Yorkies in haglike toestande by Pta-‘agterplaasteler’ aangetref

Tshwane DBV

Een van die honde waarop die DBV beslag gelê het. Foto’s verskaf.

Die Tshwane Dierebeskermingsvereniging (DBV) het Donderdag op talle honde van ʼn “agterplaasteler” in Kameeldrift, noordoos van Pretoria, beslag gelê. Die meeste van dié honde moes van kant gemaak word nadat hulle glo in haglike toestande aangehou is.

Jaco Pieterse, woordvoerder van die Tshwane-DBV, het Vrydag gesê die DBV het ʼn lasbrief by die Cullinan-landdroshof verkry om toegang tot die teler se eiendom te bekom nadat hulle klagtes van die publiek oor die honde se toestand ontvang het.

“Meer as 300 honde, waarvan die meeste Yorkshire Terriërs is, is op die perseel aangetref en daar is bevind dat die meeste van die honde in slegte en vuil toestande aangehou is. Van die honde het gewasse, vrot tande en mediese toestande gehad wat dringende behandeling van ʼn veearts vereis het,” het Pieterse gesê. “Van die honde is ook in klein hokke aangehou en is aanhoudend vir teeldoeleindes gebruik.”

Die DBV het beslag gelê op 30 honde. “Ons moes ongelukkig 21 van dié honde van kant maak weens hul swak toestand.” Die res van die honde waarop beslag gelê is, is veilig in die sorg van die DBV.

Kriminele aanklagte van dieremishandeling is aanhangig gemaak en die DBV sal ʼn wakende oog hou oor die welstand van die res van die diere.

“Ons dink die betrokke teler bedryf  ʼn agterplaastelery wat nie voldoen aan die vereistes van die dierebeskermingswet nie. Die DBV is gekant teen onbeheerde agterplaastelers. Verskeie mense is nie bewus dat die oulike hondjie wat hulle oor die internet of van sommige troeteldierwinkels koop, gebore is van ʼn dier wat erge pyn en lyding in haglike omstandighede moes deurmaak nie,” het Pieterse bygevoeg.

Pieterse het ʼn beroep op die publiek gedoen om eerder diere by ʼn betroubare diere-organisasie aan te neem, in plaas daarvan om diere by telers te koop.

Die betrokke teler is glo by die Kennel Union of South Africa (Kusa) geregistreer.

 

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

38 Kommentare

Nellie ·

Ek hoop regtig daar gaan teenoor die teller opgetree word.
Ek wonder net hoe kyk hulle agter hulle eie kinders as hulle nie eers na sulke diere-kinders kan kyk nie.

Gee asb terugvoering, dankie.

sandy ·

Haaglik? Wie spel so? Dis “haglik”-net so by the way. En-mense sal altyd n wil geld maak uit diere-dis in hul aard om hulle te gebruik daarvoor.

Sune van Heerden ·

Dagsê Sandy

Ons vra groot om verskoning vir dié groot fout wat ongesiens verbygegaan het en ook nie deur enige van ons teksversorgers reggemaak is nie. Ons het die berig gewysig. Dankie dat jy ons daarop gewys het!

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Gerhard ·

Sandy, gaan lees jou eie sinne voor jy oor een woordjie wil klippe gooi na die publikasie of joernalis… Sal ek ook nou sê: WIE SPEL SO!!!!

jacoba ·

Dit is hart verskeurend, reguit tronk toe met di mense, nee man n mens se diere is soos kinders, verskriklik hartseer

Beatrix ·

ek dink die mense moet aan gedoen word wat hulle aan die arme diere kinders gedoen het .Kannie dink hoe iemand so ongevoelig is nie my hart gaan uit na die diertjies

Johan ·

Maak die Mense met ketting in a hok vas Laat hulle honger en dors ly soos die honde Hoop hulle kry tronk straf op sy beste en nie net nog a boete nie

Nico ·

Ek wonder hoeveel van daardie honde is gesteel. Ons Yorkie is ‘n ruk terug gesteel.

Maronel ·

Mag sulke dieremishandelaars verrot in die hel. Vir hulle het dit net gegaan om geld te maak. Sies. Sulke mense is ‘n skaamte/skande vir ons samelewing. As ‘n dier pyn het en nie gered kan word nie, sit hulle uit en verlos hul van die pyn. Ek sal beslis nie dat my diere ly nie. Ek is so lief vir diere. As ek hoor mense en diere was in ‘n ongeluk, is my eerste woorde of die diere seergekry het. Eers later sal ek dink of die mense iets oorgekom het.

Netta ·

Sit die betrokke teler ook in ‘n hok met geen water en kos nie. Laat hy daar vrot. Ek hoop hy gaan tronk toe. Sies man.

karen ·

People like this do not deserve to live amongst us. Scum of the Earth. Jail time!!!

CHRISTA ·

Hulle optrede is erger as BARBAARS!!! Ek hoop die Hof gee hulle ‘n goeie straf!!!

Isabel Piek ·

Dit is ‘n skande dat mense diere so kan mishandel. Hoop hulle kry behoorlike straf daarvoor. Los hulle tussen ordentlike mense en die sal ook met hulle kan afreken.

Nadia Theron ·

Goeie dag my Yorkie is verlede jaar uit my erf gesteel in Heron Laan Montana sy naam is Cody kan julle vir my kontak detail gee asb. Die oogies van Yorkie lyk nes my Cody sin en hy het net een testicle.

D ·

I do not agree with this sort of breeding, but have been told that other breeders have actually dropped their animals off there because they are “useless” to breed with, purely because of a small problem as an overbite, or what ever else may be the problem. I have rescued one such puppy. Why do we not all adopt a dog from here to rescue and prevent unnecessary euthenasia. The owner should still be prosecuted over this matter and pay a very dear price for her deed. There is a special place in hell for those who abuse animals, and other living beings.

Jenny ·

Hoekom net op 30 honde beslag gele? wat gaan van die ander word, die mense gaan aanhou teel ?

Joan ·

Ja, ek wil ook graag weet – is daar nog 270 oor? (300-30=270)? Waarom sal daar beter na hulle gekyk word? Wie kan 270 hondjies behoorlik versorg?

Marna ·

Hoe werk KUSA registrasie dan? Ek was altyd onder die indruk dat KUSA geregistreerde honde van gerespekteerde telers af kom? Dankie SPCA en sterkte met jul werk! Geen simpatie met die teler nie – hoop net die wet en straf is aan die honde se kant!

Marie' Van Heerden ·

Why were only 30 of these traumatised Yorkies removed?? And How come not all 300 rescued from this Living Hell?? That will sign their Death sentence for sure. There are after all Loving Humans who would like to give one of these suffering Angels a Forever Loving Home. Please contact me urgently as a potential new mommy to provide a LOVING Home and an HONEST TO GOD Healthy Lifestyle. My Heart is Shattered for these little Darlings.

Pierre Potgieter ·

Kan julle die persone wat hieroor berig word vir so 20 minute in my sorg laat?
Ek belowe op my woord van eer dat hulle daarna totaal genees sal wees van hulle dwaling……

CHRISTA ·

Pierre, laat net weet as jy hulp nodig het. Ek is beskikbaar!

magda engelbrecht ·

Wil graag weet as daar 300 honed is waarom word net 30 gevat? Hoe lank voor die res moet vankant gemaak word, die plek moet mos toegemaak word!

Odette ·

renee visage visage – kyk op name, shame & good service het ek al haar details gesit

Christine Werth ·

Sulke mense behoort uit die samelewing gewerp te word. Hoe moet mens te werk gaan om so n diertjie n liefdevolle huis te gee? My hart gaan uit na hulle, het letterlik nagmerries gehad.

Chantelle Vorster ·

My miniature Yorkshire Terrier Akira was stolen here in Witbank and I desperately want her back. She is chipped. Is there anyway she could be one of them :( I am so sad that she is gone….. I can’t believe people do things like this.

Celeste Erasmus ·

Volgens bronne op FB bladsy BAD Breeders exposed South Africa word die website genoem daar en ook wie die persoon is

Celeste Erasmus ·

O ja en sy het weer ‘n ander Facebook bladsy ook gaan oopmaak, want nie al 300 honde is gevat nie, so sy gaan maar aan met haar telery, nice nê?

Almarie ·

Ek persoonlik dink dis omdat daar nou so duur vir honde betaal word dat sekere telers mal gaan. Hulle worry nie oor die mamma hondjie nie want die is net baba maak masjien wat geld inbring. Dis so hartseer ek wens ek kan al die honde daar buite gaan haal wat so mishandel word!!!

Odette ·

Dit is uiters harverskeurend om te sien in watter omstandighede hierdie arme onskuldige diere hulself bevind en madam teler maak derduisende rande uit die teel besigheid en van haar fb blad (wat net mooi fotos is) blyk dit dat sy diere oorsee ook verkoop. Die tipe mens hoort nie te teel nie en hoort tronkstraf te kry. Hoekom nie al die honde verwyder nie?????????? Duidelik is die vrou net daar vir geldgierigheid en niks anders nie. Kusa behoort ook aangekla te word.

Lucia ·

I think it is a great idea to get all the dogs that are available for adoption online somewhere, so that they can be adopted . I have a Yorkie and they are more senstitive than most children, shame on her, would she treat her own children like that???

tinky ·

SPCA mag op hierdie stadium slegs honde verwyder wat dringende mediese hulp nodig het. Dis nou tot die hofsaak voorkom en dan hang dit verder af wat die hof bepaal.

KUSA! Lees die artikel oor KUSA in die jongste Canine Zone. Dit sal julle ogies oopmaak oor wie en wat KUSA is! KUSA is ‘n “registrational institution” en nie ‘n “regulatory institution” nie. Al baie met hulle gekorrespondeer oor gratis honde op gumtree met KUSA geregistreerde ouers en al daai nonsens oor back yard breeders!!!!!

Een van my vriende het die hele artikel gisteraand op FB gesit, hoor!

tinky ·

BACK YARD BREEDING!
Enige iemand wat ‘n troeteldier by ‘n dierewinkel koop, of advertensie in koerant, ens, maak homself skuldig aan moontlike back yard breeding! Dis dieselfde moontlike haglike situasies as in hierdie geval. Buiten dat back yard breeding die honderasse verswak onder andere as gevolg van inteel en swak voeding.

ONTHOU! Back yard breeding en die genoemde breeder in die artikel – dit gebeur in die beste areas en onder die netjieste mense – NIE net in arm areas of plakkerskampe nie!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.