Xeno-klopjag by Jeppestown-hostel

Foto: @YusufOmarSA op Twitter.

Klopjag op 21 April 2015 by die Jeppestown-hostel in Gauteng Foto: @YusufOmarSA op Twitter.

Die polisie en lede van die weermag het Dinsdagaand ʼn klopjag gehou by die Jeppestown-hostel in Gauteng in ʼn soeke na vuurwapens.

“Die hele nasionale span is hier. Die nasionale kommissaris is ook hier,” het lt. Kay Makhubela, woordvoerder van die polisie, gesê.

Foto’s van die hostel wat deur eNCA uitgesaai is, wys hoe dosyne mans, sommige slegs in hul slaapbroeke, in die gange staan met hul arms opgelig en handpalms teen die muur vasgedruk, terwyl soldate hul beddens en sluitkassies deursoek.

Dié klopjag volg nadat Nosiviwe Mapisa-Nqakula, minister van verdediging, vroeër Dinsdag aangekondig het dat die weermag landswyd in gebiede ontplooi sal word waar xenofobiese geweld plaasvind.

Sewe mense is die afgelope week dood tydens xenofobiese aanvalle in KwaZulu-Natal en Gauteng.

Volgens ʼn eNCA-verslaggewer het die polisie en weermag beslag gelê op ʼn kapmes, ʼn klein byl en verskeie messe.
Makhubela het kort voor middernag gesê niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Bron: Thomas Hartleb, News24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.