Xander ‘nie seker’, ‘kan nie onthou’

Xander Bylsma vandag in die hof. (Foto: Tania Heyns/Maroela Media)

“Ek kan nie onthou wat op die aand van die 26ste Mei 2018 in die polisiestasie gebeur het nie.”

Xander Bylsma (20) het Maandag in die hooggeregshof in Mmabatho herhaaldelik geantwoord dat hy nie juis die besonderhede kan onthou oor die betrokke dag waarop Sharnelle Hough (17) en Marna Engelbrecht (16) se liggame in ʼn koshuis by Hoërskool Stella in dié dorp aangetref is nie.

Bylsma word beskuldig van die moord op die boesemvriendinne. Die moordverhoor is Maandagmiddag hervat nadat dit in Mei vanjaar uitgestel is toe Bylsma se regspan van die saak onttrek het. Dit is die tweede regspan wat aan die saak onttrek het. Dié jongman word nou deur adv. Sakkie Nel en prokureur Conrad Bester verteenwoordig.

Bylsma het omstreeks 14:00 in die getuiebank ingeskuif waarna staatsaanklaer adv. Johan Smit hom begin uitvra het oor sy ontmoetings met onder andere Corrie Kochlan, die polisiebeampte wat Bylsma se bekentenis afgeneem het, en kol. David George Lange, wat die uitwysings hanteer het.

Smit wou veral vasstel of Bylsma, nadat hy die betrokke dag na die Vryburg-polisiestasie geneem is, bewus was van die feit dat hy die reg op regsverteenwoordiging gehad het. Die staat voer aan dat Bylsma destyds van sy reg op regsverteenwoordiging by die polisiestasie in kennis gestel is, maar hy hou egter voet by stuk dat dit nie die geval was nie.

“Verstaan ek reg dat jy nie kan onthou watter vrae destyds [by die polisiestasie] aan jou gevra is nie?” wou Smit weet, waarna Bylsma geantwoord het dat hy inderdaad nie die vrae kan onthou nie. Bylsma het die res van die middag gereeld Smit se vrae geantwoord deur te sê hy kan nie onthou nie.

Smit wou weet of Bylsma enigsins kan onthou of ʼn polisiebeampte die betrokke aand hom spesifiek gevra het of hy regsverteenwoordiging wou hê of nie. Verskeie getuies het reeds voorheen in die hof getuig dat Bylsma spesifiek daaroor uitgevra is.

Xander Bylsma vandag in die getuiebank. (Foto: Tania Heyns/Maroela Media)

Die beskuldigde het homself egter gedurende sy getuienis in die hof weerspreek, het Smit aangevoer. Hy het verduidelik dat die beskuldigde aanvanklik aan sy voormalige regsverteenwoordiger adv. Niven Rai gesê het dat hy nie seker was watter vrae aan hom gevra is nie waarna hy later gesê het dat hy nie kan onthou of hy dit ooit aan Rai gesê het nie.

“Stem jy saam dat dit twee verskillende weergawes is? Watter een is die korrekte weergawe?” wou Smit weet waarop Bylsma geantwoord het dat hy nie weet nie.

“Ek kan nie so lank terug onthou nie,” het die beskuldigde verduidelik.

“Jy skep probleme vir jouself,” het Smit in reaksie op Bylsma se antwoord gesê. “Jy het destyds saamgestem dat jy nooit vir Rai gesê het dat jy nie kan onthou nie en jy het selfs besonderhede deurgegee. Vandag sê jy jy het aan hom gesê jy kan nie onthou wat gevra is nie. Wat het verander? Hoekom verskil jou weergawes?”

“Ek kan nie iets vir altyd onthou nie. Soos die tyd aanloop, vergeet mens,” het Bylsma geantwoord.

“Ek wil jou herinner dat jy nie jouself ʼn guns doen om elke keer te antwoord dat jy nie kan onthou nie,” het Smit gesê voordat hy Bylsma verder uitgevra het of enigiemand anders hom van sy reg op regsverteenwoordiging ingelig het.

Weereens het Bylsma gesê dat hy nie kan onthou of hy in kennis gestel is daaroor nie. Smit wou weet waarom nie.

“Ek het pille gedrink. ʼn Handvol. Dit het my lelik deurmekaar gemaak. Ek kan nie onthou nie. Ek was bang, vreesbevange, benoud. Ek was drowsy in my kop.”

Smit het toe aan Bylsma gevra of hy naar was waarop hy eindelik geantwoord het dat hy ook naar was.

Ook dié simptome het nie ooreengestem met sy vorige getuienis nie, het Smit uitgewys. “Jy het voorheen gesê jy was bang, benoud, hartseer en gevul met vrees. Dit is wat jy gesê het. Ons kry nie die woorde ‘naar en drowsy’ in jou verklaring nie. Verduidelik waarom daardie woorde ontbreek in die verklaring,” het Smit gesê.

Bylsma het weereens gesê hy onthou slegs vaagweg wat hy destyds in die verklaring gesê het.

Xander Bylsma vandag in die hof. (Foto: Tania Heyns/Maroela Media)

Hy het volgehou dat hy nie regsverteenwoordiging van die hand gewys het nie en beslis reeds daardie aand ʼn regspan sou aanvra as hy geweet het hy kon. Hy verduidelik dat hy eers die later die aand besef het dat hy die reg om regsverteenwoordiging het. “Toe [polisiebeamptes] vra wie ek [die betrokke aand] by my wou hê, het ek net gesê ek wil nie my ouers betrokke hê nie.”

Hy verduidelik dat hy ook later aangeneem het dat sy ouers regsverteenwoordiging sou aanstel en dat hy nie uitdruklik daarvoor gevra het nie.

Bylsma het met die verloop van die kruisondervraging duidelik geïrriteerd geword en het later selfs gevra om ʼn breek te neem. Die hof is vir tien minute verdaag waarna Bylsma die hof om verskoning gevra het vir sy gedrag.

“Ek is onder baie spanning,” het hy verduidelik.

Smit het sy vrae aan Bylsma hervat waartydens hy aangevoer het dat ook Chris Saunders, die privaat speurder wat Xander die betrokke dag vanaf sy ouerhuis na Vryburg vervoer het, gedurende die rit op twee geleenthede ʼn prokureur voor Bylsma genoem het.

Die verhoor hervat Dinsdag om 09:00. Bylsma bly vanaand in Mmabatho in aanhouding.

Die saak word deur regter Ronald Hendricks aangehoor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

44 Kommentare

George in Bloem. ·

Dalk verlangs familie van ou Zuma want die sukkel mos ook so vreeslik met die geheue?

Nettie ·

Wel, ek sal ook my geheue ‘verloor’ as ek twee aanklagtes van moord in die oë staar. As ons oud-prezzie geheueverlies so gerieflik kan aanwend om sy bas te red, dan kan enige Jan Rap en sy Maat dit mos maar óók doen?

Muffin ·

Gert dit is presies waar wat jy se. Mors tyd en geld. Iewers moet die geld op raak.

Jacky Strydom ·

Ai ek hoop nou van harte die saak kan nou klaar verhoor word en afgehandel word, terwille van die ouers wat elke keer herinner word aan die drama en trauma van daardie onheilspellende, dog wrede aand. Sterkte aan die meisies se ouers vir hierdie tyd. Jul bly in ons gebede.

Matts ·

En sterkte ook aan Bylsma se ouers, ek is seker daarvan hy het ‘n goeie opvoeding gehad. My ma het altyd gese, goed groot geword, groot sleg geword…., maar verseker moet hy nou maar verantwoordelik vat vir die wrede dade wat hy gepleeg het. En hoe gouer hoe beter.

Christa ·

Hy sien Zuma Kom daarmee weg Nou probeer Hy ook die Vergeet taktiek uithaal. Hy Moet lank lank gebere word.

Onnie ·

Dis omdat hy uit die staanspoor uit gelieg het, die wat hy nou niks kan onthou nie. My ouma het altyd gesê: Die waarheid word oor en oor vertel, maar ‘n leuen net een keer – want jy kan nie volgende keer presies onthou wat jy gelieg het nie.

Suzette Geringer ·

Heeltemal in die kol. ‘n Leuen het ‘n kort been.

Sam ·

Die arme, arme kind …

Iets moes in sy lewe sy karakter ‘n knou gegee het om hom tot so ‘n hartseer, vernietigende aksie te laat oorgaan het. ‘n Onbesonne daad wat die res van sy lewe en dié van die geliefdes van die twee mooi meisies sal beïnvloed.

Genade en sterkte vir die ouers van al drie hierdie jongmense.

Ek skryf hierdie uit die veronderstelling dat Xander skuldig is, maar sou eerder wou hoop dat hy, in die fleur van sy lewe, nie is nie.

jaco ·

ek wonder steeds wie moes dan die klere vir die meisies bring en is die klere toe ooit gebring? Klere moet tog by die ouerhuis gehaal word, so ma of pa sal seker weet wie dit daar sou kom haal word.

Ronel ·

Jaco ek wonder oor presies dieselfde! En nerens lees mens iets daaroor nie! Verder kan ek ook nie verstaan dat ‘n verantwoordelike huismoeder net eenvoudig die koshuissleutel aan twee jong meisies kon gee, en nie eers weer gaan toesluit nie! Sy moes tog gevra het hoe laat word die klere gebring, deur wie ens!

Thelsa ·

Die jong man het CRAFT sindroom – Can’t Remember A Flippin Thing

Yolandi ·

Ek het gewag vir hierdie een om te kom. Almal het my lank terug gekruisig toe ek gese het die kind hardloop weg van sy foute. Hy doen steeds

SjN ·

Word hy nie voorgeskryf deur sy regsverteenwoordiger nie, wat mens nie sal doen vir geld nie.

Barry ·

Die man is n leunaar uit en uit
Hy kan goed onthou maar is deur sy “tronk” prokureurs gese om nou aan te voer hy het amnesia.
Hulle sit mos maande in die gevangenis en stories uitdink
Hy gaan lank sit.Hoop net as die regter hom vonnis dat die nie die vonnisse samelopend maak na na mekaar
Hy hoort nooit uit te kom nie
Hy het hartseer veroorsaak aan drie families want hy is besig om sy eie ouers ook te vernietig met sy leuens.
Wat n tragedie vir die mense betrokke

Rooikop ·

Hierdie mannetjie dink hy is slim deur te sê hy kan nie onthou nie …………….. hulle gaan
hom kruisig. Hy moet maar net skuld erken ( soos wat hy reeds gedoen het ) en tronk toe gaan ….. Hy het drie families se lewens onherroeplik verwoes …….. Daardie ouers sal nooit weer dieselfde wees nie …………

honourable member ·

Hierdie malletjie weet presies wat hy gedoen het. Hierdie kamstige nie onthou is net om vir tyd te speel en te probeer wegkom daarmee. Voel jammer vir die ma dat haar seun n moordenaar uitgedraai het. Dis n nagmerrie vir haar.

Heksie ·

Volgende gaan hy verklaar dat hy tydelik waansinnig was toe hy die moored gepleeg het.
Hy lieg deur sy tande!
Praat net die waarheid, geen mens op so jong ouderdom vergeet sommer net goed nie, Ek’s al 48 en ek onthou baie gebeure regdeur my lewe asof dit gister was.

Scalla ·

Heksie, ek is baie ouer en onthou nog die dag van my geboorte, ek het baie gehuil.

Wie weet ·

Hulle gaan hom uit mekaar skeer in die hof vandag Mark my words

Gerrit ·

Ek wens jongmense wil besef die see is vol visse. Enkellopende mans en vrouens is volop. Kry net n ander een as die huidige een jou los. Jou verhoudings met ander mense moet nooit te ernstig wees nie.

ne ·

Hy is hopeloos te jonk om aan “oldtimers” te lei! Hy haal jz se streke uit.

Danie ·

Manie hoeveel fluiters teen die oor en elders dink jy het hy al gehad? Dalk daarom dat hy nie kan onthou nie.n

olivia van wyk ·

leuenaars ,manupileerders,verwoesting saaiers en so kan ek aangaan,gebruik die verskoning as hulle scape goat. iemand het een keer n lelike gerug oor my versprei en paar jaar daaarna toe dit weer uitkom en ek datums noem toe kan hulle nie onthou nie…ek kan nie onthou nie …..

Mm ·

Jy kry mense wat dink die wet is nie van hulle op toepassing nie. Hulle kan maak wat hul wil en kom niks oor nie..
Mag dit n les wees vir elke een daar buite wat dink hulle is bo die wet.

hannelie ·

Xander dis beter om die volle waarheid te praat my kind, want hoe meer jy lieg hoe meer kan jy nie onthou wat jy gelieg het nie. Die waarheid onthou mens altyd. Moenie dit vir jouself nog moeiliker maak nie.

marous ·

Waarom was die tou en die handsak se koord nie getoets vir DNA nie ? Die polisie asook die nvg behoort te weet wat ‘n binne verhoor is as jy net op ‘n bekentenis staatmaak .

Landi ·

Ek lees so deur al die kommentaar en dis hartseer…..n seun in die fleur van sy lewe, 2 pragtige jong meisies wat gefaal is deur die sameleweing. Grootmense het hulle in die steek gelaat. Ouers jy maak seker jou tienerdogter is veilig en reel self met koshuismoeder dat hulle 2 ALLEEN daar gaan oorslaap. Koshuismoeder jy kan nie n 2 tienerdogters net hulle sin gee nie. Na n sekere tyd sluit jy deure en klaar. Die seun het klaarblyklik probleme wat mens vergeet nie net belangrike informasie nie. Jou toekoms hang af van jou geheue. As jy wel skuldig is, wat het aanleiding gegee na so iets. Jammer maar mens is nie gemaak om net dood te maak nie, iets ernstigs het in daai kind se lewe gebeur

Abe ·

MM,
Julle berig vandag is n goeie, gebalanseerde weergawe van die verrigtinge in die hof gister. n Goeie stukkie afronding sou wees n ietsie oor die emosionele inhoud van gebeure. Sien bv. Beeld se berig met n paar sprekende foto’tjies oor ma se liefde.

Sarel ·

Wens tog so ” kommentators” will ouers en familie se gevoelens in ag neem.

hercu ·

my beskeie mening is dat die staat hier te doen het met ‘n dwangleuenaar!!

Kobus ·

gooi die ding in n mangat en gooi die sleutel weg laat hy daar vrot sonder water

Wil ·

Hier is geen wenners nie, almal is verloorders. Dis vreeslik hartseer, ek wens hy kon dit wat hy gedoen het omkeer, maar dis te laat. Ander mense kan net leer uit hierdie verskriklike ding.

jaco ·

staatsaanklaer is wit en so ook een polisiebeampte – nogal met die rang van kolonel. Is daar dan nog nie regstellende aksie in daardie deel van SA nie?

Sarel ·

Wens tog so ” kommentators” will ouers en familie se gevoelens in ag neem.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.