Yengeni in hof vir dronkbestuur

Tony Yengeni. Foto: SAUK

Tony Yengeni. Foto: SAUK

Tony Yengeni, lid van die ANC se nasionale uitvoerende komitee, het Dinsdag in die Kaapse distrikshof verskyn op aanklag van dronkbestuur.

Landdros Nasha Banwari het die saak tot 5 September uitgestel en Yengeni se borg van R500 verleng.

Yengeni se vorige hofverskyning was op 3 Junie en die saak is tot 12 Augustus uitgestel sodat die verdediging geskrewe voorleggings by die vervolgingsowerhede kon indien vir die terugtrekking van die aanklagte.

Tydens Dinsdag se verrigtinge het Waheed Badrodien, Yengeni se regsverteenwoordiger, gesê die voorleggings is nog nie ingedien nie. Hy sê dit kan nie ingedien word voor die staatsaanklaer Adiel Jansen, meer besonderhede rakende die aanklagte verskaf nie.

Badrodien sê hy wag vir bykomende inligting sodat ‘n private forensiese kenner ‘n verslag kan opstel. Hy sê die kenner se verslag sal saam met die voorlegging ingedien word.

Yengeni het nog nie op die aanklagte van dronk- en roekelose en nalatige bestuur gepleit nie. Yengeni se bloedalkoholvlak was glo 0,25 – vyf keer meer as die wettige perk van 0,05 g/100 ml bloed.

Yengeni is in Augustus verlede jaar in hegtenis geneem nadat hy glo nie behoorlik beheer oor sy Maserati gehad het nie.

Yengeni is ook in 2007 in Goodwood in Kaapstad in hegtenis geneem nadat hy glo onder die invloed van alkohol bestuur het. Hy was toe ook op R500 borgtog vrygelaat en is uiteindelik deur die hof vrygespreek. In dié stadium was hy uit op parool nadat hy in 2003 skuldig bevind is aan bedrog nadat hy nie ʼn 47%-afslag op ʼn 4×4 Mercedes-Benz aan die parlement bekend gemaak het nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Hannelie ·

Wanneer is hierdie oortreding al gepleeg? Baie lank! Nog steeds word daar gewag op voorleggings! My voorspelling is dat daar niks van hierdie saak gaan kom nie!

Trippie ·

Nie nodig om te voorspel nie, DIS ‘N FEIT, hier gaan NIKS van kom nie.

Tyd is nie ‘n faktor in hierdie land nie – more is mos nog ‘n dag, volgende jaar ook.

Trippie ·

Nie nodig om te voorspel nie, DIS ‘N FEIT, hier gaan NIKS van kom nie.

Tyd is nie ‘n faktor in hierdie land nie – more is mos nog ‘n dag, volgende jaar ook. Mens vind dit “onverklaarbaar” waarom hierdie tipe saak so uitgerek word.

Daantjie ·

Klink of jy self besope is. Los die dames uit en konsentreer op jou brandewyn en coke.

Babs ·

As hy los kom, kan almal wat vir dronk bestuur aangekla word na die saak verwys.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.