‘Yes4Youth mislei publiek oor oopstelling van skema’

Yes4Youth se aankondiging.

Hoewel die Yes4Youth-jeugwerknemerskema Donderdag getwiet het dat hy sy registrasieblad ook vir wit werklose jeugdiges oopgestel het, is die teendeel die waarheid.

So sê Solidariteit Jeug nadat die Yes4Youth-skema – ’n projek waarby die regering die privaat sektor wil betrek om jeugwerkloosheid hok te slaan – die aankondiging gedoen het nadat dié skema vandeesweek onder kritiek deurgeloop het omdat wit werklose jong mense op grond van hul velkleur uit die skema uitgesluit word.

Jy kwalifiseer steeds nie vir die YES-program nie, want jy is nie net jonk en werkloos nie – maar wit.

“Hoewel Yes4Youth aanvoer dat die program nou oop is vir alle rasse,” het Paul Maritz, koördineerder van Solidariteit Jeug, gesê, “word jy steeds uitgesluit uit die program as jy wit is.

“ʼn Boodskap deel jou met hoflike minagting mee dat jy van ander webwerwe kan gebruik maak om jou CV te plaas. Jy kwalifiseer steeds nie vir die YES-program nie, want jy is nie net jonk en werkloos nie – maar wit.”

Toe die bestuurders van die program gekonfronteer is “deur die duidelike immorele implikasies van hul pogings om gruwelik teen arm wit mense te diskrimineer, het hulle dit klaarblyklik nodig geag om hul boodskap te verander”, sê Maritz.

“Ongelukkig het hulle dit nie goedgedink om hul immorele gedrag stop te sit nie. Yes4Youth probeer nie net om die publiek op sosiale media – waar hulle onder skerp kritiek deurgeloop het – te mislei nie; die skema wys ook deur hul aksies dat diegene wat dit lei, die uitsluiting van mense op grond van hul ras goedkeur.”

Dit versterk die idee dat wit mense in Suid-Afrika eintlik tweedeklasburgers is omdat hulle wit is.

Paul Maritz, koördineerder van Solidariteit Jeug.

Maritz meen hierdie stap is nog ʼn klap in die gesig van jong wit werkloses. “Jy word steeds op grond van jou ras uitgesluit uit die diens wat aangebied word, maar amptelik word nou verkondig dat jy wel ingesluit is.

“Met hierdie minagtende boodskap dring Yes4Youth daarop aan dat jong werkloses in verskillende rye moet gaan staan, en dit gebaseer op velkleur. Dit versterk die idee dat wit mense in Suid-Afrika eintlik tweedeklasburgers is omdat hulle wit is.

“Dit is onverdedigbaar dat die webwerf nou vir die desperate jong werklose wit vrou sê dat sy in ʼn ander ry hoort en dat sy gelukkig moet wees sy word enigsins op die YES-webwerf toegelaat.”

Volgens Maritz sal Solidariteit Jeug voortgaan om ʼn klagskrif saam te stel wat mense die geleentheid sal bied om ʼn brief aan die president oor die uitsluiting van werklose jeugdiges bloot op grond van hul velkleur te onderteken.

Te wit?

“Die narratief wat ontstaan, is dat dit reg en normaal is om mense op grond van hul velkleur uit te sluit. Ons kan eenvoudig nie hieroor stilbly nie en die stem van duisende mense moet in hierdie verband gehoor word.

“Die krisis van jeugwerkloosheid is inderdaad groter as ras. Yes4Youth voer aan dat hulle ook groter as ras is. Dit is tyd dat hulle daad by die woord voeg. Verwyder die rasseklassifikasie by die registrasie en beloon sakeondernemings wat jong werkloses help – ongeag hul ras.

“Om steeds aan te voer dat ʼn spesifieke ras se jong werkloses groter waarde het as ʼn ander ras s’n is moreel onverdedigbaar. Die idee dat jong swart werkloses slegs gehelp kan word deur jong wit werkloses uit te sluit, bly absurd.”

Die idee dat jong swart werkloses slegs gehelp kan word deur jong wit werkloses uit te sluit, bly absurd.

Hy meen om die boodskap “wat blatant op grond van ras uitsluit te verwyder en dit met twee afsonderlike rye vir werkloses te vervang, het bitter min aan die hele kwessie verander”. Yes4Youth sê steeds vir die jong wit werklose: “Jy is eintlik onwelkom; gaan staan asseblief in ʼn ander ry.”

Maritz meen: “Wanneer ʼn mens te skaam kry om aan ander te erken waarmee jy besig is, is dit tyd om jou optrede te staak en nie bloot daaroor te jok nie.”

Solidariteit win tans ʼn regsmening in oor moontlike litigasie in verband met dié kwessie.

Om die klagskrif te onderteken, klik hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Ouma ·

Afgesien van die registrasie proses probleme moet mens verder lees. Wit jongmense kan aansoek doen by “those companies wishing to participate for non-BBBEE purposes” Watter firma gaan wit mense aanvaar en hul BBBEE status prysgee? Nee wat, hier is beslis verdere aftakeling aan wit mense.

Pietskiet ·

Ek glo ook dis verkeerd maar ongelukkig moet ek se ons wit seuns wil nie hande arbeid he nie hulle is so arogant wil staan en toesig hou het reeds 5 wit seuns vir my laat werk maar hulle soek toesighouer… Bestuur of wie weet watse poste die wittes is te lank gepamperlang deur ons eie wit mense hulle glo hulle mag nie met n pik en graaf werk nie staan eerder by n robot en maak geld
Jammer ek is ook wit met n pty besigheid maar sal nie weer n witte in vat nie

DeVill ·

Stem saam.
Daar is min goed wat my so kwaad maak as om te sien hoe staan en kyk die “toesighouer”, sigarette in die mond, vir die manne wat werk.

Wdp ·

Dis nou genoeg hierdie BEE rasisme moet gestop word. Stop sommer om besighede wat BEE is te ondersteun. Al wanneer wit goed genoeg is as hy geld gee.

Louis Jacobs ·

Solidariteit moet net hul eie jeugwerknemerskema begin.
As jy iets ordentlik gedoen wil hê, doen dit self.

Karolis ·

Gaaaaaaaaaap, het solidariteit jeug nie iets om te doen nie eerder as om ou koeie uit die sloot te haal nie?

Niek ·

Dit is bloot net nog ‘n webtuiste gebaseer op ‘n goeie idee.
Dit gaan ‘n baie klein impak hê.
Die ekonomie moet groei en genoeg geleenthede vir almal skep.
Nietemin is die uitsluiting blatant diskriminerend. Sou iemand ‘n webtuiste skep vir net blankes en of Afrikaanssprekendes sal die gort gaar wees.

Wiehan ·

Hoekom stig Solidariteit nie ‘n webwerf waar firmas werk kan aanbiedvir jong wit werklose mense nie

Niek ·

Iemand kan natuurlik ‘n webtuiste begin genaamd http://www.fiftypercent. co.za.
Slegs jongmense wat meer as 50% gemiddeld het vir matriek word toegelaat. Werknemers kan dan kwaliteit aansoeke kry. Enige kleur welkom. Hoop iemand dink hieraan.

Sias ·

Begin ‘n webtuiste vir matriekulante met 50%+ gemiddeld. Werkgewers kan dan beter kwaliteit aansoekers. Geen rassediskriminasie.

jaco ·

Onthou net selfs ‘n hedendaagse 80% gemiddeld is eintlik maar gekyk aan iets soos 55% gemeet aan die standaarde van die ou SA.

Ai ·

En steeds berig/kuier ons in Afrikaans. En steeds sê die algemene man op straat in die buiteland “Wat!? Regtig?! Ek het nie geweet sulke dinge geneur in SA nie?”

Dankie MM dat julle alleen maar ‘n weerlig afleier is instede van ‘n alternatief vir HSM.

Dissie ·

Martin Luther King, Jr. Quotes. I have a dream that my four little children will one day live in a nation where they will not be judged by the color of their skin, but by the content of their character.

François Joubert ·

Ek en my familie het gekies om eersteklas burgers in ‘n nie-rassistiese eerste wêreld land te wees en SA vaarwel geroep waar ons as derdeklas burgers behandel is.

Johan ·

Wit jongmens, begin jou eie besigheid en hou op treurig wees, beveg kommunisme hand en tand! Hou op om by die swartes bakhand te staan.

Akademi Buktu ·

Daar is ‘n realiteit wat baie aksies in ons land rig – die feit dat die Swart groepe nog nie hul minderwaardigheidsmentaliteit kon oorbrug nie en dit waarskynlik onder die huidige polititieke leierskappe ook nooit sal vermag nie.

Frikkie ·

“for those companies wishing to participate for non-BBEEE purposes”….
so jy kry sommer solank die “boodskap” as jy wit jeug in diens wil neem…

DeVill ·

Na 25 jaar waar swart mense,
Beurse
Aandele
Bestuurs posisies
Eiendomme
Werks geleenthede
Werkskeppings programme
50% van wit besighede
ens ens ens
gekry het, gratis en UITSLUITELIK vir swart mense, kan hulle nog steeds nie op gelyke voet meeding met die wit mens nie.
Hoekom is dit?

charmaine ·

Ek se altyd hulle haat ons maar tog wil hulle soos ons wees. Kyk net hoe het hulle in 25 jaar verander, klere, kosse, huise, motors, privaat skole, goeie werkposisies,ens… ek dink dis maar ook jalosie op ons. Meeste van hulle is binne 25 jaar finansieel beter af as van ons wat haar 3-40 jaar werk.

Piet ·

Om te wys ons is nog hier. Ons gaan nie lê nie. Ons is trots. Ons sal ons deel doen, want ons kan.

Hendrik ·

Hoe gaan jy werklik protesteer teen al die aanslae teen die Afrikaners. 114 wette op die wetboeke teen die wittes? Onthou die regering wil he ons moet deelneem aan die demokrasie anders is die demokrasie ‘n mislukking. Dit sal die meeste inpak van alle protesaksies wees teen die diskriminerende wetgewing ooit. Baie belangrik dat dit die meeste reaksie en aandag op die onderwerp sal vestig in S.A en wereldwyd!

Matt ·

Interesting point of view of Affirmative action:
“South Africa is the only country in the world where affirmative action is in favour of the majority who has complete political control. The fact that the political majority requires affirmative action to protect them against a 9% minority group is testament to a complete failure on their part to build their own wealth making structures, such that their only solution is to take it away from others”
Finally, a word recently coined to describe South Africa’s current political situation:
Ineptocracy – a system of government where the least capable to lead are elected by the least capable of producing, and where the members of society least likely to sustain themselves or succeed, are rewarded with goods and services paid by the confiscated wealth of a diminishing number of producers.

Jerry ·

Dit is net AfriForum ondersteuners wat te blind is om te kan sien wat aangaan. AfriForum het alles begin met afsonderlike ontwikkelling. Noudat die ANC julle julle sin gee om afsonderlik te ontwikkel, nou skreeu julle ten hemele dat die ANC teen julle diskrimineer deur julle uit te sluit nadat julle omtrent daarvoor gesmeek het! Na AfriForum se ondermynende buitelandse veldtogte om investering te ontmoedig en met Ernst Roets se OSV aanbieding aan die parlementere kommittee het die ANC gese dat AfriForum geisoleer gaan word, want julle vra so mooi daarvoor. So, AfriForum het geen voet meer om op te staan nie, want julle het julself in die voet geskiet nadat julle telkemale gewaarsku was. AfriForum het witmense belowe dat AfriForum witmense afsonderlik gaan ontwikkel deur selfbeskikking in n eie volkstaat. Daarvan het dadels gekom en nou blameer julle die ANC omdat hulle witmense uitsluit soos wat julle swartmense uitsluit met julle afsonderlike ontwikkeling. AfriForum moet aan witmense dit verduidellik en vir n slag poog om eerlik te wees en mans genoeg wees om te erken dat julle groot skade aangerig het aan witmense se kans op versoening en oorlewing.

Acron ·

As witmense tweederangse burgers geword het, moet ons dus insgelyks ook sommer tweederangse belasting ook begin betaal of sommer glad nie.
Ek is moeg en siek vir die land se sg politici. Van intellek en staatmanskap is daar geen sprake nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.