Xenofobie: Weermag in Alexandra ontplooi

Argieffoto

Argieffoto

Die Suid-Afrikaanse weermag is Dinsdag in Alexandra, noord van Johannesburg, ontplooi waar xenofobiese geweld oor die afgelope paar dae gewoed het.

Nosiviwe Mapisa-Nqakula, minister van verdediging, het gesê baie mense op voetsoolvlak “sal dit waardeer indien die weermag ingebring word”. Sy het verduidelik dat die soldate nie die werk van die polisie sal oorneem nie, maar sal help om die vrede te bewaar.

Intussen het vier mans Dinsdag in die Alexandra-landdroshof verskyn in verband met die moord op die Mosambieker Emmanuel Sithole, wat oor die naweek in ʼn straat in Alexandra met ʼn mes doodgesteek is.

News24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.