Xeno-aanvalle: Talle Zimbabwiërs erg getraumatiseerd

Skermskoot uit 'n video op Facebook van vermoedelik 'n Xenofobiese voorval in Johannesburg (April 2015)

Skermskoot uit ‘n video op Facebook van vermoedelik ‘n Xenofobiese voorval in Johannesburg (April 2015)

Talle Zimbabwiërs wat na hul tuisland gerepatrieer is, is erg getraumatiseerd en moet spesiale berading ontvang.

Dorcas Sithole, ʼn beampte van Zimbabwe se departement van gesondheid, het aan The Herald gesê dat ten minste 18 van die 456 gerepatrieerde Zimbabwiërs spesiale aandag nodig het. “Uit die 456 burgers wat ontvang is, het 97 geestesgesondheidprobleme, terwyl 18 spesiale berading moet ontvang,” het Sithole gesê.

Volgens Sithole moet die departement berading aan die slagoffers verskaf omdat hulle “verskriklike goed” ervaar het. Die eerste groep Zimbabwiërs wat Dinsdag van die xenofobiese geweld in Suid-Afrika gevlug het, het hartverskeurende verhale om te vertel, het hy gesê.

Hoewel die Suid-Afrikaanse Polisiediens gesê het dat slegs een Zimbabwiër in die aanvalle dood is, het Jonathan Moyo, Zimbabwe se minister van inligting, gesê díegene wat teruggekeer het na Zimbabwe meen die dodetal is baie hoër as wat aangemeld is. Dit kom nadat Suid-Afrika se minister van verdediging, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, Dinsdag bevestig het dat ʼn man en vrou van Zimbabwe in Alexandra geskiet is, maar die aanval oorleef het.

Intussen het president Robert Mugabe in die spervuur beland nadat die opposisieparty, Movement for Democratic Change (MDC), gesê het hy is verantwoordelik vir die Zimbabwiërs wat in Suid-Afrika doodgemaak is.

Die MDC-herlewingsgroep het Mugabe uitgedaag om Zimbabwe se ekonomie reg te ruk en gesê die land se ekonomiese ineenstorting is die rede waarom Zimbabwiërs steeds uitgelewer word aan “brutale en koudbloedige moord in Suid Afrika”.

News24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Debbie ·

hierdie sort van ding gaan net misdaad vererger in SA……

Ex Zim Boer ·

Hoe het die boere in Zim gevoel toe hulle daar aangeval is. Hieveel van die Zimbabwiers wat nou aangeval word was Mugabe se “war veterans” en het wit boere in Zim aangeval. Die tafel het nou gedraai.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.