Xeno-betogings vlam op in Durban tydens vredesoptog

Durban se middestad. Foto: Verskaf

Durban se middestad. Foto: Verskaf

Geweld het Donderdag tussen polisielede en pro-xenofobiese betogers in Durban uitgebreek, kort voor ‘n vredesoptog teen xenofobie tot ʼn einde gekom het.

Terwyl sprekers hul toesprake gelewer het, het polisiemotors na Joe Slovo en Dr Pixley KaSeme-strate gejaag waar hulle skokgranate en traangas gebruik het om die betogers te verjaag. Volgens ʼn polisielid het die skare gesing dat buitelanders moet huis toe gaan.

Verdere skermutselinge het in nabygeleë strate uitgebreek en polisielede moes ʼn waterkanon en skokgranate gebruik om die groepe betogers uiteen te jaag. ʼn Polisielid het ook glo pepersproei teen die betogers gebruik, terwyl ander rubberkoeëls afgevuur het. Een betoger is in hegtenis geneem.

Die meeste ondernemings was reeds voor die optog gesluit, maar ná die botsing met die polisie was alle winkels se deure gesluit.

Talle polisiebeamptes is intussen in Johannesburg ontplooi uit vrees dat xenofobiese geweld daar kan opvlam nadat ʼn winkel Woensdagnag geplunder is en motoriste in die middestad se motors met klippe bestook is.

News24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Anton Smit ·

Ek stem saam met die betogers jaag hulle terug na hulle eie land want dit is hulle drugs en dagga smokkel en vir die anc stem

jakes ·

Kry Sars betrokke- het enige van hul ooit BELASTING betaal? Helfte onwettig in land so WIE monitor hul doen en late?

jakes ·

Standbeelde ook nou nie meer brandpunt- klem verskuif nou na xenofobia. Rookskerm sodat korruptes ongesiens staatskas leeg steel terwyl almal net fokus op arme uitlanders. Brand en plunder die parlement vir nasiebou eerder.

JP ·

Ek stem, almal moet terug waar hul vandaan kom, maar virdien die merse om so gemartel,verbrand en vermoor te word???Dit dui net die tiepe monsters wat ons mee moet prober saamleef in ons land!!!

Dave ·

Jy kan dit gerus weer probeer skryf. Aanhouer wen. Wenk, gebruik ‘n woordeboek hierdie keer.

Dave ·

Julle grootbekke is tien teen een deel van die groep wat op ander forums hoop dat blanke Suid Afrikaners vlugtelingstatus sal kry en sodoende toegelaat word om te emigreer.

Agnes ·

Ek hoop en bid dat ons weer n veiliger RSA sal kry.
Staan saam vir vrede

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.