Ysterman-atleet steeds vermis; familie reis na SA

David Bellet-Brissaud (Foto verskaf deur SAPD)

Die polisie in Port Elizabeth in die Oos-Kaap is steeds op soek na David Bellet-Brissaud, die 48-jarige ysterman-atleet van Gaboen, nadat hy Vrydagoggend vroeg onder raaiselagtige omstandighede verdwyn het.

Kol. Priscilla Naidu, woordvoerder van die polisie, het Maandag aan Maroela Media gesê die polisie het in dié stadium geen leidrade oor Bellet-Brissaud se verdwyning nie.

Naidu sê die polisie oorweeg alle moontlikhede om antwoorde oor die atleet se verdwyning te kry. “Ons wil geen afleidings of bespiegelinge maak nie,” het sy gesê. “In dié stadium weet ons nog net dat hy die hotel verlaat het, maar hoekom hy dit gedoen het en waarheen hy op pad was, is nie duidelik nie.”

Sy sê een van dié moontlikhede is onder meer om Bellet-Brissaud se horlosie te gebruik om hom op te spoor. “Ons weet nog nie of dit moontlik gaan wees nie, maar die moontlikheid word ondersoek,” het sy gesê.

Naidu het gesê Bellet-Brissaud se vrou is ook nog in Suid-Afrika. Volgens haar het die atleet se suster, sy broer, ma en ouma ook intussen na Suid-Afrika gereis.

Maroela Media het vroeër berig Bellet-Brissaud en sy vrou het Donderdag omstreeks 15:20 by die Paxton-hotel in Port Elizabeth ingeboek. Hy was in Port Elizabeth om aan die Ysterman Afrika-kampioenskap deel te neem. Die egpaar was saam met vriende uit maar het omstreeks 21:00 na hul kamer teruggekeer. Sy vrou het Vrydagoggend 01:00 wakker geword en Bellet-Brissaud was nie in die kamer nie.

Kringtelevisiebeeldmateriaal wys Bellet-Brissaud het die kamer verlaat, uit die hotel geloop en in die straat af gestap. Hy het sonder sy selfoon en beursie spoorloos verdwyn en is nog nie weer gesien nie.

Enigiemand wat Bellet-Brissaud sien word versoek om ao. Eric Mathews te bel by 083 380 3714.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Lana ·

Sisulu en die regering lieg mos vir die wêreld deur SA voor te hou as ‘n rustige, wetsgehoorsame land.
Kyk nou wat gebeur as mense niksvermoedend hier opdaag!!

Iemand ·

Miskien het die man selfmoord gepleeg. Jy kerm oor misdaad sonder dat ons weet of hy n slagoffer was.

Benita ·

Om daai tyd in die aand in Suid-Afrikaanse strate te wees kan niks goeds voorpel nie.

Andrea ·

Nou as hul DINK hul kan die man moontlik dmv sy horlosie opspoor, moet hul dalk nie maar BEGIN om te probeer nie? Ek meen, dit is al Maandag vandag en hy is sedert vroeg Vrydagoggend vermis…

Iemand ·

Dit gaan gewoonlik oor die “privacy rights” van kliente by maatskapy soos Apple. Die polisie het nie vrye toegang tot kliente se data nie. Die maatskapy moet dit aan hul beskikbaar maak, maar moet ook seker maak dat dit nie die klient se reg op privaatheid skend nie

Selfbeskikking ·

Buitelanders se oe gaan almeer oop oor die gevaar wat in die land heers, en die rede waarom ons vir ons eie veilige land moet onderhandel.

Garath ·

Ek (ons) verstaan nie dat ‘n man van Gaboen, via Parys na PE vlieg, lekker saam met sy Gaboen vriende kuier, saam met sy vrou gaan slaap, [In afwagting van sy eerste triathlon] [In ‘n vreemde land], voor 01h00, net wegraak nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.