Yes4Youth sluit nie meer wit jeugdiges uit

Die Yes4Youth-werkskeppingskema wat voorheen nie toegang aan jong wit Suid-Afrikaners verleen het om van die platform gebruik te maak om aansoek te doen vir werk nie, sal voortaan vir alle jong Suid-Afrikaners, ongeag ras, oop wees.

Volgens Solidariteit Jeug het hy ʼn skrywe van Yes4Youth se regspan ontvang waarin dit bevestig word.

Dié drastiese ommeswaai volg ná die volgehoue druk wat Solidariteit Jeug sedert Oktober 2018 op die skema geplaas het om jong wit Suid-Afrikaners toe te laat om ook op die platform om werk aansoek te doen.

Volgens Paul Maritz, koördineerder van Solidariteit Jeug, is dit ʼn reuse-oorwinning vir die wit Suid-Afrikaanse jeug. “Ons is verheug oor Yes4Youth se besluit om hul program se deure vir alle jong Suid-Afrikaners te open.

“Ons sien dit as ʼn toegewing dat rassebeheptheid nie ʼn plek in Suid-Afrika het nie, en dat armoede en swaarkry nie net tot sekere groepe beperk is nie. Ons vier vandag gelyke kanse vir alle jong Suid-Afrikaners,” het Maritz gesê.

Paul Maritz

Solidariteit Jeug het aan die einde van 2018 vir die eerste keer van hierdie program se uitsluitende beleid bewus geword en Yes4Youth namens een van sy lede genader.

Volgens Maritz moes jong mense wat van die platform wou gebruikmaak “ja” of “nee” klik onderaan die vraag: “I am Black, Coloured, or Indian”.

Die antwoord het dan bepaal of die kandidaat kon voortgaan met sy of haar aansoek op die Yes4Youth-platform. Maritz sê voorts dat hierdie vraag intussen van die webwerf verwyder is en dat daar nou slegs vrae oor die nasionaliteit en ouderdom van ʼn aansoeker gevra word.

“Yes4Youth se besluit om alle jong Suid-Afrikaners by die platform in te sluit, skep vir ons hoop. Dit is ʼn stap in die regte rigting om uitsluiting op grond van ras iets van die verlede in Suid-Afrika te maak.

Solidariteit Jeug beywer hom vir gelyke geleenthede vir alle jong Suid-Afrikaners. “Ons hoop dat Yes4Youth se besluit ʼn voorbeeld sal wees vir maatskappye soos Discovery, Eskom en Sasol sodat hulle hul rasse-uitsluiting binnekort sal staak,” het Maritz gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

sweis ·

Ja julle DA stemmers read and weep nog n deurbraak vir die onregverdige diskriminasie teen wit mense en die DA het soos gewoonlik weer geskitter in sy afwesigheid.

D B ·

En julle dink 1 vragie gaan ‘n verskil maak? Jy gaan iewers jou naam en van moet invul. “Hendrik Gideon Brand”, wonder of hy wit is…

elizna ·

bewys aan ons dat hulle n kans sal kry om werk te kry.of is dit net n bly maakertjie om solidarityt van hul nekke af te kry

Helena. ·

Te veel negatiwiteite..
Mens moet positief bly en glo daars plek vir almal.

bosluis ·

Ek kon ook nie help om skepties te wees nie. Bly vir die openbare sukses wat Solidariteit geniet – dit alleen beteken baie, maar wat letterlik agter die skerm gaan gebeur……. Ek sal dit eers glo as daar blanke jeugdiges werk gekry het a g v die platvorm se gebruik

Potlood ·

Tooooo bad, ons soek julle hulp nie meer nie… skynheiliges.

Nel ·

Daar sal net plek vir almal wees as almal en ek meen ALMAL so glo.

Nicolise ·

Ek weet die vakbond sal dit dop hou om te kyk dat dit nie gebeur nie. Ek dink net ons moet hulle meer ondersteun en positief wees. Solidariteit probeer regtig hulle bes.

Vra maar net ???? ·

Nicolise, ek stem saam jou, hulle probeer regtig ‘n verskil maak. Weet iemand dalk watse party Solidariteit ondersteun – ek stem verseker vir dieselfde. Ai …. maar kan jy nou dink hoe baie Politiek betrokke sal wees as hulle ‘n voorstel aan ons maak ????

Eish ·

Dit sou baie naief wees om te glo dat die praktyk die besluit sal weerspieël.
” A man convinced against his will,
is of the same opinion still…”
Tyd dat ons wakkerword en ophou gryp na strooihalms om ons verder tot verstomping en aanvaarding van die status quo te sus.

Jack Daniel ·

Geluk aan die wat wel baat uit dit.
Seker maar familie n tjommy.
Jy Kan niemand vertrou in DIE land nie.
Almal wil vinnig ryk word deur uitbytery n corruption.

Nel ·

Nee wat hulle webwerf spreek boekdele. Ek sien nêrens daar ‘n Hendrik Gideon Brand of ‘n Susara Magdalena van der Merwe nie. En die Committed Business Partners sluit name in soos Woolworths, SASOL, Investec, Standard Bank, Nedbank, Sanlam, Volkswagen en nog ander. Dus, ‘don’t call us, we’ll call you’…

B ·

Volgende stap is om oor 3, 6 en 12 maande ouditverslae aan te vra.

K ·

Ek dink ek moet so vraag dan maar instel by my maatskapy, net n “onskuldige” ja of nee.

Hannah ·

Elke aansoeker moet n foto van hom/haarself aanheg by die aansoek

Dan kan Y4Y dubbel seker wees wie is wie…
??

GM ·

Ja? En dan stuur jy jou CV saam waarop jou volle name en I.D. nommer is, en dalk nog ‘n foto ook, en siedaar, die ‘toegewings’ verdwyn. Hulle smeer net heuning om die goedgelowiges se monde. Dalk gee hul hier en daar werk vir ‘n wit man of vrou net om die skyn voor te hou – kom ons kyk maar.

Hans ·

Ek stem saam met B -‘n onafhanklike ouditeur moet die oudit doen om te bepaal of al die minderheudsgroep werklik volle voordele geniet het. Dit is ons reg en nie “toegewing” nie.

Joe ·

Ek sal graag wil weet hoekom MM nie my kommentaar plaas nie? Ek het letterlik net die YES Website aangehaal.

Anja van der Merwe ·

Dagsê Joe,

Baie dankie vir jou boodskap en dankie dat jy Maroela so lojaal ondersteun! Dis lesers soos jy wat van Maroela Media die lekkerste kuierplek op die internet maak.

Ons kommentaar word gemodereer kragtens ons bepalings en voorwaardes vir lesersdeelname (https://maroelamedia.co.za/bepalings-en-voorwaardes/). Dié riglyne is opgestel in samewerking met regskenners om seker te maak ons en ons lesers word beskerm. Ongelukkig volgens hierdie bepalings en voorwaardes kan ons nie enige kommentaar met skakels na ander webtuistes plaas nie.

Ons hoop jy kuier sommer lekker verder saam op Maroela.

Groetnis
Anja
nms Maroela Media

Peter ·

Wanneer ek n “sekere kandidaat” MOET aanstel, en sien jy is deel van YES, dan is my antwoord NO.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.