Ysterperde help Benoni-kleinhoewes beveilig

Sommige van die grootste voordele is dat die buurtwag vinnig op noodoproepe kan reageer en maklik ’n toneel kan fynkam. (Foto: AfriForum)

AfriForum se Benoni-tak het ʼn nuwe wapen in hul arsenaal: motorfietse wat in veral die stryd teen misdaad op kleinhoewes, plase en landelike gebiede aan die buitewyke van die dorp ingespan word.

Die burgerregteorganisasie sê danksy die tak se landelike veiligheidsprojek kan patrollies nóg makliker in dié gebiede gery word. Die tak het onlangs twee motorfietse by sy ander veiligheidshulpmiddels gevoeg sodat patrollies makliker deur die afgesonderde gebiede gery kan word.

Die tak se buurtwag het bevind dat motorfietse sekere strategiese voordele bied wat voertuie nie noodwendig het wanneer patrollies gedoen word nie. Sommige van die grootste voordele is dat die buurtwag vinnig op noodoproepe kan reageer en maklik ’n toneel kan fynkam.

Lede van die buurtwag op pad na ‘n patrollie. (Foto: AfriForum)

“Ons glo dat die bekamping van misdaad deurlopend samewerking van die gemeenskap vereis, sowel as die toepassing van nuwe en innoverende idees. Ons is oortuig daarvan dat die nuwe toevoegings tot die tak se bestaande veiligheidshulpmiddels ’n groot aanwins sal wees en ’n merkbare verskil in die stryd teen misdaad in en om Benoni sal maak,” sê Jurie Ferreira, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Oos-Rand.

AfriForum sê samewerking is die “sleutel tot sukses” en dat inwoners self ʼn positiewe uitwerking op die veiligheidsituasie van hul dorp kan hê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Olive ·

Dit is wonderlik. Wens alle instansies wat perde inspan om die mens se vuil werk te doen, wil die voorbeeld volg. En dan is daar die wat nie eers verdien om ‘n ysterperd te ry nie. Hulle moet almal bicycles kry. Hulle dra sulke blou uniformpies.

hantie ·

@Annakapat ek ondersteun jou voorstel, want die manne is baie meer blootgestel op motorfietse.

George ·

@Annakapat, nie baie wil dit dra nie, dis ongemaklik en maak jou heelwat stadiger.

Pieterbusa ·

Dalk is koeëlvaste baadjies ongemaklik, maar wat van basiese veiligheids klere. Jy ry mos nie motorfies in ‘n kortbroek nie?? Sonder ‘n baadjie, handskoene en boots? As jy net omval kry jy seer.

Jaco ·

Ek merk op dat hulle GEEN beskermde klere dra. Koeëlvaste baadjies, vuurwapens en behoorlike opeliding behoort ‘n vereiste te wees. Dit is nie speletjies daar buite, al dink party mense so.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.