Ystervarkjagters gestraf

Drie van die beskuldigdes. Foto: DBV

Drie van die beskuldigdes. Foto: DBV

Waarskuwing: Die foto onderaan die berig kan sensitiewe lesers ontstel.

Vier mans is in die Bultfontein-landdroshof in die Vrystaat skuldig bevind en gevonnis nadat hulle onlangs drie ystervarke met ʼn hond gejag en doodgemaak het.

Reinet Meyer, seniors inspekteur van die Bloemfontein-Dierebeskermingsvereniging (DBV), het Donderdag aan Maroela Media gesê Francois Wittes, Lintikile Andries Pitseng, Ivan Otto en Mole Lekoa Moshodi, almal plaaswerkers, is Maandag skuldig bevind en gevonnis vir die oortreding van die Vrystaatse Natuurbewaringswet.

“Die vier mans is op 18 September vanjaar op heterdaad betrap terwyl hulle met ʼn hond ystervarke op ʼn plaas in die Bultfontein-omgewing gejag het. Die karkasse van die ystervarke en jagwapens is in hul besit gevind,” het Meyer gesê.

Die wapens wat gebruik is. Foto: DBV

Die wapens wat gebruik is. Foto: DBV

“Volgens ʼn veearts se verslag is die ystervarke se skedels vergruis en is hulle verskeie kere met ʼn skerp pen gesteek.” Die mans is in hegtenis geneem en aangekla.

Meyer het gesê die vier mans is drie maande tronkstraf of ʼn boete van R3 000 opgelê op twee aanklagte van oortreding van die Natuurbewaringswet. Die tronkstraf is vir drie jaar opgeskort op voorwaarde dat die beskuldigdes nie weer skuldig bevind word aan dié oortredings nie.

“Die drie ystervarke moes ʼn baie wrede dood gesterf het.  Dit is nie net wreed nie, maar veroorsaak ook dat die natuurlike bronne uitsterf. As almal besluit om die natuur te vernietig, is daar geen nalatenskap vir ons kinders nie,” het Meyer bygevoeg.

“Ek hoop, glo en vertrou dat die gemeenskap nou sien dat die natuur en sy skeppings ernstig opgeneem moet word en dat ons as mens dit nie net kan vernietig nie.  Die Bloemfontein-DBV sal nie skroom om enigiemand wat onwettig jag voor die hof te daag nie.”

Waarskuwing: Die foto sensitiewe lesers ontstel.

Die ystervarke wat gejag is.

Die ystervarke wat gejag is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Gertjie ·

Daar is seker nie meer ysters (staal) om te verkoop nie.
Nou het hulle ‘n ander idee.

Bruno Stef ·

“Bushmeat” Die ystervark penne word in hooftooisels gebruik.

susan ·

3 maande tronkstraf???? Wat n grap. Dit moes 3 jaar gewees het. Soooo harrseer. Arme diere.

Willie ·

Het julle al gesien hoeveel skade ystervarke in landerye kan aanrig…ag maar dis tog nie belangrik nie !

Gerhard ·

Dit is ook kos vir honger mense…hulle kon n’ plaashuis beroof het maar het die roete gevolg

Dee ·

Terwyl jy weet dat dit nie belangrik is nie, waarom noem jy dit? Ek kom self vanaf ‘n grooot plaas waar ystervarke en bokkies algemeen is. Jy oordryf. En die ystervarke is buitendien meer werd as die bietjie groente wat hulle omdolf. Terloops, hulle was eerste daar.

FM ·

Vir die DBV: ystervarke vreet boere se pyplyne stukkend wat vir hul diere moet water gee. Ystervarke word gejag vir hul vleis. Dis na my mening al rede waarom die mense ystervarke dood. Maw ystervarke is n plaag. Asb wees realisties. Wat is vir julle nou die belangrikste: dat die boer se vee moet vrek van die honger of die plaag ystervarke. Kom tog net by asb.

Johann Marx ·

In die Noord Vrystaat reël die boere ystervark-jag aande…..om die plaag onder beheer te hou, eerder as om strikke te stel en te vergiftig. En die plaaswerkers kry die vleis….

Winston ·

Ystervarke se aanwas is as gevolg van afwesigheid van natuurlike vyande. Leeus en luiperds. Dit is n voedsel bron ook vir baie mense al is dit n knaagdier. Hulle kan indien getalle nie beheer word nie, baie skade aanrig. Hierdie mense het nie skaap gesteel en honger as verskoning gebruik nie. Wees biki objektief ook en net veroordelend nie. Ystervarke is nie n bedreigde spesie nie.

Christiaan ·

Ai tog die mense het nie ander wapens nie sekerlik het die boer hulle nie aangekla vir diefstal nie. Ń vark gee hulle 3 en half kg vleis

christo ·

Kry net n permit of toesteming by natuurbewaring en skiet die ystervarke dood, word geklasifiseer as n knaag dier . Die gud rig oneindig skade aan gesaaides en groente landerye aan.

FM ·

Dis vir ons duidelik die dbv dametjie het nie kennis van die skade wat n ystervarkplaag kan aanrig nie!!!! Dis algemeen dat dit n lekkerny vir plaaswerkers is. En boonop kry die meeste plaaswerkers dit gratis. Die werkers maak n plaag dood wat vir die boere probleme gee. En dame: jy kan maak wat jy wil, jy sal nie al die ystervarke kan uitroei nie. Gaan kyk bietjie watter skade ystervarke aanrig. Miskien moet ons een vir jou vir n troeteldier skenk

Dries van Tonder ·

Die plaaswerkers moes eerder ‘n beloning gekry het. Die DBV is duidelik heeltemal uit voeling met die weklikhede van boerdery.

Swanna ·

Hierdie manne het nie toesteming by die boer gekry om op sy plaas ystervarke te kom jag nie. Dit is die eintlike rede hoekom hulle gevang is. Gaan staan net en jag op ‘n boer se plaas en word dan betrap. Ek glo as hulle toesteming gehad het was daar nie so ‘n bohaai en storie in die koerant nie. Ystervarke is ‘n verpesting as hulle nie beheer word nie. Maar nou ja, hierdie manne het op ‘n boer se grond oortree en moet vir een of ander rede boet vir dit. Hulle jag ook nie net ystervarke nie maar enige klein wild wat ook daardie dag in hul pad kom. Kyk na die tipe honde wat saam met hul op die jagtog gaan. Dit is meestal ‘n tipe hond soos windhonde wat vinnig kan hardloop.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.