Xander se verhoor uitgestel oor ‘nuwe bewyse’

Xander Bylsma Maandag in die hof. Foto: Mia Spies/eNuus

Die verhoor van Xander Bylsma (19), die jong man wat aangekla word van die moord op die vriendinne Sharnelle Hough (17) en Marna Engelbrecht (16) in hul koshuis op Stella in Noordwes, is Maandag uitgestel.

eNuus berig Bylsma het vlugtig in die Mmabatho-hooggeregshof verskyn voor die saak tot 7 Maart uitgestel is. Regter Ronald Hendricks het die verhoor uitgestel nadat die staatsaanklaer gesê het daar het verlede week nuwe bewyse aan die lig gekom. Daar is nie meer besonderhede bekend gemaak nie.

Die verdediging sal dus nou tyd kry om die nuwe bewyse te bestudeer en met Bylsma te beraadslaag voor die verhoor hervat sal word.

Die verhoor is van 4 tot 8 Maart en weer van 11 tot 15 Maart geskeduleer. Bylsma sal intussen in aanhouding in die Rooigrond-gevangenis bly.

Maroela Media het vroeër berig Sharnelle en Marna, albei gr. 11-leerders aan Hoërskool Stella, is op 25 Mei verlede jaar dood in hul skoolkoshuis aangetref.

Sharnelle se liggaam is aangetref waar sy aan ʼn nylontou aan die trapreling gehang het. Marna se liggaam is kort daarna in die badkamer aangetref. Sy is moontlik verwurg en daar was ʼn handsakband om haar nek.

Sharnelle Hough (17), links, en Marna Engelbrecht (16). Foto: Via Facebook

Die meisies, albei in gr. 11 aan dié hoërskool, was veronderstel om dié Saterdagoggend die skoolbus te haal om sport op Koster te gaan kyk en het daarom met die skool gereël om in die koshuis oor te slaap terwyl die ander koshuismeisies vir die naweek huis toe was.

Die polisie het vroeër verduidelik die koshuis by die hoërskool is in twee vleuels verdeel, een vir seuns en een vir meisies.

Die seuns het in die koshuis oorgebly vir die volgende dag se sport, maar die twee meisies was alleen in hul gedeelte van die koshuis. Die koshuismoeder was wel daar, maar sy beweer die meisies het haar versoek om die veiligheidshek vir hulle oop te laat aangesien hulle glo gewag het vir iemand om vir hulle klere te bring.

Toe hulle nie die oggend die bus haal nie, het die koshuismoeder na hulle gaan soek en op Sharnelle se liggaam afgekom. Die polisie is ontbied en Marna se liggaam is in die badkamer aangetref.

Sharnelle en Marna is Saterdag vermoedelik tussen 02:00 en 03:00 vermoor.

Die polisie het aanvanklik ʼn geregtelike doodsondersoek van stapel gestuur om vas te stel of vuilspel betrokke was, maar dit is spoedig na moord verander. Die enigste verdagte tans in die ondersoek, Bylsma, is dieselfde dag by sy huis in Stella in hegtenis geneem. Bylsma en Sharnelle was voorheen in ʼn verhouding, maar het uitgemaak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

Johann ·

Nog n gewetenlose boosheid wat met dieselfde disrespek vir lewe wat HY het behandel moet word.

Ekke ·

Ek het nogal gewonder toe daar verlede week ‘n artikel in die Huisgenoot verskyn het oor die nuutste liefde van haar nadat sy en Xander uitgemaak het…….

Tanya ·

Kom ons se die jonk man het dit nie ( gedoen) nie. Dan sit hy dalk verniet in gevangnis.

Skroef ·

Dan sal ek so graag wil sien hoe johann en ander veroordelers verskoning vra.

Abe ·

Tanya, Ekke, Skroef,
Die kanse dat hy onskuldig is, is weglaatbaar klein.

WIEBO ·

Die regstelsel is siek. Hy het 2 meisies vermoor, maar nog nie skuldig bevind nie. Ek skuld n dokter R550, en die balju skryf my goed by die huis op. Ek is klaar skuldig, en ek was nie eens bewus dat ek die dokter R 550 skuld nie. So, dis erger om R550 te skuld as om moord te pleeg. Siek siek siek!

li ·

Wiebo, die Hof het vonnis teen jou gegee. Dis al manier hoe die balju jou besittings kan “opskryf”. Dit is ‘n proses, sit maar kostes by ook.

Oujongvrou ·

Hy het alles erken, voor hy kans kon kry om stories uit te dink. My opinie is dat deesdae se kinders vroeg ryp is en nie volwasse genoeg is om met gebroke verhoudings te ” deal “nie. My kinders het eers maats gekry in std 9 en begin uitgaan met mans toe hulle al in die twintig was. Al 4 was tydens skool kinders. 16 jr oud en nog Barbie gespeel. Almal het grade en huwelike hou tot nou toe. Oudste een al 50. Nou se dae hoor jy van kinders wat kyse het wat 11 jr oud is☹

GRIET ·

Eks is geneig om saam met jou te stem “Oujongvrou”….bjaaa jonges raak té gou, té ernstig, bymekaar betrokke, in sg. kyse en liefdesverhoudinge,nog voordat hulle regtig RYP is vir dit en dan volg ondeurdenkte besluite en onvolwasse jaloesie ens.ens.
MAG die volle waarheid seëvier en uitkom nou!
En mag ons,OPREG DANKBAAR wees, dat dit nie ons of ons kinders is wat SELF hier betrokke is nie…
Die ouersmart alkante toe,is ondenkbaar

Jo.Anka ·

Ek is een van 10 kinders, kon glad nie uitgaan met seuns nie. Nie toegelaat na sokkies of enige ander funksies nie. Ek het eers na matriek met Seuns vriende geraak. Is nou 39 jaar getroud .
Kan bevestig dat daar wel jong meisies van ouderdom 8 al babas gekry het. Ek is dankbaar en bly vir die goeie opvoeding wat ek gekry het.

ES ·

Voel vreeslik jammer vir die twee meisies se families – hul lewens kan nie aangaan totdat die mannetjie gevonnis word en hy sy tronkstraf uitdien nie.

Ek dink nie hy is onskuldig nie. Hul sou hom nie gearresteer het as daar nie konkrete bewyse was dat hy betrokke was nie. Die “nuwe bewyse” kan enigiets wees maar ek glo nie dit sal iets wees wat hom gaan vryspreek nie.

Abe ·

ES,
Onthou dat die kanse dat hy onskuldig is weglaatbaar klein is.

Se maar net ·

Dis baie waar! Ek voel ook jammer vir sie mannetjie se ouers..Kan hulle seker nie oordeel vir wat hulle seun gesoen het nie..maar moet seker ook by se hang af of hulle net so skuldig is deur die ripe opvoeding wat hulle hom gegee het!Sterkte aan daai 2 prag poppe se ouers en geliefdes!

Sanna ·

As ek die koshuisma was het die meisieKINDERS meegedeel hulle moet maar sport kyk met wat hulle reeds het in hul kaste. Die hek word GESLUIT. Sy’s seker spyt sy’t haarself laat ompraat.

Truia ·

Ek stem volkome saam. Hoe kan ‘n volwasse persoon wat vir jong meisies se veiligheid verantwoordelik gehou word so ‘n uiters onverantwoordelike besluit neem? Veral in die tyd waarin ons lewe? Daardie persoon het ‘n belangrike aandeel in hierdie saak. Waarom bestaan daar dan veiligheisdshekke? Om gesluit te word. Juis om te verhoed wat hier gebeur het. Tweedens, as dit so is dat die dame wel die waarheid praat, het die meisies ongelukkig self ook ‘n groot aandeel in die saak. Vingers kan nou na verskillende mense gewys word, maar aan die einde van die dag behoort ‘n koshuis ‘n volkome veilige plek te wees. Daarom moet gesag en reëls te alle tye ‘n vaste norm te wees wat nie gebuig kan word nie. Soos toe ons koshuiskinders was in die sestigs en sewentigs. Ons was veiliger as veilig. Want reëls is sonder uitsondering streng en konsekwent gehou Ek glo so het die ouers ook vertrou dat hulle dogters veilig sou wees. Maar dwase besluite buite gesag en reëls het gruwelike gevolge gehad. Feit is, die een wat vas bly staan by reëls is en bly maar altyd die vark in die storie. Tog is reëls maar eintlik soos veiligheidshekke. Dit beskerm. As jy dit nakom. Dink net, een sleutel en een slot kon dalk alles verhoed het. Ons kan almal veel hieruit leer.

Wie weet ·

Dink julle nou regtig iemand sou vir hulle klere bring 2 uur die oggend 2 meisies aleen in die meisies oshuis en hulle hou die deure oop nee iets nie pluis nie iets klink nie reg in die storie nie maar als gaan uit kom in die hof sal maar wag en sien wat is die ware storie

Nel ·

@lanie: “An eye for an eye will make the whole world blind”… (M. Gandhi)

Tammy ·

Jammer om te se, maar hoe meer ek lees,hoe meer dink ek dat die twee meisies nie so onskuldig was as wat ons aanvanklik gedink het nie. Wat soek hulle alleen by die koshuis, die rede aangevoer is absoluut belaglik. Nee, dink maar weer of hulle storie so geloofwaardig was??

Abe ·

Tammy,
Waaraan ookal die meisies skuldig was, hulle het nie verdien om dood gemaak
te word nie.

Wie weet ·

Stem 100% saam met jou maar dis nie hulle storie nie hulle is dood die jufrou of kos suster wie sy ook al is is besig om haar bas te red

Sè maar net ·

Al het hulle 2 ook watse rede gegee om deure ni te laat sluit nie …maak hul ni skuldig aan iets nie ..en gèe hom nogsteeds ni die REG om hul te VERMOOR nie ..Ongeag wat ookal gebeur het ..Mense moet begin besef daar is n God in die Hemel en daar is n hel …hierdie land is besig om te val …en net God kan ons red teen die mense want links en regs vermoor..hierdie 2 meisies se ouers is stukkend en almal wat deur so iets geraak word ..ons kan net by God pleit vir genade

Anoniem ·

Hy het mos nou klaar erken hy het die twee meisies vermoor. Die verhoor is net ‘n formaliteit en verrigtinge moet mos plaasvind om die a-b-c en feite van die storie mooi in lyn te kan kry. So waarom gons almal dan nou nog oor wie dit dan gedoen het? :-D

As jy my vra, was die ‘iemand wat klere moes bring’ net ‘n storie wat een van die meisies op gemaak het, Jul weet mos hoe gaan dit met jong tieners en pienk hakskene, hulle sal met ‘n outjie ‘uitmaak’ maar hou daarvan om tog ‘vermakerig’ ook te wees. Tien ten een het een van hulle hom nog soontoe genooi, JUIS om uit te maak met hom en vandaar het die knapie seker toe nou HEELTEMAL sy humeur verloor en gedoen wat hy gedoen het.

Maar nou, dis tog maar net my weergawe van ‘n nuttelose opinie. Wees eerder dankbaar die mannetjie sit in die beskuldigdebank en nie in jou sitkamer langs jou dogter nie…………………Ne??

Nou ja

Onnie ·

Mense moet dalk die berigte meer aandagtig lees. Ek verstaan dat sy en Xander uitgemaak het en dat van haar besittings, waaronder klere, nog by sy huis was. Hy het ingestem om di goed vi ha terug te gee en gesê hy sou dt di vrydagaand koshuis toe bring, omdat hy gehoop ht hy kan ha oorreed om hom terug te vat. Maar sy ht toe reeds n nuwe kêrel gehad. Dit is natuurlik ook wt sy vir hom gesê het toe hy daar kom, maar hy kon di verwerping ni hanteer of aanvaar ni, toe verwurg hy haar. Marna ht di lawaai gehoor en kom kyk, toe jaag hy haar tot in di badkamers waar hy haar ook verwurg hy. Volgens my hoort iemand, wt so maklik uithak en moor, vi ewig agter tralies. Hy is n gevaar vi di samelewing.

Chris ·

Onnie, dankie tog dat jy vir al die ander lesers mooi verduidelik het wat daardie aand gebeur het, want dit is vir my as leser vreeslik irriterend as mense nie die feite reg het nie, en dan driekwart van dit wat hulle skryf feitelik verkeerd is, en sommer hulle eie stories opmaak.

jaco ·

Wat soek haar klere by sy huis? Hulle was nie in ‘n saamwoon verhouding nie. Elkeen nog by sy/haar ouers.

Charlene ·

Onnie. Is dit REGTIG soveel moeite om woorde soos ‘het’ en meer behoorlik uit te tik?

Onnie ·

Julle kan nie nou die meisies uitmaak as “sleg” nie – sies vir elkeen wat dit insinieer. As elke skoolliefdestelleurstelling in n dubbelle moord geïndig het – waar was ons nou?

AH ·

Ek stem saam met Onnie. Hoekom die meisies se name beswadder? Ek het ook skoolkyse gehad. Dit was baie onskuldig daardie jare en het by hande vashou en soenties in die agteste ry van die Bioskoop gebly. My hart was ook ‘n keer of twee gebreek wanneer so ‘n skoolkys uitgemaak was. Op daardie stadium was die emosies baie rou en het dit soos die einde van die wêreld gevoel. Genadiglik het nie een van die partye gemoor of selfmoord gepleeg nie. Dié dinge het nie eens by ons opgekom nie…..Onskuldige, goeie ou tye nou lankal verby.

VanAfrika ·

Hy was klaar n geweldadig persoon teenoor haar en sy was bang vir hom, hoekom sou sy hom dan tart as sy klaar geweet het waartoe hy in staat was? Ook het die speurder geweet dit was hy want hy het dadelik na Xander se ouers se plaas gery en hom agter n skuur muur gekry waar hy weg gekruip het en daar het hy erken dat hy dit gedoen het. Gaan lees weer die huisgenoot artikels.

En of die sekurteitshek gesluit was of nie, dit gee niemand die reg om in jou privaat kamer in te kom en jou lewe te neem net omdat hy nie verwerping kan aanvaar nie. Hy was die meester van sy eie spel en deur sy aggresiewe geaardheid het sy besluit dis beter vir haar om hom uit haar lewe te kry en toe help dit ook nie, moor haar sommer al was hulle nie meer saam nie en het haar enkelskap haar geen veiligheid gebring nie. So of sy nou met of sonder hom was, sy was steeds nie veilig nie en toe loop die vriendin sommer ook deur vir die lekkerkry.

Amanda ·

Oh please, what a bloody ridiculous comment. So what if they had other intentions? I went to boarding school and we were always getting up to mischief, does that justify a DOUBLE MURDER?? Stop blaming the VICTIMS. I am sure your little book has some dark pages in it as well.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.