bepaal of ʼn bekentenis wat Bylsma in die bakkie op pad na die polisiestasie aan Saunders gemaak het, wat ook op band vasgevang is, as bewysstuk toegelaat mag word. Bylsma voer aan dat Saunders hom gedreig het om dié bekentenis af te lê en hom voorgesê het wat om te sê. Saunders ontken dit.

Maroela Media het vroeër berig Bylsma se stem kan op die bandopname gehoor word waar hy aan Saunders sê Marna het die betrokke aand eerste gesterf, maar dat hy daarna nog wou probeer om dinge tussen hom en Sharnelle uit te praat. In die bandopname verduidelik Bylsma hoe hy die nylontou om Sharnelle se nek gebind en haar by die trapreling laat afsak het.

“Ek het ʼn knoop gemaak om die trappe se ding. Toe ryg ek die tou deur en toe sit ek die tou om haar nek. Toe stamp ek haar af,” sê Bylsma in die bandopname.

Later beweer hy egter Sharnelle wou nie meer lewe nie.

Die saak word deur regter Ronald Hendricks aangehoor. Adv. Johan Smit SC kla aan.

Lees alle vorige berigte oor die Hoërskool Stella op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

alwyn burger ·

“Op goeie voet uitmekaar….geen kwade gevoelens…..vertrouensbreuk”. Hoe versoen die uitsprake?.

Kaptein ·

Hy het hulle in die posisie gesit dat hulle sy leuens sal moet uitwys tydens hulle verdere ondervraging. Hulle sal dus eers teen hom moet optree ten einde verder verder vir hom op te tree.
Dus tree hulle maar eerder uit die pad uit – slim skuif, aangesien die knaap nie klaar gelieg is nie, as ek die ding so kyk.

Robert ·

Ek sou eerder sê hulle kom agter hy praat nie die waarheid nie, en sy stories klop nie met vorige weergawes nie

Cherokee ·

As jy sou reg wees Robert, dan is hulle besig met weerhouding van inligting. Wat finansies aanbetref, waarom het die vorige en opvolgende regsspane nie met mekaar gesels nie? Tog mag dit juis dit (finansies) wees.

Wessel no??? ·

Die saak word nou uitgerek. Hoe sê ń Adv. -ek wil jou waarheid hoor. Ek het maklike oplossing. Gee die arm jong man borgtog. Verkieslik in Vryburg. Daarna gaan ñ klomp in Vryburg se waarheid gehoor moet word. Ek sou dit nie oorleef as so iets ooit met my dogters gebeur. Klink soos Griekwastad se moorde. Wat gaan aan met bitter min klein groepie jong mans? Net soos Griekwastad lyk die ou soos ñ gawe man.

blom ·

iets maak glad nie sin nie – hoe is dit dat hy altwee meisies vermoor het? hoekom het een nie weggehardloop nie?! vir wie beskerm hy??

BoerSeibrand ·

@Blom, Dit kan maklik gebeur, mense tree snaaks op met skok. Sy kon a)nie by haar wees nie. b)gevries het in nood c) dit nie gesien kom het nie. d) haar vriendin probeer help e)nie haar vriendin alleen los nie. Baie dinge.

Kees ·

Hoe word n familie van 6 uitgemoor dan? die ander 5 kan net weghol?

LBS ·

Goeie vraag, Blom, hopelik word dit in die verhoor aan hom gevra.

Cherokee ·

Maar LBS, dit is tog bloot ‘n realistiese vraag waaraan elkeen (behoort te) dink.

marous ·

Derde onttrekking en die hof laat dit toe om aan die neus rondgelei te word ? Stel ‘n staats advokaat aan en dan hoef niemand ‘n spaar bussie te skud nie .

Abe ·

Marous,
Daar is mos n staatsadvokaat. Dit is die advokaat vir die vervolging.

lh ·

Niemand wen hier nie, al kry jy die BESTE regsverteenwoordiging! my hart gaan uit na al die ouers. . . insluitend die Bylsma gesin.

SjN ·

Was hy alleen, het hy nie dalk hulp gehad nie, beskerm hy nie iemand nie, tragies, sterkte aan al die ouers betrokke.

Abe ·

SjN,
Die verhaal van wat presies gebeur het word in sy bekentenis vertel.

LBS ·

Ek wil net vir Marula Media baie dankie sê dat hulle hieroor berig het. Dit is nie altyd moontlik vir hulle om nuus te kry vanaf sulke klein dorpies nie, en ons moenie vergeet dat die nuus gratis aan ons geskenk word nie.

jaco ·

so maklik en so polities korrek om, wanneer wit mense vermoor word, gerieflik n wit naasbestaande (vriend, familielid of ex-geliefde) vir die moord te blameer.
daars TALLE sulke hofsake.
bottom line, as jy wit is, PAS JOUSELF BAIE GOED OP. Ons regstelsel is te anti-wit dat reg en geregtigheid vir jou sal geskied.

Rooi ·

@jaco, so misdaad word aan ras gekoppel. Raak asseblief groot. As jy misdaad pleeg moet jy boet pappie. Kinders se lewens is onnodig kort geknip en die wie agterbly trek swaar. My opinie

Jozi ·

@Jaco?
Wat presies probeer jy nou eintlik sê?
Ek kan nie so lekker verstaan waarom ras hier ter sprake is nie.

Abe ·

jaco,
Wat jy hier se, dat ons regpleging teen blankes diskrimineer, is bloot eenvoudig nie waar nie. Kom oor dit.

MedieH ·

@Jaco, die laaitjie het die moorde herken en confess. Nou dat hy sy 15 minutes of fame gehad het, nou is hy “onskuldig” Hy volg in die voetspore van die bylmoordenaar en daai ander knaap wat sy familie uitgewis en ondenkbare dinge met sy sussie gedoen het.

Abe ·

jaco,
Insinueer jy dat dit n ander persoon (een van kleur) is wat die moorde gepleeg het, en dat dit nou voorgegee word dat dit Xander is wat verantwoordelik is? Dit is tog n belaglike insinuasie wat op geen manier verband hou met enige feite nie.

Sarel ·

Vertraging op vertraging. Tipiese misbruik van SA Regstelsel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.