Nosiviwe Mapisa-Nqakula, minister van verdediging, het gesê baie mense op voetsoolvlak “sal dit waardeer indien die weermag ingebring word”. Sy het verduidelik dat die soldate nie die werk van die polisie sal oorneem nie, maar sal help om die vrede te bewaar.
Intussen het vier mans Dinsdag in die Alexandra-landdroshof verskyn in verband met die moord op die Mosambieker Emmanuel Sithole, wat oor die naweek in ʼn straat in Alexandra met ʼn mes doodgesteek is.