Xander se DNS nié op bewysstukke gevind

Xander Bylsma tydens die Stella-moordverhoor. (Foto: Tania Heyns)

’n DNS-kenner het Dinsdag in die hooggeregshof in Mmabatho in Noordwes onthul dat ’n onbekende persoon se DNS onder die vingernaels van Sharnelle Hough gevind is. Volgens die getuie is daar ook geen van die moordbeskuldigde Xander Bylsma se DNS op die spesifieke bewysstukke gevind wat die betrokke getuie ontleed het nie.

Bylsma (20) staan tereg op die moorde op sy eksmeisie Sharnelle (17) en haar boesemvriendin Marna Engelbrecht (16). Die meisies is in die skoolkoshuis op Stella vermoor. Sharnelle se liggaam het aan ’n nylontou aan ’n trapreling gehang, terwyl Marna se liggaam met ’n handsakband om haar nek in die badkamer aangetref is. Albei is verwurg.

Bylsma het verlede week getuig hy dink Brandon Victor, Sharnelle se kêrel ten tyde van die misdaad, het die moorde gepleeg.

Die verdediging het vanoggend kapt. Mathukudu Samuel Mashegoana, ’n senior forensiese ontleder by die Suid-Afrikaanse Polisiediens, na die getuiebank opgeroep.

Mashegoana het vooraf verskeie bewysstukke ontvang om te ontleed. Dié bewysstukke sluit in ’n broekie wat aan Sharnelle behoort het, twee komberse, twee stukke tou, ’n handsak en twee selfone. Hy het ook verskeie DNS-monsters ontvang wat van Bylsma, Sharnelle en Marna deur middel van smere (swabs) geneem is.

Volgens Mashegoana is ’n onbekende persoon se DNS onder Sharnelle se vingernaels gevind. Daar is ook ’n onbekende persoon se DNS op die handsak gevind.

Mashegoana het onthul dat Sharnelle se bloed op een van die komberse gevind is, terwyl Marna se bloed op die handsak gevind is. Van Marna se hare is ook ontleed. Mashegoana kan egter nie sê waar die hare op die moordtoneel gevind is nie.

Kapt. Samuel Mashegoana, ’n senior forensiese ontleder by die polisie getuig tydens die Stella-moorde. (Foto: Tania Heyns)

Sharnelle se DNS is ook op een van die stukke tou gevind. Haar DNS is ook die enigste wat op die een selfoon gevind is. Daar is geen DNS op haar broekie gevind nie.

Staatsaanklaer Johan Smit het gedurende kruisondervraging geïnsinueer dat Mashegoana se verslag sekere gebreke het. Volgens Smit is Bylsma se DNS vantevore vir ’n tweede keer aangevra nadat die laboratorium wat die bewysstukke ontleed het, deurmekaar geraak het met die saaknommers van die Stella-saak en ’n ander saak in die Noord-Kaap.

Mashegoana het gesê hy is nie van dié vermeende flater bewus nie.

Onbekende persoon se DNS

Victor het verlede week getuig dat hy die aand van 25 Mei 2018 by Sharnelle en Marna in hul koshuiskamer gekuier het. Volgens Victor het hy en Sharnelle dié aand hande vasgehou en gesoen. Sharnelle het ook “knoppies op sy rug” uitgedruk.

Dié besonderhede het vandag ter sprake gekom toe Smit by Mashegoana wou weet of dit moontlik is dat ’n persoon se DNS onder ’n ander se naels kan beland gedurende die aksie van “knoppies uitdruk”, soos Victor dit gestel het.

“Daar is ’n moontlikheid,” het Mashegoana geantwoord.

Die saak is vanmiddag uitgestel hangende die beskikbaarheid van bykomende getuies wat die verdediging wil oproep. Die saak is nou van 6 tot 10 Januarie 2020 op die hofrol geplaas.

Bylsma bly tot dan in aanhouding.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

Gaitsigubib ·

Eskom, SAP, SAL, SAUK, Dep van gesondheid, onderwys, paaie, en so kan mens aanhou- alles opgeneuk. Soos jy se “hier doen hulle dit nou weer” tog stenig jy die wat hunker na die tye toe al die goed nog gewerk het.

Kas ·

Die saak raak nou nog meer ingewikkeld.Bylsma het Sharnelle die oggend omstreeks een uur nog gesien.Hoe laat was Victor dan daar en hoekom sou hy Sharnell en Marna wou vermoor.Is DNS van Victor genome vir ontleding.Bylsma het dan gese hy en Sharnelle het die nag seks gehad en daar is geen DNA nie.Iets maak nie sin nie maar oppad of Bylsma gaan onskuldig bevind word.

Onnie ·

Het ek ook gedink Kas. As hulle dan seks gehad het, hoekom is sy DNA nêrens op haar lyf of klere nie. Dis amper onmoontlik! En hoe toets hulle Marna se hare, as hulle nie eers weet waar op die tunnel dit gekry is nie? Ek dink die staat en mnr. Mashegoana gaan hierdie saak ook opneuk. Was hulle maar soos die CSI manne.

Sputnik ·

Dit sal uiters tragies wees as die een (of meer) wat skuldig is aan dié afskuwelike daad op twee pragtige, jong mense en die lyding en hartseer wat hulle dié se naasbestaandes besorg, moet wegkom, of selfs net gedeeltelik moet wegkom daarmee. Ons hoop geregtigheid seëvier.

Sarel ·

DNS en die Staat het dit nie geweet nie? Hier is slang in die gras

Dorotie ·

DNS toetse is die eerste wat in enige geval gedoen word? Hoe lank sloer hierdie saak nou al en nou eers stem niks meer saam nie. Iemand word nou betaal om te lieg.

antie ·

ek dink ook hier is n nes slange wat moet uitkom…. maar ek dink dis net sondebokke wat gesoek word…. en deur die staat gekry word……of is hier n groot geknoei a g v geld wat hande verwissel om verslae te verander…tot nou toe was die ander mannetjie nooit genoem nie….. en geen DNA van enige iemand??… klink bietjie dik vir n daaler…. iemand het erg opgeslip

Niklaas ·

Hoop nie dis weer ‘n Keystone Cops situasie nie . Min mense sal vergeet van die Inge Lotz saak jare gelede. Dit grief mens as vingers na speurders gewys word met beskuldiging van onbeholpenheid. Laat ons maar sien of geregtigheid gaan seëvier in hierdie moord saak.

Corne Barnard ·

Sjoe…..wonder wat het ons Liewe Staat te se? Laat mens wonder oor Victor…..

Christine De Bruin ·

Mag geregtigheid geskiet en die werklike skuldige skuldig bevind word. Sodat die saak opgeklaar word en die ouers en almal tot ruste kan kom en kan vrede kry met alles. Dit gaan n Lang pad wees wat die ouers en geliefdes gaan stap. Maar ek glo as die saak afgehandel is sal hulle kan begin berus.

George in Bloem. ·

Nou wat van die kerel se bekentenis reg aan die begin? Lieg hy nou of het hy toe gelieg? G’n wonder dat so min moorde se skuldiges aan die pen ry in SA nie. Pateties. Misdaad lyk my betaal in SA.

HPV ·

DNA van die moordenaar sal nie op bewysstukke soos byvoorbeeld die tou wees as hy handskoene gedra het nie. Persoonlik dink ek dit is bietjie voortydig om allerhande gevolgtrekkings te maak.

Andre Kotze ·

Ja dit is vroeg,maar onthouvn saak gaan oor geloofwaardigheid.Van getuienis,van bewyse ens.n Regsverteenwoordiger se werk is om twyfel in die staat se saak te bring,want gate in die staat se saak lei tot onskuldigbevinding.Hier het die staat die gat oopgemaak en die regsverteenwoordiger gaan op die punt hammer.

Wonder ook ·

Stem saam. Plus .. Dit was winter. Hy kon n lang baadjie dra en handskoene. Dis net vreemd dat sy DNS nie wys dat hulle intiem was nie. Dit klop WEER nie met sy getuienis in die hof nie. Ook baie vreemd dat Marna se DNS nie op haar eie selfoon was nie. Iemand het die toneel mooi skoon gemaak. Geen DNS maak niemand onskuldig nie. Dit beteken net dat die toneel skoongemaak is.

Liewe aarde ·

Liewe aarde wat ‘n mondvol. Wel hier is goeie beplanning gedoen om DNA bewyse af te vee of iemand word betaal om te jok. Ek is ook bly die getuienis wat jul nou so lekker wou gebruik “backfire” toe in jou gesig jongman, die vermetelheid om die meisie se naam deur die modder te sleep deur te beweer jy het haar gevry en seks met haar gehad, ontplof toe poef in jou gesig, Woorde wat uit jou mond kom, moet gestaaf kan word, hoe kan enige iemand nou iets uit jou mond glo. Die beldediging vir haar nagedagtenis en ouers is onvergeefbaar!!!!

Andre Kotze ·

Onthou net dit is die staat wat se bewyse wat moet staan,nie syne nie.Diebstaat moet hom as skuldig bewys.Tans val hul bewysse uitmakaar.

jaco ·

Ja né. Ons anti-wit regstelsel is mos vinnig om, wanneer ‘n moord op ‘n wit mens ondersoek word, DADELIK ‘n wit naasbestaande te blameer. Om die ware skelm te vang is nie polities korrek nie, want dan skep dit die indruk dat die dood van ‘n wit mens verkeerd was, terwyl ons anti-wit regstelsel eintlik dink dis reg.
En daar vang die anti-wit Staat se eie patoloog sowaar die Staat uit… Dit is toe nie Xander se skuld nie.

lion stella ·

Nou hoekom dan eweskielik kom dit tenvore knoppies uitdruk?.. dit maak nie sin nie.

defenitief `n GROOT SLANG IN DIE GRAS… nouja sterkte aan die ouers wat die mooiste dogters gehad het julle harte is gebreek verewig en altyd mag die Liewe heer jul troos met tyd wat kom… Mag die moordenaar boet!!

Deloris ·

Die straat bly patties… Hulle moet almal weer her opgelei word…
Kyk hoe stil is die saak van die meisie Wie se hande afgekap is….
Alles is buite beheer so asof hulle nie weet hoe om n saak te ondersoek nie…

Andre Kotze ·

Verseker gaan sy regsverteenwoordiger hierop bly hammer.Daar is nou n gat in die staat se saak,en nogal n belangrike een.Hulle gaan bly die feit voorgooi dat hy met geen DNS verbind word nie en dat daar n ander persoon se DNS is wat bewys dat daar iemand anders daar was daardie aand.

Asmain ·

Hoekom het die staat nie van hierdie getuienis geweet nie?
Hoekom roep die verdediging hierdie getuie – is die tipe getuie nie gewoonlik vir die staat nie of het die staat geweet van hierdie getuie en verkies om hom nie te roep nie?
As die DNS nie die staat se saak steun nie, hoekom voortgaan met die saak teen Xander, dalk moet daar na n ander beskuldigde gesoek word voor dit op verhoor gaan….

Andre Kotze ·

Dit is n moontlikheid dat die staat besluit het om hom eerder nie te gebruik nie en die verdediging vind toe uit van die DNS

Vra Net ·

Ek praat onder korreksie, maar hoekom het Bylsma skuld gaan erken as hy dan weet hy het hulle nie vermoor nie?

Andre Kotze ·

Stem saam met die skoonmaak van die toneel.Die probleem wat ek wel voorsien wat aankom is die onbekende persoon se DNS wat wel gevind is.Syvregsverteen woordiger gaan beslis aanmakaar verwys na die onbekende persoon as die moontlike moordenaar,want die staat het die deur oopgemaak vir die moontlikheid dat daar nog iemand was.

Linda ·

En daar doen die SAPD dit weer! Verbrou ‘n goeie saak. Sterkte aan adv. Smit wat met daardie brouwerk skuld moet bewys.

AH ·

Bylsma (en sy regsspan) lieg so baie dat ek wonder of hy self onthou wat die waarheid is. Hy wil nou vir Victor laat skuldig lyk alhoewel hy die een is wat ‘n motief gehad het en nie Victor nie. Hoekom het hy dan kort na die moorde skuld beken? En hoekom sê hy dat hy en die meisie opgemaak het en seks gehad het voordat sy en Marna vermoor is? Waar is die DNS van hom na hul opmaakseks? So baie goed wat net nie sin maak nie! Ek hoop hy lieg homself in die tronk in in plaas van daaruit!

Wielspore ·

Die staat moet bo alle twyfel kan bewys wie het die moorde gepleeg en op die stadium kan enige van die twee manne skuldig bevind word.

Getuienis ·

Stem saam hul moet bo redelike twyfel bewys, maar dit klink uit berigte of die staat wel genoeg bewyse het oor die persoon in aanhouding, die saak moet mos nou net eers deurtrap word. Die aanklaer het natuurlik nie die swak werk van die Polisie beampte gebruik nie, omdat hy kon sien dit is van geen waarde, hy is nou dapper om vir die verdediging te verskyn, dit gaan egter sy reputasie geweldig knou, almal gaan nou van al sy foute weet.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.