Xeno-aanvallers moet nou vervolg word, sê premier; meer as 300 aangekeer

'n Vredesoptog teen xenofobie wat in April 2015 in Durban, KwaZulu-Natal gehou is. Foto: Verskaf

‘n Vredesoptog teen xenofobie wat in April 2015 in Durban, KwaZulu-Natal gehou is. Foto: Verskaf

David Makhura, premier van Gauteng, het Sondag gesê persone wat uitlanders aangeval het, moet vervolg en in die tronk toegesluit word.

“Dit is tyd om verby die inhegtenisnemings te beweeg en seker te maak dat hierdie aanvallers vervolg word,” het hy by Christ Church in Mayfair aan gemeenskapslede en godsdienstige leiers gesê. “Mense sal sien dat hierdie afskuwelike dade nie geduld word nie, sodra persone skuldig bevind en gevonnis word.”

Malusi Gigaba, minister van binnelandse sake, het Sondag aan verslaggewers in Pretoria gesê meer as 300 mense is reeds in verband met die wydverspreide aanvalle op uitlanders en plundery in hegtenis geneem.

President Jacob Zuma het Saterdag ʼn amptelike reis na Indonesië gekanselleer om die xenofobiese aanvalle tuis te hanteer.

Makhura het ook ʼn skuiling vir hawelose uitlanders in Mayfair besoek. Hy het gesê die voortslepende aanvalle is ʼn gevaar vir die mensdom. “Dit moet onder beheer gebring word, dit is ʼn gevaar vir die mensdom. Ons doen ʼn beroep op vakbonde, studenteorganisasies, godsdienstige leiers, sportliggame… almal, om hierteen op te staan.”

Meeste van die uitlanders is Saterdag van Alexandra gebring. ʼn Mosambieker is dood nadat hy in Alexandra met ʼn mes aangeval is. Die xenofobiese aanvalle het twee weke gelede in Durban, KwaZulu-Natal begin en toe na die res van die land uitgebrei.

Makhura het gesê almal moet teen xenofobiese aanvalle opstaan en nie ontspan wanneer die situasie bedaar nie. “Ons moenie reaktief wees nie, ons moet onophoudelik werk en steeds met mense praat en seker maak dat hulle die gevolge van die dade sal besef,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Japie ·

Soveel word gekanselleer en gedoen vir hierdie mense maar aan die plaasboere se lot word niks gedoen deur die regering van die dag nie.

Stephan ·

Die probleem is egter:
Die regering is nie (en was nog nooit) in beheer nie. Dis ‘n klomp amateurs “buite beheer”.

Peet Schabort ·

Stephan, Amateurs=ama peuters=so tussen 1jr en 4jr oud=paralament

amelia ·

Stem saam Japie miskien tyd geword dat daar eerste gekyk word na die plaasmoorde en met hoeveel van die plaasmoorde word buitelanders verbind Hier is nie eers werk vir ons eie mense nie

Retha ·

Goodwill Zwelatini moet gearresteer word. HY is die oorsaak van die geweld. Kla hom aan vir moord.

jacques ·

Het hy gese hulle moet die mense doodmaak?Elke mens het sy eie wil gekry van God dis wat jy daarmee maak.Ek is nie n Zuma van nie maar ek is geworry oor die volgende ou wat oorvat?
Hy regeer nie regtig meer die land nie daar is n 3de mag betrokke wat hom rondstoot op die oomblik.

pop ·

Die oomblik wat die buiteland ook hulle stemme dik maak oor ons boere sal daar baie gou opgetree word. Die algemene gevoel by die regering is dat niemand oor die wittes hier gepla is nie. Is mos ons eie skuld dat ons so gehaat word. En ek begin ook dink dat die buiteland dit goedkeur dat ons so uitgemoor word

SA - ·

I don’t care a damn, our Fathers used to stay in the bush – what we learn in our history, they are so fortunately but today they call us STUPIDS and this very same Government they need today, the also called STUPID Government, they must go home I am sorry. Mr Donald Trumps call SA “a very danger mess” he must take his Hotels and also go. We’ve got enough Hotels in SA, only need more schools and hospitals. What is happening in Kenya, Nigeria and Somalia. SA is not forced to keep Deport immigrants…..

War is over in this country, what is so hard to leave if it’s requested to do so…not everyone is benefiting in this investments etc. that you guys are mentioning. We have small businesses in our country that’s not even supported by banks in SA, but Foreigners own shops allover the place…..but South Africans can’t even get accommodation to rent shops or anything.

they must go we have it all

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.