Landdros Nasha Banwari het die saak tot 5 September uitgestel en Yengeni se borg van R500 verleng.
Yengeni se vorige hofverskyning was op 3 Junie en die saak is tot 12 Augustus uitgestel sodat die verdediging geskrewe voorleggings by die vervolgingsowerhede kon indien vir die terugtrekking van die aanklagte.
Tydens Dinsdag se verrigtinge het Waheed Badrodien, Yengeni se regsverteenwoordiger, gesê die voorleggings is nog nie ingedien nie. Hy sê dit kan nie ingedien word voor die staatsaanklaer Adiel Jansen, meer besonderhede rakende die aanklagte verskaf nie.
Badrodien sê hy wag vir bykomende inligting sodat ‘n private forensiese kenner ‘n verslag kan opstel. Hy sê die kenner se verslag sal saam met die voorlegging ingedien word.
Yengeni het nog nie op die aanklagte van dronk- en roekelose en nalatige bestuur gepleit nie. Yengeni se bloedalkoholvlak was glo 0,25 – vyf keer meer as die wettige perk van 0,05 g/100 ml bloed.
Yengeni is in Augustus verlede jaar in hegtenis geneem nadat hy glo nie behoorlik beheer oor sy Maserati gehad het nie.
Yengeni is ook in 2007 in Goodwood in Kaapstad in hegtenis geneem nadat hy glo onder die invloed van alkohol bestuur het. Hy was toe ook op R500 borgtog vrygelaat en is uiteindelik deur die hof vrygespreek. In dié stadium was hy uit op parool nadat hy in 2003 skuldig bevind is aan bedrog nadat hy nie ʼn 47%-afslag op ʼn 4×4 Mercedes-Benz aan die parlement bekend gemaak het nie.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
10 Kommentare
Wanneer is hierdie oortreding al gepleeg? Baie lank! Nog steeds word daar gewag op voorleggings! My voorspelling is dat daar niks van hierdie saak gaan kom nie!
As hy los kom, kan almal wat vir dronk bestuur aangekla word na die saak verwys.
Mmmm, iemand maak geld.